Afrikaans 1983 Bible - 29 verses
1Die hele volk Israel het in die eerste maand in die Sinwoestyn aangekom en toe by Kades oorgebly. Mirjam is daar oorlede en is ook daar begrawe.
2[2-3] Omdat die volk geen drinkwater gehad het nie, het hulle saam teen Moses en AƤron rusie gemaak en gesĆŖ: āAs ons maar liewer ook omgekom het toe ons volksgenote deur die Here om die lewe gebring is!
3***
4Waarom het julle die volk van die Here na hierdie woestyn toe gebring, dat ons en ons vee hier moet sterwe?
5Waarom het julle ons uit Egipte laat optrek en ons na hierdie ellendige plek toe gebring? Hierdie plek deug nie vir graan of vye, vir wingerde of granate nie, en daar is geen drinkwater nie.ā
6Moses en AƤron het weggedraai van die volk af, en toe hulle by die ingang van die tent van ontmoeting kom, het hulle op hulle knieƫ geval terwyl die magtige teenwoordigheid van die Here vir hulle sigbaar word.
7Die Here sĆŖ toe vir Moses:
8āVat AƤron se kierie en roep jy en jou broer AƤron die volk bymekaar. Julle moet dan in hulle teenwoordigheid met die rots praat, en daar sal water uitkom. Jy moet vir hulle water uit die rots laat kom, sodat die volk en hulle vee kan drink.ā
9Moses het toe die kierie wat in die tabernakel was, gevat soos die Here hom beveel het
10en hy en AƤron het die volk by die rots laat bymekaarkom. Moses het vir hulle gesĆŖ: āLuister, julle wat julle teen die Here verset! Luister! Moet ons vir julle water uit hierdie rots laat kom?ā
11Toe lig Moses sy hand op en hy slaan die rots twee keer met die kierie. Daar het baie water uitgekom, en die volk en hulle vee het gedrink.
12Maar toe sĆŖ die Here vir Moses en AƤron: āOmdat julle My nie erken het en My, die Heilige, nie voor die Israeliete gehoorsaam was nie, sal julle hierdie volk nie inlei in die land wat Ek aan hulle gee nie.ā
13Dit het gebeur by die Meribawaters waar die Israeliete met die Here rusie gemaak het, en waar Hy Hom as die Heilige aan hulle bekend gemaak het.
14Moses het boodskappers van Kades af na die koning van Edom toe gestuur met die versoek: āSo sĆŖ u broer Israel: U is bewus van al die probleme waarmee ons te kampe gehad het.
15Ons voorvaders het na Egipte toe getrek en daar het ons baie lank gebly. Die Egiptenaars het ons voorvaders Ʃn vir ons sleg behandel.
16Ons het na die Here om hulp geroep en Hy het ons gebed verhoor, 'n engel gestuur en ons uit Egipte laat trek. Ons is nou in Kades, 'n stad aan die grens van u gebied.
17Laat ons toe om deur u land te trek. Ons sal nie deur die lande of die wingerde trek nie en ons sal ook nie water uit die putte drink nie. Ons sal op die Koningspad bly en nie links of regs afdraai totdat ons deur u gebied is nie.ā
18Die koning van Edom het egter geantwoord: āJy mag nie deur my gebied trek nie, want dan trek ek jou met die swaard tegemoet.ā
19Die Israeliete het weer vir hom laat weet: āOns sal op die grootpad bly, en as ons, ons en ons vee, van u water drink, sal ons daarvoor betaal. Ons wil net te voet deurtrek, verder niks nie.ā
20Die koning van Edom het laat weet: āJy mag nie deurtrek nie.ā Die Edomiete het toe met 'n groot, magtige leĆ«r teen die Israeliete opgetrek.
21So het Edom geweier om Israel deur sy gebied te laat trek, en Israel moes van Edom af wegdraai.
22Die hele volk Israel het van Kades af versit en by Horberg aangekom.
23By Horberg, vlak by die grens van Edom, het die Here vir Moses en Aäron gesê:
24āDie tyd het gekom dat AƤron moet sterf. Hy sal nie in die land kom wat Ek aan die Israeliete gee nie, omdat julle twee julle verset het teen my bevel by die Meribawaters.
25Vat vir AƤron en sy seun Eleasar saam en gaan na Horberg toe.
26Daar moet jy AƤron se klere uittrek en dit vir sy seun Eleasar aantrek. AƤron sal daar sterwe.ā
27Moses het gedoen wat die Here beveel het: voor die oƫ van die hele volk het hulle Horberg uitgeklim.
28Daar het Moses AƤron se klere uitgetrek en dit vir sy seun Eleasar aangetrek, en AƤron is daar op die top van die berg dood. Daarna het Moses en Eleasar afgekom van die berg af.
29Toe die hele volk Israel verneem dat AƤron dood is, het hulle almal oor hom getreur, dertig dae lank.