Afrikaans 1983 Bible - 50 verses
1Korag seun van Jishar, seun van Kehat, seun van Levi, het saam met die Rubeniete Datan en Abiram, seuns van Eliab, en On seun van Pelet
2teen Moses in opstand gekom. Saam met hulle was twee honderd en vyftig Israelitiese mans, leiers van die gemeenskap wat deur die volksvergadering aangewys is, manne van aansien.
3Hulle het as 'n groep teen Moses en AĂ€ron saamgekom en vir hulle gesĂȘ: âDit is nou genoeg. Die hele gemeente, elke lid daarvan, is gewyd, en die Here is by hulle. Waarom verhef julle julle dan bo die gemeente van die Here?â
4Toe Moses dit hoor, het hy op sy knieë geval en gebid.
5Daarna het hy vir Korag en sy hele bende gesĂȘ: âMĂŽreoggend sal die Here die persoon aanwys wat aan Hom behoort en wat gewy is en sal Hy hom toelaat om by die altaar te kom. Die persoon wat Hy verkies, sal Hy na die altaar toe laat kom.
6Korag, jy en almal by jou moet dĂt doen: vat mĂŽre vir julle vuurpanne,
7sit vuur daarin, plaas wierook daarop en bring dit altaar toe. Die man vir wie die Here verkies, is die gewyde. Julle Leviete matig julle te veel aan!â
8Verder het Moses vir Korag-hulle gesĂȘ: âLuister, Leviete!
9Is julle nie daarmee tevrede dat die God van Israel jĂșlle uit die gemeente van Israel afgesonder het om in die heiligdom diens te doen en om die dienswerk in die tabernakel van die Here te verrig in belang van die gemeente vir wie julle bedien nie?
10Hy het jĂłĂș, Korag, en al jou Levitiese ampsgenote saam met jou laat diens doen in die heiligdom, maar nou wil julle ook nog die priesterskap inpalm!
11Dat julle julle teen AĂ€ron verset, is niks nie, maar jy en jou hele bende het 'n komplot teen die Here gesmee.â
12Daarna het Moses vir Datan en Abiram, seuns van Eliab, laat roep. Maar hulle het gesĂȘ: âOns sal nie kom nie.
13Is dit nie genoeg dat jy ons laat trek het uit 'n land wat oorloop van melk en heuning om ons in die woestyn te laat omkom nie? En nou wil jy ook nog gedurig oor ons baasspeel!
14Bowendien het jy ons nie gebring na 'n land toe wat oorloop van melk en heuning nie, en ook nie vir ons lande en wingerde gegee nie. Wil jy hierdie mense aanhou mislei? Ons sal nie kom nie!â
15Moses het baie kwaad geword en vir die Here gesĂȘ: âU moet hulle offergawe nie aanneem nie! Ek het nie 'n enkele donkie van hulle gevat nie en nie een van hulle benadeel nie.â
16Moses sĂȘ toe vir Korag: âJy en jou hele bende moet mĂŽre na die altaar toe kom, jy en hulle en ook AĂ€ron.
17Elkeen moet wierook in 'n vuurpan sit en dit na die altaar toe bring, elkeen van die twee honderd en vyftig man met sy eie vuurpan, en ook jy en AĂ€ron, elkeen met sy vuurpan.â
18Almal het toe hulle vuurpanne gevat, vuur daarin gesit en wierook daarop geplaas, en by die ingang van die tent van ontmoeting gaan staan, ook Moses en AĂ€ron.
19Net toe Korag die hele gemeente teenoor Moses-hulle by die ingang van die tent van ontmoeting laat saamkom, word die magtige teenwoordigheid van die Here vir die hele gemeente sigbaar.
20Die Here sĂȘ toe vir Moses en AĂ€ron:
21âGee pad van hierdie gemeente af, dat Ek hulle in 'n oogwink kan vernietig.â
22Maar Moses en AĂ€ron het op hulle knieĂ« geval en gebid: âO God, God wat aan alle mense die lewe gee, sal u toorn teen die hele gemeente ontvlam as net een mens gesondig het?â
23Toe sĂȘ die Here vir Moses:
24âSĂȘ vir die gemeente: Gee pad van Korag, Datan en Abiram se tente af!â
25Daarna het Moses na Datan en Abiram toe gegaan, en die leiers van Israel het hom gevolg.
