Afrikaans 1983 Bible - 75 verses
1Nadat Jesus oor al hierdie dinge klaar gepraat het, het Hy vir sy dissipels gesĂȘ:
2âJulle weet dat dit oor twee dae paasfees is. Dan word die Seun van die mens oorgelewer om gekruisig te word.â
3In daardie tyd het die priesterhoofde en die familiehoofde van die volk bymekaargekom in die woning van Kajafas, die hoëpriester.
4Hulle het daar saam planne gemaak om Jesus op 'n slinkse manier gevange te neem en dood te maak.
5Hulle het egter gesĂȘ: âNie op die fees nie, sodat daar nie oproer onder die volk kom nie.â
6[6-7] Terwyl Jesus in Betanië in die huis van Simon die melaatse aan tafel was, het 'n vrou by Jesus gekom met 'n albaste fles baie kosbare reukolie en dit op sy kop uitgegiet.
7***
8Toe die dissipels dit sien, was hulle verontwaardig. âWaarom so 'n verkwisting?â vra hulle.
9â'n Mens kon die reukolie vir baie geld verkoop het en dit vir armes gegee het.â
10Jesus het dit gemerk en vir hulle gesĂȘ: âWaarom maak julle dit vir die vrou moeilik? Sy het 'n goeie daad aan My gedoen.
11Die armes het julle altyd by julle, maar vir My het julle nie altyd nie.
12Deur hierdie reukolie op my liggaam uit te giet, het sy My voorberei vir my begrafnis.
13Dit verseker Ek julle: Oral waar hierdie evangelie in die hele wĂȘreld verkondig word, sal daar ook vertel word wat sy gedoen het, tot 'n herinnering aan haar.â
14Toe het een van die twaalf dissipels, die een wat Judas Iskariot genoem is, na die priesterhoofde toe gegaan
15en gesĂȘ: âWat sal julle my gee as ek sorg dat Jesus in julle hande kom?â Hulle het hom toe dertig silwermuntstukke betaal.
16Van toe af was hy op die uitkyk na 'n geskikte geleentheid om Jesus te verraai.
17Op die eerste dag van die fees van die ongesuurde brood kom die dissipels na Jesus toe en vra: âWaar wil U hĂȘ moet ons gaan regmaak vir U om die paasmaaltyd te eet?â
18Jesus het geantwoord: âGaan in die stad na so en so toe en sĂȘ vir hom: âOns Leermeester sĂȘ: My tyd is naby. In jou huis wil Ek saam met my dissipels die paasmaaltyd hou.â â
19Die dissipels het gemaak soos Jesus aan hulle opgedra het, en die paasmaaltyd voorberei.
20Toe dit aand geword het, het Jesus sy plek aan die tafel ingeneem saam met die twaalf.
21Terwyl hulle eet, sĂȘ Hy: âDit verseker Ek julle: Een van julle sal My verraai.â
22Hulle was baie onthuts en een na die ander het Hom begin vra: âDit is tog nie ek nie, Here?â
23Hy antwoord toe: âDie een wat saam met My sy brood in die skottel insteek, dit is hy wat My sal verraai.
24Die Seun van die mens gaan inderdaad sterwe soos daar oor Hom geskrywe staan; maar wee die man deur wie die Seun van die mens verraai word. Dit sou vir daardie man beter gewees het as hy nooit gebore was nie.â
25Toe sĂȘ Judas, sy verraaier: âIs dit miskien ek, Rabbi?â Jesus antwoord: âDit is soos jy sĂȘ!â
26En terwyl hulle eet, het Jesus brood geneem en die seĂ«n gevra. Daarna het Hy dit gebreek en vir sy dissipels gegee met die woorde: âNeem, eet; dit is my liggaam.â
27Toe neem Hy 'n beker, en nadat Hy die dankgebed uitgespreek het, gee Hy dit vir hulle en sĂȘ: âDrink almal daaruit,
28want dit is my bloed, die bloed waardeur die verbond beseël word en wat vir baie vergiet word tot vergewing van sondes.
