Afrikaans 1983 Bible - 59 verses
1Die mense het intussen by die duisende saamgedrom en mekaar vertrap. Toe het Jesus begin praat en Hom in die eerste plek tot sy dissipels gerig: âPas op vir die suurdeeg van die FariseĂ«rs, dit is hulle huigelary.
2Daar is niks bedek wat nie onthul sal word nie, en niks geheim wat nie bekend sal word nie.
3Daarom, alles wat julle in die donker gesĂȘ het, sal in die daglig gehoor word; en wat julle agter geslote deure vir iemand in die oor gefluister het, sal van die dakke af uitgebasuin word.â
4âAan julle, my vriende, sĂȘ Ek: Moenie bang wees vir diĂ© wat die liggaam doodmaak en daarna niks verder kan doen nie.
5Ek sal vir julle sĂȘ vir wie julle bang moet wees: vir Hom wat mag het om, nĂĄ die dood, in die hel te werp. Ja, Ek sĂȘ vir julle, HĂłm moet julle vrees.
6âWord vyf mossies nie vir twee sent verkoop nie? Tog word nie een van hulle deur God vergeet nie.
7Selfs die hare op julle kop is almal getel. Moenie bang wees nie. Julle is meer werd as baie mossies.â
8âEk sĂȘ vir julle: Elkeen wat hom voor die mense openlik vir My uitspreek, vir hom sal die Seun van die mens Hom ook openlik uitspreek voor die engele van God.
9Maar hy wat My voor die mense verloën, sal voor die engele van God verloën word.
10âElkeen wat teen die Seun van die mens iets sĂȘ, kan vergewe word; maar hy wat teen die Heilige Gees laster, kan nie vergewe word nie.
11âWanneer hulle julle voor sinagoges en owerhede en gesagvoerders bring, moet julle julle nie bekommer oor hoe of waarmee julle julle gaan verdedig of wat julle gaan sĂȘ nie,
12want die Heilige Gees sal julle op daardie oomblik leer wat gesĂȘ moet word.â
13Iemand uit die menigte sĂȘ toe vir Jesus: âMeneer, sĂȘ vir my broer hy moet die erfenis met my deel.â
14Maar Hy antwoord hom: âMan, wie het My as regter of deler vir julle aangestel?â
15Toe sĂȘ Hy vir hulle: âPas op en wees op julle hoede vir elke vorm van gierigheid, want 'n mens se lewe is nie afhanklik van die oorvloed van sy besittings nie.â
16Toe vertel Hy hulle 'n gelykenis: â'n Ryk man se grond het goed gedra.
17Hy het toe by homself gedink: wat moet ek doen? Ek het nie plek waar ek my oes kan opgaar nie.
18Toe besluit hy: dit sal ek doen: Ek sal my skure afbreek en groter bou. Daarin sal ek al my graan en my ander goed opgaar.
19Dan sal ek vir myself sĂȘ: âMens, jy het baie goed wat weggesit is vir baie jare. Hou op met werk: eet, drink en leef lekker.â
20Maar God het vir hom gesĂȘ: âJou dwaas. Vannag nog sal jou lewe van jou opgeĂ«is word, en wie kry dan alles wat jy bymekaargemaak het?â
21So gaan dit met hom wat vir homself skatte vergader en nie ryk is by God nie.â
22Verder het Jesus vir sy dissipels gesĂȘ: âDaarom sĂȘ Ek vir julle: Moet julle nie bekommer oor julle lewe, oor wat julle moet eet nie, of oor julle liggaam, oor wat julle moet aantrek nie.
23Die lewe is tog belangriker as kos en die liggaam as klere.
24Kyk na die kraaie: hulle saai nie en oes nie; hulle het geen spens of skuur nie, maar God sorg vir hulle. Julle is tog baie meer werd as voëls.
25Trouens, wie van julle kan deur hom te bekommer sy lewe met een uur verleng?
26As julle nie eens so 'n klein dingetjie kan regkry nie, waarom bekommer julle julle oor die ander dinge?
27âKyk hoe groei die lelies: hulle swoeg nie en hulle maak nie klere nie, maar Ek sĂȘ vir julle: Selfs Salomo in al sy prag was nie geklee soos een van hulle nie.
28As God die gras van die veld, wat vandag nog daar is en mĂŽre in die vuur gegooi word, sĂł mooi maak, hoeveel te meer sal Hy julle versorg, julle kleingelowiges!
29Julle moet julle ook nie gedurig afvra wat julle gaan eet of drink nie, en julle moenie besorg wees nie.