26Hy sĂȘ toe vir die gemeente: âGee pad van die tente van hierdie goddelose mense af! Moenie aan iets van hulle raak nie, dat julle nie deur al hulle sondes omkom nie.â
27Die gemeente het toe van Korag, Datan en Abiram se tente af padgegee. Datan en Abiram het uitgekom saam met hulle vrouens, hulle kinders en almal onder hulle sorg en voor hulle tente gaan staan.
28Toe sĂȘ Moses: âHieraan sal julle weet dat die Here my gestuur het om al hierdie dinge te doen en dat dit nie uit myself is nie.
29As hierdie manne 'n gewone dood sterf en dit met hulle gaan soos dit met elke mens gaan, het die Here my nie gestuur nie!
30Maar as die Here iets nuuts laat gebeur en die aarde sy mond oopmaak en hulle insluk saam met alles wat aan hulle behoort, sodat hulle lewend in die doderyk afgaan, sal julle weet dat hierdie mense die Here geminag het.â
31Net toe Moses klaar gepraat het, skeur die grond onder hulle oop
32en maak die aarde sy mond oop en sluk vir Datan en Abiram met hulle gesinne in en ook vir Korag en al die manne by hom saam met hulle besittings.
33Hulle en alles wat aan hulle behoort, het lewend in die doderyk afgegaan; die aarde het hulle bedek, en so het hulle uit die gemeente verdwyn.
34Al die Israeliete in die omgewing het gevlug toe hulle die geskree hoor, want hulle het gedink: dalk sluk die aarde ons ook in!
35Toe het die Here 'n vuur gestuur en dit het die twee honderd en vyftig man wat die wierookoffer wou bring, verteer.
36Daarna het die Here vir Moses beveel:
37âSĂȘ vir die priester Eleasar seun van AĂ€ron hy moet die vuurpanne wegvat waar die brand was en die kole ĂȘrens weggooi, want die kole is aan die Here gewy.
38Van die vuurpanne van die manne wat deur hulle sonde gesterf het, moet julle dun plate maak en die altaar daarmee oortrek, want hulle is by die altaar gebruik en is aan die Here gewy. Hulle moet die Israeliete altyd aan hierdie gebeure herinner.â
39Die priester Eleasar het toe die bronsvuurpanne gevat wat by die altaar gebruik is deur die manne wat verbrand is, en hulle uitgeklop en die altaar daarmee oorgetrek.
40Dit moes die Israeliete altyd daaraan herinner dat iemand wat nie uit AĂ€ron se geslag is nie en dus nie daartoe bevoeg is nie, nie 'n wierookoffer na die altaar toe mag bring om dit aan die Here te offer nie. Anders sal so 'n persoon soos Korag en sy bende word oor wie die Here deur middel van Moses uitspraak gelewer het.
41Die volgende mĂŽre het die hele gemeente van Israel teen Moses en AĂ€ron in verset gekom en gesĂȘ: âJĂșlle het die volk van die Here doodgemaak!â
42Toe die gemeente teen Moses en AĂ€ron bymekaarkom en na die tent van ontmoeting toe draai, het die wolk die tent bedek en het die magtige teenwoordigheid van die Here sigbaar geword.
43Moses en AĂ€ron het toe na die voorkant van die tent van ontmoeting toe gegaan,
44en die Here het vir Moses gesĂȘ:
45âGee pad tussen die gemeente uit dat Ek hulle in 'n oogwink kan verdelg.â Moses en AĂ€ron het op hulle knieĂ« geval en gebid.
46Moses sĂȘ toe vir AĂ€ron: âVat 'n vuurpan, sit vuur van die altaar af daarin en plaas wierook daarop en gaan gou na die gemeente toe en doen vir hulle versoening. Die toorn van die Here het reeds ontvlam en Hy het hulle met 'n plaag begin straf.â
47AĂ€ron het gedoen soos Moses gesĂȘ het en tussen die gemeente in gehardloop. Die plaag het toe reeds onder die volk begin woed, maar AĂ€ron het die wierook geoffer en vir die volk versoening gedoen.
48Hy het gaan staan tussen dié wat al dood was en dié wat nog geleef het, en die plaag het opgehou.
49Daar het veertien duisend sewe honderd deur die plaag omgekom, afgesien van dié wat deur Korag se toedoen gesterf het.
50AĂ€ron is toe terug na Moses toe by die ingang van die tent van ontmoeting. Die plaag was verby.