Afrikaans 1983 Bible - 17 verses
1In daardie tyd het Johannes die Doper in die woestyn van Judea begin preek
2en gesĂȘ: âBekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom.â
3Hy is die een wat die profeet Jesaja bedoel het toe hy gesĂȘ het: âIemand roep in die woestyn: Maak die pad vir die Here gereed, maak die paaie vir Hom reguit.â
4Hierdie Johannes het klere van kameelhaar gedra met 'n leerband om sy heupe, en hy het van sprinkane en veldheuning gelewe.
5In dié dae het Jerusalem en die hele Judea en die hele omgewing van die Jordaan na hom toe gestroom.
6Hulle het hulle sondes bely en hulle deur hom in die Jordaanrivier laat doop.
7Toe hy merk dat baie van die FariseĂ«rs en die SadduseĂ«rs kom om deur hom gedoop te word, sĂȘ hy vir hulle: âJulle slange, wie het julle wysgemaak dat julle die dreigende toorn kan ontvlug?
8Dra liewer vrugte wat bewys dat julle bekeer is.
9Julle moet julle nie verbeel dat julle by julleself kan sĂȘ: âOns het Abraham as voorvaderâ nie. Dit sĂȘ ek vir julle: God kan uit hierdie klippe kinders vir Abraham verwek.
10Die byl lĂȘ klaar teen die wortel van die bome. Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.
11Ek doop julle wel met water omdat julle julle bekeer het, maar Hy wat nĂĄ my kom, is my meerdere, en ek is nie eers werd om sy skoene uit te trek nie. Hy sal julle met die Heilige Gees en met vuur doop.
12Hy het sy skop in sy hand en Hy sal sy dorsvloer deur en deur skoonmaak. Sy koring sal Hy na die skuur toe bring, maar die kaf sal Hy met 'n onblusbare vuur verbrand.â
13In daardie tyd het Jesus van Galilea af na Johannes toe by die Jordaan gekom om deur hom gedoop te word.
14Maar Johannes het dit probeer verhinder deur te sĂȘ: âEk moet eintlik deur U gedoop word, en U kom na my toe?â
15Jesus het hom geantwoord: âNogtans moet jy dit nou doen, want op hierdie manier moet ons aan die wil van God voldoen.â Daarna het Johannes ingestem.
16Jesus is toe gedoop en het dadelik daarna uit die water gekom. Meteens het die hemel bokant Hom oopgegaan, en Hy het die Gees van God soos 'n duif sien neerdaal en op Hom kom.
17Daar was ook 'n stem uit die hemel wat gesĂȘ het: âDit is my geliefde Seun. Oor Hom verheug Ek My.â