Afrikaans 1983 Bible - 50 verses
1In dié tyd het Jesus op 'n sabbatdag deur gesaaides geloop. Sy dissipels het honger geword en are begin pluk en van die koring geëet.
2Toe die FariseĂ«rs dit sien, sĂȘ hulle vir Hom: âKyk daar! U dissipels doen iets wat op die sabbatdag nie gedoen mag word nie.â
3Maar Hy sĂȘ vir hulle: âHet julle nie gelees wat Dawid gedoen het toe hy en sy manne honger geword het nie?
4Hy het in die huis van God ingegaan en van die offerbrood geëet, wat hy en sy manne nie mag gedoen het nie, maar net die priesters.
5Of het julle nie in die wet van Moses gelees dat die priesters op die sabbatdag in die tempel diens moet doen nie? Hulle oortree dus die sabbatsgebod, en tog is hulle nie skuldig nie.
6âEk sĂȘ vir julle: Hier is Een wat groter is as die tempel.
7As julle begryp het wat dit beteken: âEk verwag barmhartigheid en nie offers nie,â dan sou julle nie mense wat onskuldig is, veroordeel het nie.
8Die Seun van die mens is immers Here oor die sabbat.â
9Jesus het daarvandaan verder gegaan en in hulle sinagoge gekom.
10Daar was juis 'n man met 'n gebreklike hand. Hulle vra Hom toe: âMag 'n mens iemand op die sabbatdag gesond maak?â Hulle bedoeling daarmee was om 'n klag teen Hom te kry.
11Hy sĂȘ toe vir hulle: âWie van julle sal nie die een skaap wat hy het en wat op 'n sabbatdag in 'n sloot val, dadelik uithaal nie?
12Hoeveel is 'n mens nie meer werd as 'n skaap nie? Dan mag 'n mens mos op die sabbatdag goed doen.â
13Toe sĂȘ Hy vir die man: âSteek jou hand uit.â Hy het dit gedoen, en sy hand was reg soos die ander een.
14Die Fariseërs het toe uitgegaan en planne beraam om Jesus om die lewe te bring.
15Toe Jesus dit hoor, het Hy daarvandaan weggegaan. Baie mense het saam met Hom gegaan, en Hy het hulle almal gesond gemaak, maar
16hulle belet om in die openbaar oor Hom te praat.
17So is vervul wat die Here deur die profeet Jesaja gesĂȘ het:
18âHier is my Dienaar wat Ek aangestel het, my Geliefde oor wie Ek My verheug; Ek sal my Gees op Hom laat kom, en Hy sal die wil van God aan die nasies bekend maak.
19Hy sal nie twis nie en nie skreeu nie, en niemand sal sy stem op die strate hoor nie.
20'n Riet wat geknak is, sal Hy nie afbreek nie en 'n lamppit wat rook, nie uitdoof nie; Hy sal die wil van God laat seëvier.
21 En op Hom sal die nasies hulle hoop vestig.â
22Hulle het toe 'n man wat in die mag van 'n bose gees was, na Jesus toe gebring. Die man was blind en stom. Jesus het sy gebrek genees, sodat hy weer kon praat en sien.
23En die hele menigte mense was verslae en het gesĂȘ: âIs Hy nie miskien die Seun van Dawid nie?â
24Die FariseĂ«rs het hiervan gehoor en gesĂȘ: âHy dryf bose geeste uit alleen met die hulp van BeĂ«lsebul, die aanvoerder van die bose geeste.â
25Jesus het egter geweet wat hulle dink, en Hy het vir hulle gesĂȘ: âElke koninkryk wat onderling verdeeld is, gaan te gronde, en geen stad of huis wat onderling verdeeld is, sal bly staan nie.
26As die Satan dan die Satan uitdryf, is hy teen homself verdeeld; hoe kan sy ryk dan bly staan?
27En as Ek met Beëlsebul se hulp die bose geeste uitdryf, met wie se hulp doen julle volgelinge dit dan? Julle eie volgelinge sal as julle regters optree en wys dat julle verkeerd is.
