Afrikaans 1983 Bible - 20 verses
1Na die sabbatdag, toe dit die SondagmĂŽre begin lig word, het Maria Magdalena en die ander Maria na die graf gaan kyk.
2Skielik was daar 'n geweldige aardbewing. 'n Engel van die Here het van die hemel af gekom, na die graf toe gegaan, die klip weggerol en daarop gaan sit.
3Sy voorkoms was so blink soos weerlig en sy klere so wit soos sneeu.
4Van skrik vir hom het die wagte gebewe en soos dooies geword.
5Toe sĂȘ die engel vir die vroue: âJulle moet nie bang wees nie. Ek weet julle soek Jesus wat gekruisig is.
6Hy is nie hier nie, want Hy is uit die dood opgewek, soos Hy gesĂȘ het. Kom nader en kyk: daar is die plek waar Hy gelĂȘ het.
7Gaan gou en sĂȘ vir sy dissipels: âHy is uit die dood opgewek, en Hy gaan julle vooruit na Galilea toe. Daar sal julle Hom sien.â Dit is wat ek vir julle moes sĂȘ.â
8Hulle het toe haastig van die graf af weggegaan, bang maar baie bly, en hulle het gehardloop om dit aan die dissipels te vertel.
9Skielik het Jesus daar voor die vroue gestaan en hulle gegroet. Hulle het nader gekom, sy voete gegryp en Hom aanbid.
10Toe sĂȘ Jesus vir hulle: âMoenie bang wees nie. Gaan sĂȘ vir my broers hulle moet na Galilea toe gaan, en daar sal hulle My sien.â
11Terwyl die vroue op pad was, kom party van die wagte in die stad aan en vertel vir die priesterhoofde alles wat gebeur het.
12Die priesterhoofde het saam met die familiehoofde vergader en die volgende plan gemaak. Hulle het vir die soldate 'n groot som geld gegee
13en gesĂȘ: âJulle moet sĂȘ: âSy dissipels het in die nag gekom en sy liggaam gesteel terwyl ons geslaap het.â
14En as die goewerneur daarvan hoor, sal ons hom tevrede stel en sorg dat julle nie bekommerd hoef te wees nie.â
15Die wagte het toe die geld gevat en gemaak soos hulle voorgesĂȘ is. Hierdie storie word tot vandag toe onder die Jode vertel.
16Die elf dissipels het na Galilea toe gegaan na die berg waarheen Jesus hulle beveel het om te gaan.
17Toe hulle Hom sien, het hulle Hom aanbid, hoewel party getwyfel het.
18Jesus kom toe nader en sĂȘ vir hulle: âAan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde.
19Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en
20leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wĂȘreld.â