30Dit is alles dinge waaroor die ongelowiges in die wĂȘreld begaan is, maar julle het 'n Vader wat weet dat julle dit nodig het.
31Beywer julle vir sy koninkryk, dan sal Hy julle ook hierdie dinge gee.
32âMoenie bang wees nie, klein kuddetjie, want dit was die wil van julle Vader om die koninkryk aan julle te gee.
33âVerkoop julle besittings en gee bydraes vir die armes. Skaf vir julle 'n beurs aan wat nie leeg raak nie, 'n onuitputlike rykdom in die hemel, waar geen dief dit kan bykom en geen mot dit kan verniel nie.
34Waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.â
35âWees gereed, die heupe omgord en die lampe aan die brand!
36Julle moet wees soos mense wat vir hulle eienaar wag tot hy van die bruilof af terugkom, sodat hulle dadelik vir hom kan oopmaak as hy kom en aanklop.
37Gelukkig is die slawe vir wie die eienaar by sy koms wakker sal aantref. Dit verseker Ek julle: Hy sal hulle aan tafel laat sit, self 'n voorskoot aansit en hulle kom bedien.
38Gelukkig is die slawe wat hy wakker aantref, selfs al sou hy eers om middernag of met hanekraai kom.
39Maar dit moet julle weet: as die huiseienaar geweet het hoe laat die dief kom, sou hy hom nie in sy huis laat inbreek het nie.
40Ook julle moet gereed wees, want die Seun van die mens kom op 'n tyd wanneer julle Hom nie verwag nie.â
41Toe vra Petrus: âHere, is hierdie gelykenis net vir ons bedoel of vir almal?â
42En die Here antwoord: âWie is eintlik die getroue en verstandige bestuurder vir wie die eienaar oor sy ander slawe sal aanstel om hulle op tyd hulle kos te gee?
43Dit is die man vir wie sy eienaar, by sy tuiskoms, so aan die werk sal kry. Gelukkig is hy!
44Ek sĂȘ vir julle die waarheid: Sy eienaar sal hom aanstel oor alles wat hy besit.
45âMaar as die slaaf by homself sĂȘ: âMy eienaar draai lank om te kom,â en hy die slawe, mans en vroue, begin slaan, terwyl hy self eet en drink en dronk word,
46sal die eienaar van die slaaf kom op 'n dag dat hy dit nie verwag nie, en op 'n uur wat hy nie vooraf weet nie. Dan sal sy eienaar hom laat doodmaak, en hom die lot van ontroues laat deel.
47âDie slaaf wat geweet het wat sy eienaar wil hĂȘ maar wat nie gereed gemaak of volgens die wil van sy eienaar gehandel het nie, sal 'n swaar straf kry.
48Maar hy wat nie geweet het nie en dinge gedoen het wat straf verdien, sal 'n ligte straf kry. Van elkeen aan wie baie gegee is, sal baie geĂ«is word; en van hom aan wie baie toevertrou is, sal meer gevra word.â
49âEk het gekom om vuur op die aarde aan te steek, en hoe wens Ek dat dit al aan die brand is!
50âMaar daar is 'n doop waarmee Ek gedoop moet word, en dit sal My heeltemal in beslag neem tot dit afgehandel is!
51Dink julle dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring? Nee, sĂȘ Ek vir julle, eerder verdeeldheid,
52want van nou af sal daar vyf mense in een huis onderling verdeeld wees, drie teen twee en twee teen drie.
53Hulle sal verdeeld wees: vader teen seun en seun teen vader, moeder teen dogter en dogter teen moeder, skoonmoeder teen skoondogter en skoondogter teen skoonmoeder.â
54Jesus het ook vir die skare gesĂȘ: âAs julle 'n wolk in die weste sien opkom, sĂȘ julle dadelik: âDit gaan reĂ«n!â en dit gebeur ook.
55En as die suidewind waai, sĂȘ julle: âDit gaan warm word!â en dit word warm.
56Huigelaars! Julle weet hoe om die voorkoms van die aarde en die lug te beoordeel. Hoe is dit dan dat julle nie weet hoe om hierdie tyd te beoordeel nie?â
57âWaarom maak julle nie vir julleself uit wat die regte ding is om te doen nie?
58âTerwyl jy saam met jou teenstander op pad is hof toe, moet jy moeite doen om die saak met hom te skik, sodat hy jou nie voor die regter sleep en die regter jou aan die polisie oorgee en die polisie jou in die tronk sit nie.
59Ek verseker jou: Jy sal sekerlik nie daar uitkom voordat jy die laaste sent betaal het nie.â