28âAangesien Ek deur die Gees van God die bose geeste uitdryf, het die koninkryk van God inderdaad tot by julle gekom.
29âHoe kan iemand tog by die huis van 'n sterk man ingaan en sy goed vat as hy nie vooraf die sterk man vasbind nie? Eers dan sal hy sy huis kan beroof.
30âWie nie aan my kant is nie, is teen My; en wie nie saam met My die skape bymekaarmaak nie, jaag hulle uitmekaar.
31âDaarom sĂȘ Ek vir julle: Elke sonde en lastering kan die mense vergewe word, maar die lastering teen die Heilige Gees kan nie vergewe word nie.
32As iemand iets teen die Seun van die mens sĂȘ, kan dit hom vergewe word; maar as iemand iets teen die Heilige Gees sĂȘ, kan dit hom nie vergewe word nie, nie in hierdie bedeling nie en ook nie in die toekomstige nie.â
33âAs julle sĂȘ 'n boom is goed, moet julle ook sĂȘ sy vrugte is goed; en as julle sĂȘ hy is sleg, moet julle ook sĂȘ sy vrugte is sleg. 'n Boom word tog aan sy vrugte geken.
34âJulle slange! Hoe kan julle wat sleg is, iets goeds sĂȘ? Waar die hart van vol is, loop die mond van oor.
35Die goeie mens bring die goeie te voorskyn uit die oorvloed goeie dinge in sy hart; die slegte mens bring die slegte te voorskyn uit die oorvloed slegte dinge in sy hart.
36âDit sĂȘ Ek vir julle: Van elke ligsinnige woord wat die mense sĂȘ, sal hulle rekenskap moet gee op die oordeelsdag.
37Op grond van jou eie woorde sal jy vrygespreek of veroordeel word.â
38Party van die skrifgeleerdes en die FariseĂ«rs sĂȘ toe vir Hom: âMeneer, ons wil 'n wonderteken van u sien.â
39Maar Hy antwoord hulle: â'n Slegte en afvallige geslag vra 'n teken, en geen teken sal aan hulle gegee word nie, behalwe die teken van die profeet Jona.
40Soos Jona drie dae en drie nagte in die maag van 'n groot vis was, so sal die Seun van die mens drie dae en drie nagte binne-in die aarde wees.
41Die mense van Nineve sal op die oordeelsdag saam met die mense van vandag opstaan en teen hulle getuig. Hulle het hulle immers op die prediking van Jona bekeer. En hier staan Een wat groter is as Jona!
42Die koningin van die Suide sal op die oordeelsdag saam met die mense van vandag opstaan en teen hulle getuig. Sy het immers van die uithoeke van die aarde af gekom om na die wysheid van Salomo te luister. En hier staan Een wat groter is as Salomo!â
43âWanneer 'n onrein gees uit 'n mens weggaan, swerf hy deur dor streke op soek na 'n rusplek. As hy dit nie kry nie,
44sĂȘ hy: âEk gaan terug na my huis waaruit ek weggegaan het.â Hy kom dan terug en kry dit onbewoon, skoon en aan die kant.
45Dan gaan haal hy sewe ander geeste, nog slegter as hy self, en hulle trek saam met hom in en gaan woon daar. Aan die einde is so 'n mens slegter daaraan toe as aan die begin. So sal dit ook gaan met die slegte mense van vandag.â
46Terwyl Jesus nog besig was om met die mense te praat, het sy moeder en broers buite gestaan, en hulle wou met Hom praat.
47Iemand sĂȘ toe vir Hom: âU moeder en u broers staan daar buite en wil met U praat.â
48Maar Hy sĂȘ vir die man wat dit vir Hom gesĂȘ het: âWie is my moeder, en wie is my broers?â
49Toe wys Hy met sy hand na sy dissipels en sĂȘ:
50âDaar is my moeder en my broers! Elkeen wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is, diĂ© is my broer en my suster en my moeder.â