29Ek sĂȘ vir julle: Van nou af sal Ek nie weer van hierdie wyn drink nie tot op die dag wanneer Ek saam met julle die nuwe wyn in die koninkryk van my Vader sal drink.â
30Nadat hulle die lofsang gesing het, het hulle uitgegaan Olyfberg toe.
31Toe sĂȘ Jesus vir hulle: âJulle almal sal My vannag nog in die steek laat. Daar staan immers geskrywe: â âEk sal die herder doodmaak, en die skape van sy kudde sal uitmekaar gejaag word.â
32âMaar nadat Ek uit die dood opgewek is, sal Ek julle vooruitgaan na Galilea toe.â
33Daarop het Petrus vir Hom gesĂȘ: âAl sal hulle U ook almal in die steek laat, Ă©k sal U nooit in die steek laat nie.â
34Toe sĂȘ Jesus vir hom: âDit verseker Ek jou: Vannag nog, voordat die haan kraai, sal jy My drie maal verloĂ«n.â
35Petrus sĂȘ vir Hom: âAl moet ek saam met U sterwe, ek sal U beslis nie verloĂ«n nie!â Al die ander dissipels het ook so gesĂȘ.
36Daarna kom Jesus met sy dissipels by 'n plek met die naam Getsemane, en Hy sĂȘ vir hulle: âSit hier terwyl Ek daar gaan bid.â
37Hy het vir Petrus en die twee seuns van Sebedeus saamgeneem. Toe het Hy bedroef en beangs geword
38en vir hulle gesĂȘ: âEk voel doodsbenoud. Bly hier en waak saam met My.â
39Hy het 'n entjie verder gegaan en daar gekniel met die gesig teen die grond en gebid: âMy Vader, as dit moontlik is, laat hierdie lydensbeker by My verbygaan. Moet nogtans nie doen soos Ek wil nie, maar soos U wil.â
40Daarna kom Hy na die dissipels toe terug en kry hulle aan die slaap. Hy sĂȘ toe vir Petrus: âKon julle nie eens een uur lank saam met My waak nie?
41Waak en bid, sodat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is gewillig, maar die vlees is swak.â
42'n Tweede keer het Hy gaan bid en gesĂȘ: âMy Vader, as hierdie lydensbeker nie by My kan verbygaan sonder dat Ek dit drink nie, laat u wil geskied.â
43Toe Hy terugkom, kry Hy hulle weer aan die slaap, want van die vaak kon hulle nie hulle oë oophou nie.
44Hy het hulle weer alleen laat bly en 'n derde keer gaan bid en dieselfde woorde gesĂȘ.
45Toe kom Hy na die dissipels toe terug en sĂȘ vir hulle: âSlaap en rus julle nog? Die uur het gekom. Die Seun van die mens word in die hande van sondaars oorgegee.
46Staan op, kom ons loop. Kyk, die man wat My verraai, is hier naby.â
47Op daardie oomblik, terwyl Jesus nog praat, kom Judas, een van die twaalf, daar aan, en saam met hom was 'n groot klomp mense met swaarde en stokke. Hulle is deur die priesterhoofde en die familiehoofde van die volk gestuur.
48Die verraaier het met die manne 'n teken afgespreek. Hy het gesĂȘ: âDie een wat ek soen, dit is hy. Gryp hom!â
49Hy het reguit na Jesus toe gegaan en gesĂȘ: âGoeiemĂŽre, Rabbi,â en Hom gesoen.
50Maar Jesus sĂȘ vir hom: âVriend, doen wat jy gekom het om te doen!â Toe kom hulle vorentoe, gryp vir Jesus en neem Hom gevange.
51Een van dié wat saam met Jesus was, gryp toe sy swaard en trek dit uit. Hy slaan na die slaaf van die hoëpriester en kap sy oor af.
52Toe sĂȘ Jesus vir hom: âSit jou swaard terug in sy plek, want almal wat na die swaard gryp, sal deur die swaard omkom.
