Afrikaans 1983 Bible - 11 verses
1Ek het weer 'n gesig gesien. Daar was 'n boekrol wat in die lug sweef.
2Die engel het vir my gevra: âWat sien jy?â en ek het gesĂȘ: âEk sien 'n boekrol wat in die lug sweef. Dit is nege meter lank en vier en 'n half meter breed.â
3Toe sĂȘ die engel vir my: âDit is die vervloeking wat oor die hele aarde strek, want elke dief het tot nou toe ongestraf gebly, en elkeen wat 'n vals eed aflĂȘ, het tot nou toe ongestraf gebly.â
4Ek stuur die vervloeking, sĂȘ die Here die Almagtige. Dit sal in die dief se huis ingaan, en in die huis van diĂ© wat in my Naam 'n vals eed aflĂȘ. Dit sal daar bly en die huis verwoes, hout en klip, alles.
5Die engel wat vir my die gesigte moes uitlĂȘ, het vorentoe gekom en vir my gesĂȘ: âKyk daar! Kyk wat kom daar aan.â
6Ek het gevra: âWat is dit?â en hy het gesĂȘ: âDit is 'n graanmandjie wat aankom.â Hy het bygevoeg: âDit bevat die sonde van almal op aarde.â
7Toe word die ronde looddeksel van die mandjie opgelig, en daar sit 'n vrou binne-in die mandjie!
8Die engel het gesĂȘ: âDit is die goddeloosheid!â Hy het haar teruggestamp in die mandjie en die looddeksel oor die bek toegeklap.
9Toe sien ek twee vroue aankom wat met vlerke op die wind sweef, vlerke soos dié van 'n grootsprinkaanvoël. Hulle het die mandjie opgetel en is daarmee die lug in.
10Ek vra toe die engel wat vir my die gesigte moes uitlĂȘ: âWaarheen gaan hulle met die mandjie?â
11Hy het geantwoord: âHulle gaan vir die mandjie 'n huis bou in Sinar. As dit klaar is, sal die mandjie daar op die plek gesit word waar hy hoort.â