Afrikaans 1983 Bible - 26 verses
1Die Here het vir Moses gesĂȘ:
2âPraat met AĂ€ron en sĂȘ vir hom: As jy die lampies van die kandelaar vassit, moet hulle al sewe na die voorkant toe lig gee.â
3AĂ€ron het toe so gemaak soos die Here vir Moses beveel het, en die lampies aan die voorkant van die kandelaar vasgesit.
4Die kandelaar is so gemaak: van die voetstuk af tot by die kroonblare is dit van geslae goud. AĂ€ron het dit gemaak volgens die model wat die Here vir Moses gewys het.
5Die Here het vir Moses gesĂȘ:
6âSonder die Leviete van die res van die Israeliete af en reinig hulle.
7Jy moet hulle soos volg reinig: sprinkel reinigingswater oor hulle en laat hulle hulle hele liggaam kaalskeer en hulle klere was. So moet hulle hulleself reinig.
8Dan moet hulle 'n jong bul vat, met die graanoffer van meel met olie gemeng wat daarby hoort; 'n tweede jong bul moet jy as sondeoffer vat.
9Jy moet die Leviete dan nader bring voor die tent van ontmoeting en die hele gemeente van Israel daar bymekaar laat kom.
10Jy moet die Leviete nader bring voor My, die Here, en daar moet die Israeliete hulle hande op die Leviete lĂȘ.
11AĂ€ron moet dan die Leviete as 'n beweegoffer van die Israeliete aan My wy sodat hulle die werk in my diens kan verrig.
12âDie Leviete moet hulle hande op die koppe van die twee bulle sit. Die een bul moet as sondeoffer en die ander as brandoffer vir My, die Here, berei word, om vir die Leviete versoening te doen.
13Jy moet die Leviete in diens van AĂ€ron en sy seuns stel en as 'n beweegoffer aan My wy.
14Jy moet hulle van die res van die Israeliete afsonder dat hulle aan My kan behoort.
15Nadat jy die Leviete gereinig en as beweegoffer aan My gewy het, moet hulle die diens in die tent van ontmoeting gaan behartig.
16Van alle Israeliete behoort die Leviete in 'n besondere sin aan My, want Ek het hulle in die plek van al Israel se eersgebore seuns as my besondere eiendom vir My opgeëis.
17Toe Ek al die eersgeborenes in Egipte getref het, het Ek die eersgeborenes van mens en dier in Israel vir My afgesonder.
18Die Leviete het Ek toe in die plek van Israel se eersgebore seuns geneem.
19Uit al die Israeliete gee Ek die Leviete nou as 'n gawe aan AĂ€ron en sy seuns om namens die Israeliete die diens in die tent van ontmoeting te behartig en om vir hulle versoening te doen sodat geen ramp die Israeliete sal tref as hulle te naby aan die heiligdom kom nie.â
20Moses, AĂ€ron en die hele gemeente van Israel het toe met die Leviete presies gemaak soos die Here vir Moses in verband met hulle beveel het. So het die Israeliete met hulle gedoen.
21Die Leviete het hulleself gereinig en hulle klere gewas, en AĂ€ron het hulle as 'n beweegoffer aan die Here gewy. AĂ€ron het ook vir hulle sondes versoening gedoen en hulle so gereinig.
22Die Leviete het toe onder toesig van AĂ€ron en sy seuns hulle ampswerk in die tent van ontmoeting gaan verrig, soos die Here vir Moses aangaande hulle beveel het. So het die Israeliete met die Leviete gedoen.
23Die Here het vir Moses gesĂȘ:
24âWat die Leviete betref, hulle moet vyf en twintig jaar of ouer wees voordat hulle hulle ampsplig in die tent van ontmoeting kan kom vervul.
25As 'n Leviet egter vyftig jaar oud is, moet hy sy amp neerlĂȘ en mag hy nie verder dien nie.
26Hy mag sy mede-Leviete nog met hulle ampswerk in die tent van ontmoeting behulpsaam wees, maar self mag hy die diens nie behartig nie. âSo moet jy die ampspligte van die Leviete reĂ«l.â