Afrikaans 1983 Bible - 48 verses
1Toe Jesus die menigte mense sien, het Hy teen die berg opgegaan. Nadat Hy gaan sit het, het sy dissipels na Hom toe gekom,
2en Hy het hulle geleer en gesĂȘ:
3âGeseĂ«nd is diĂ© wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel.
4Geseënd is dié wat treur, want hulle sal vertroos word.
5Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die nuwe aarde ontvang.
6Geseënd is dié wat honger en dors na wat reg is, want hulle sal versadig word.
7Geseënd is dié wat barmhartig is, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word.
8Geseënd is dié wat rein van hart is, want hulle sal God sien.
9Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.
10Geseënd is dié wat vervolg word omdat hulle doen wat reg is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel.
11âGeseĂ«nd is julle wanneer die mense julle ter wille van My beledig en vervolg en valslik al wat sleg is van julle sĂȘ.
12Wees bly en verheug, want julle loon is groot in die hemel. Hulle het immers die profete voor julle net so vervolg.â
13âJulle is die sout vir die aarde. Maar as sout verslaan het, hoe kry 'n mens dit weer sout? Dit is niks meer werd nie. Dit word buitekant weggegooi, en die mense vertrap dit.
14âJulle is die lig vir die wĂȘreld. 'n Stad wat op 'n berg lĂȘ, kan nie weggesteek word nie;
15ook steek 'n mens nie 'n lamp op en sit dit onder 'n emmer nie maar op 'n lampstaander, en dit gee lig vir almal in die huis.
16Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.â
17âMoenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete ongeldig te maak nie. Ek het nie gekom om hulle ongeldig te maak nie, maar om hulle hulle volle betekenis te laat kry.
18Dit verseker Ek julle: Die hemel en die aarde sal eerder vergaan as dat een letter of letterstrepie van die wet sal wegval voordat alles voleindig is.
19âWie dan ook een van die geringste van hierdie gebooie ongeldig maak en die mense so leer, sal die minste geag word in die koninkryk van die hemel. Maar wie die wet gehoorsaam en ander so leer, sal hoog geag word in die koninkryk van die hemel.
20Ek sĂȘ vir julle: As julle getrouheid aan die wet nie meer inhou as diĂ© van die skrifgeleerdes en die FariseĂ«rs nie, sal julle nooit in die koninkryk van die hemel ingaan nie.â
21âJulle het gehoor dat daar van die ou tyd af aan die mense gesĂȘ is: âJy mag nie moord pleeg nie; en elkeen wat moord pleeg, is strafbaar voor die regbankâ.
22Maar Ek sĂȘ vir julle: Elkeen wat vir sy broer kwaad is, is al strafbaar voor die regbank. Verder, elkeen wat sy broer uitskel vir 'n gek, is strafbaar voor die Joodse Raad; en wie hom uitskel vir 'n idioot, is strafbaar met die helse vuur.
23âAs jy dus jou gawe na die altaar toe bring en dit jou daar byval dat jou broer iets teen jou het,
24laat staan jou gawe daar by die altaar en gaan maak eers vrede met jou broer en kom dan en bring jou gawe.
25âAs iemand 'n regsaak teen jou begin, kom betyds tot 'n skikking solank jy nog saam met hom op pad hof toe is, sodat hy jou nie voor die regter bring en die regter jou aan die polisie oorgee en diĂ© jou in die tronk sit nie.
26Dit verseker Ek jou: Jy sal sekerlik nie daar uitkom voordat jy die laaste sent betaal het nie.â
27âJulle het gehoor dat daar gesĂȘ is: âJy mag nie egbreuk pleeg nie.â
28Maar Ek sĂȘ vir julle: Elkeen wat na 'n vrou kyk en haar begeer, het reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg.
29âAs jou regteroog jou laat struikel, haal hom uit en gooi hom van jou af weg; want dit is vir jou beter dat net een van jou ledemate verlore gaan as dat jou hele liggaam in die hel gegooi word.
30Of as jou regterhand jou laat struikel, kap hom af en gooi hom van jou af weg; want dit is vir jou beter dat net een van jou ledemate verlore gaan as dat jou hele liggaam in die hel beland.â
31âDaar is gesĂȘ: âElkeen wat van sy vrou skei, moet aan haar 'n skeibrief gee.â
32Maar Ek sĂȘ vir julle: Elkeen wat van sy vrou skei behalwe oor owerspel, maak dat sy egbreuk pleeg, en iemand wat met die geskeide vrou trou, pleeg ook egbreuk.â
33âVerder het julle gehoor dat daar van die ou tyd af aan die mense gesĂȘ is: âJy mag nie jou eed verbreek nie, en 'n eed in die Naam van die Here moet jy nakom.â
34Maar Ek sĂȘ vir julle: Moet glad nie 'n eed aflĂȘ nie, nie by die hemel nie, want dit is die troon van God;
35nie by die aarde nie, want dit is die rusplek vir sy voete; nie by Jerusalem nie, want dit is die stad van die groot Koning.
36Jy moet ook nie jou kop op die spel plaas as jy 'n eed aflĂȘ nie, want jy kan nie een haar wit of swart maak nie.
37Laat julle âjaâ eenvoudig âjaâ wees en julle âneeâ, âneeâ. Wat meer gesĂȘ word as dit, kom van die Bose.â
38âJulle het gehoor dat daar gesĂȘ is: â'n Oog vir 'n oog en 'n tand vir 'n tand.â
39Maar Ek sĂȘ vir julle: Julle moet julle nie teen 'n kwaadwillige mens verset nie. As iemand jou op die regterwang slaan, draai ook die ander wang na hom toe.
40As iemand jou hof toe wil vat om jou onderklere te eis, gee hom ook jou boklere.
41As iemand jou dwing om sy goed een kilometer ver te dra, dra dit vir hom twee kilometer.
42Gee aan hom wat iets van jou vra, en moet hom wat van jou wil leen, nie afwys nie.â
43âJulle het gehoor dat daar gesĂȘ is: âJou naaste moet jy liefhĂȘ en jou vyand moet jy haat.â
44Maar Ek sĂȘ vir julle: Julle moet julle vyande liefhĂȘ, en julle moet bid vir diĂ© wat vir julle vervolg,
45sodat julle kinders kan wees van julle Vader in die hemel. Hy laat immers sy son opkom oor slegtes en goeies, en Hy laat reën oor dié wat reg doen en oor dié wat verkeerd doen.
46As julle net dié liefhet wat vir julle liefhet, watter loon kan julle dan nog verwag? Maak die tollenaars nie ook maar net so nie?
47En as julle net julle broers groet, wat doen julle meer as ander? Maak die heidene nie ook maar net so nie?
48âWees julle dan volmaak soos julle hemelse Vader volmaak is.â