53Of dink jy Ek kan nie my Vader om hulp vra nie? Hy sal dadelik vir My meer as twaalf legioene engele beskikbaar stel.
54Maar hoe sal die Skrif dan vervul word wat sĂȘ hoe die dinge moet gebeur?â
55Dit was toe dat Jesus vir die klomp mense gesĂȘ het: âWas dit vir julle nodig om met swaarde en stokke uit te gaan om My te vang asof Ek 'n rower is? Dag vir dag het Ek in die tempel gesit en die mense geleer, en julle het My nie gevange geneem nie.
56Maar dit alles het gebeur sodat die geskrifte van die profete vervul kan word.â Toe het al sy dissipels Hom in die steek gelaat en weggehardloop.
57Die mense wat vir Jesus gevange geneem het, het Hom weggelei na Kajafas, die hoëpriester, waar die skrifgeleerdes en die familiehoofde bymekaargekom het.
58Petrus het op 'n afstand agter Hom aan gegaan tot by die binnehof van die hoëpriester se woning. Hy het ingegaan en daar by die wagte gaan sit om te kyk hoe dit afloop.
59Die priesterhoofde en die hele Joodse Raad het vals getuienis teen Jesus probeer kry sodat hulle Hom kon doodmaak.
60Baie vals getuies het na vore gekom, en tog kon die Raad niks teen Hom vind nie. Eindelik het daar twee vorentoe gekom
61en gesĂȘ: âHierdie man het gesĂȘ: Ek kan die tempel van God afbreek en in drie dae weer opbou.â
62Toe staan die hoĂ«priester op en sĂȘ vir Hom: âVerweer jy jou glad nie? Wat van die getuienis wat hierdie mense teen jou inbring?â
63Maar Jesus het niks gesĂȘ nie. Die hoĂ«priester sĂȘ toe vir Hom: âEk stel jou onder 'n eed by die lewende God dat jy vir ons moet sĂȘ: Is jy die Christus, die Seun van God?â
64Jesus antwoord hom: âDit is soos u sĂȘ. Daarby sĂȘ Ek vir julle: âVan nou af sal julle die Seun van die mens sien waar Hy aan die regterhand sit van Hom wat magtig is, en julle sal Hom sien kom op die wolke van die hemel. â
65Toe skeur die hoĂ«priester uit verontwaardiging sy klere en sĂȘ: âHy het God gelaster. Waarvoor het ons nog getuies nodig? Daar het julle nou net die godslasterlike woorde gehoor.
66Wat dink julle?â Hulle het geantwoord: âHy verdien die dood!â
67Toe het hulle in sy gesig gespoeg en Hom met die vuis geslaan. Hulle het Hom geklap
68en gesĂȘ: âJy is mos 'n profeet, Christus! SĂȘ vir ons, wie het jou geslaan?â
69Petrus het buite in die binnehof gesit toe 'n diensmeisie na hom toe kom en sĂȘ: âJy was ook saam met Jesus die GalileĂ«r.â
70Maar hy het dit voor almal ontken: âEk weet nie waarvan jy praat nie.â
71Hy gaan toe na die uitgang van die binnehof. Daar sien 'n ander diensmeisie hom en sĂȘ vir diĂ© wat daar staan: âHierdie man was saam met Jesus van Nasaret.â
72Weer het Petrus dit ontken en met 'n eed gesĂȘ: âEk ken die man nie!â
73'n Rukkie later kom die manne wat daar staan, na Petrus toe en sĂȘ: âDit is waar, jy is ook een van hulle. 'n Mens kan dit aan jou spraak hoor.â
74Toe begin hy vloek, en hy sweer: âEk ken die man nie!â
75En op daardie oomblik het daar 'n haan gekraai. Toe val dit Petrus by wat Jesus gesĂȘ het: âVoordat die haan kraai, sal jy My drie maal verloĂ«n.â En hy het buitentoe gegaan en bitterlik gehuil.