Afrikaans 1983 Bible - 35 verses
1Dit het sleg gegaan met die volk, en hulle het die Here daaroor verwyt. Toe die Here dit hoor, het Hy kwaad geword en vuur onder hulle in gestuur. Dit het 'n deel van die kamp verbrand.
2Die volk het hulle nood by Moses gekla, en hy het tot die Here gebid, en die vuur het doodgegaan.
3Hulle het die plek Tabera genoem, omdat die vuur van die Here onder hulle gebrand het.
4Die mense van ander afkoms wat saam met die Israeliete getrek het, het 'n onweerstaanbare lus vir vleis gekry, en toe het die Israeliete self ook begin kla en gesĂȘ: âAs ons tog net vleis gehad het om te eet!
5Ons onthou nog die vis wat ons in Egipte verniet kon eet, ook die komkommers, waatlemoene, prei, uie en knoffel.
6Maar nou wurg ons. Daar is niks behalwe hierdie manna voor ons nie!â
7Die manna was soos koljandersaad en het gelyk soos balsemgom.
8Die volk het die manna oral vandaan bymekaargemaak, dit op maalklippe gemaal of in vysels gestamp en dan in panne gebak of roosterkoeke daarvan gemaak. Dit het soos oliekoeke gesmaak.
9Die manna het snags saam met die dou by die kamp geval.
10Moses het die volk hoor kla, elke familie by die ingang van sy tent. Die Here het hieroor baie kwaad geword, en dit was ook verkeerd in Moses se oë.
11Moses sĂȘ toe vir die Here: âWaarom behandel U my so sleg, waarom is U my nie goedgesind nie, dat U die verantwoordelikheid vir hierdie hele volk op my gelaai het?
12Het ek dan swanger geword en hierdie hele volk in die wĂȘreld gebring, dat U vir my sĂȘ: âDra hulle aan jou bors soos 'n oppasser met 'n suigeling doen, en bring hulle na die land toe wat Ek met 'n eed aan hulle voorvaders beloof hetâ?
13Waar sal ek die vleis vandaan haal om aan hierdie hele volk te gee, hulle wat by my kla en sĂȘ: âGee vir ons vleis dat ons kan eet!â
14Ek sien nie langer kans om hierdie hele volk alleen te dra nie, want dit is te swaar vir my.
15As U so met my wil maak, kan U my gerus maar om die lewe bring as U my goedgesind is. Hierdie slegte behandeling kan ek nie meer verduur nie.â
16Die Here het vir Moses gesĂȘ: âBring vir My sewentig van Israel se leiers, mense van wie jy weet dat hulle leiers en ampsdraers van die volk is. Neem hulle na die tent van ontmoeting toe en laat hulle daar by jou staan.
17Ek sal dan afkom en daar met jou praat, en Ek sal van die Gees wat op jou is, op hulle laat kom. Hulle sal dan saam met jou die verantwoordelikheid vir die volk dra, sodat jy dit nie alleen hoef te doen nie.
18Vir die volk moet jy sĂȘ: Reinig julle vir mĂŽreoggend, dan sal julle vleis eet. Die Here het gehoor hoe julle kla en sĂȘ: âAs ons tog net vleis gehad het om te eet; in Egipte was dit vir ons goed!â Die Here sal vir julle vleis gee, en julle sal eet!
19Julle sal nie net een dag of twee of vyf of tien of twintig dae eet nie,
20maar 'n hele maand lank, totdat julle daarvan naar word en daarvan walg, omdat julle die Here wat by julle is, getart het, en Hom verwyt het met die woorde: Waarom is ons tog uit Egipte weg?â
21Moses het toe gesĂȘ: âHier is ek tussen ses honderd duisend mense, almal te voet, en U sĂȘ U sal vir hulle vleis gee, sodat hulle 'n hele maand lank daarvan kan eet!
22Sal daar genoeg skape en beeste vir hulle geslag kan word? Sal hulle genoeg hĂȘ as al die vis in die see vir hulle gevang word?â
23Maar die Here het vir Moses gesĂȘ: âDink jy Ek het nie die mag nie? Jy sal nou self sien of my woord bewaarheid word of nie.â
24Moses het vir die volk gaan vertel wat die Here gesĂȘ het. Hy het sewentig leiers van die volk bymekaar laat kom en hulle rondom die tent laat staan.
25Die Here het toe in die wolk afgekom, met Moses gepraat en 'n deel van die Gees wat op Moses was, op die sewentig laat kom. Toe die Gees op hulle kom, het hulle as profete begin optree, maar daarna nie meer nie.
26Twee van die manne onder dié wat opgeskryf was, het nie na die tent toe uitgegaan nie, maar het in die kamp agtergebly. Die een se naam was Eldad en die ander s'n Medad. Terwyl die Gees op hulle gerus het, het hulle in die kamp as profete opgetree.
27'n Jongman het toe gehardloop en vir Moses gaan vertel: âEldad en Medad tree as profete op in die kamp!â
28Josua seun van Nun, van jongs af Moses se assistent, het gesĂȘ: âLaat hulle tog ophou, Meneer!â
29Maar Moses sĂȘ vir hom: âBekommer jy jou oor my posisie? Ek sou wou wens dat die hele volk van die Here profete was, en dat Hy sy Gees op almal mag lĂȘ.â
30Daarna het Moses en die leiers na die kamp toe teruggegaan.
31Die Here het toe 'n wind gestuur en dit het kwartels van die see se kant af aangebring en hulle rondom die kamp laat val, omtrent 'n dagreis ver na alle kante toe en omtrent 'n meter diep op die grond.
32Die volk het daardie hele dag en die hele nag en ook die volgende dag uitgegaan en kwartels bymekaargemaak. Elkeen het minstens 'n ton vleis bymekaargemaak en dit rondom die kamp oopgegooi.
33Die vleis was nog tussen hulle tande, hulle het nog nie begin kou nie, toe ontvlam die toorn van die Here teen die volk. Hy het baie van hulle om die lewe gebring.
34Hulle het dié plek Kibrot-TaÀwa genoem, omdat hulle die gulsige mense daar begrawe het.
35Van Kibrot-TaÀwa af het die volk na Gaserot toe weggetrek en daar gebly.