Afrikaans 1983 Bible - 35 verses
1Op 'n sabbatdag toe Jesus na die huis van 'n vooraanstaande Fariseër toe gegaan het om daar te eet, het hulle Hom fyn dopgehou.
2Reg voor Hom was daar 'n man wat aan water gely het.
3Jesus praat toe met die wetgeleerdes en FariseĂ«rs en vra: âMag 'n mens iemand op die sabbatdag gesond maak of nie?â
4Maar hulle het stilgebly. Toe trek Jesus die sieke nader, maak hom gesond en laat hom gaan.
5Daarna sĂȘ Hy vir hulle: âSĂȘ nou 'n seun of 'n bees van een van julle val in 'n put, sal hy hom nie dadelik uithaal nie, al is dit op 'n sabbatdag?â
6Hulle kon daar niks op antwoord nie.
7Toe Jesus merk hoe hulle die voorste plekke aan tafel uitsoek, vertel Hy aan die genooides die volgende gelykenis:
8âAs iemand jou na 'n bruilof toe uitnooi, moet jy nie sommer op die voorste plek gaan sit nie. Dit kan net wees dat die gasheer iemand uitgenooi het wat belangriker is as jy.
9Dan sal hy wat julle albei uitgenooi het, na jou toe kom en sĂȘ: âGee bietjie die plek af vir hierdie man.â Jy sal dan tot jou skande die agterste plek moet gaan inneem.
10Maar as jy uitgenooi is, gaan sit liewer op die agterste plek. Wanneer die gasheer kom, sal hy vir jou kan sĂȘ: âVriend, kom sit hier voor.â Dan sal jy in die agting van al die gaste styg.
11Elkeen wat hoogmoedig is, sal verneder word, en elkeen wat nederig is, sal verhoog word.â
12Hy het ook vir die gasheer gesĂȘ: âAs jy in die middag of in die aand 'n maaltyd gee, moet dan nie jou vriende of broers of familie of ryk bure uitnooi sodat hulle jou waarskynlik ook weer uitnooi en jou op diĂ© manier vergoed nie.
13Nee, as jy 'n feesmaal gee, nooi dan armes, kreupeles, verlamdes en blindes.
14Jy kan jou gelukkig ag dat hulle niks het om jou mee te vergoed nie, want God sal jou vergoed by die opstanding van diĂ© wat reg gedoen het.â
15Een van diĂ© wat saam aan tafel was, het dit gehoor en vir Hom gesĂȘ: âGelukkig is die man wat aan die maaltyd in die koninkryk van God kan deelneem.â
16Toe sĂȘ Jesus vir hom: âDaar was 'n man wat 'n groot maaltyd gegee en baie mense uitgenooi het.
17Toe die maaltyd gereed was, stuur hy sy slaaf om vir die genooides te sĂȘ: âKom, die maaltyd staan klaar.â
18Maar hulle begin almal, die een na die ander, verskoning maak. Die eerste sĂȘ vir hom: âEk het 'n stuk grond gekoop en dit is noodsaaklik dat ek uitgaan om daarna te kyk. Ek vra u, verskoon my asseblief.â
19'n Ander een sĂȘ: âEk het vyf paar osse gekoop en gaan hulle probeer. Ek vra u, verskoon my asseblief.â
20Nog 'n ander een sĂȘ: âEk is pas getroud, daarom kan ek nie kom nie.â
21âDie slaaf kom toe terug en vertel dit alles aan sy eienaar. Toe word die man kwaad en sĂȘ vir sy slaaf: âGaan uit na die strate en gangetjies van die stad en bring die armes en kreupeles en blindes en verlamdes hierheen.â
22Later kom die slaaf sĂȘ: âMeneer, u opdrag is uitgevoer, en daar is nog plek.â
23Toe sĂȘ die man vir die slaaf: âGaan uit na die paaie en lanings en dring by hulle daarop aan om in te kom, sodat my huis vol kan word.
24Dit verseker ek julle: Nie een van die mense wat genooi is, sal sy mond aan my kos sit nie.â â
25'n Groot menigte het saam met Jesus gereis. Hy draai toe om en sĂȘ vir hulle:
26âAs iemand na My toe kom, kan hy nie my dissipel wees nie tensy hy afstand doen van sy eie vader en moeder en vrou en kinders en broers en susters, ja, selfs van sy eie lewe.
27Iemand wat nie sy eie kruis dra en agter My aan kom nie, kan nie my dissipel wees nie.
28âWie van julle wat 'n gebou wil oprig, gaan nie eers sit en die koste bereken, om te sien of hy genoeg geld het om die werk te voltooi nie?
29Anders, as hy die fondament gelĂȘ het en nie in staat is om die gebou te voltooi nie, sal almal wat dit sien, met hom die spot begin dryf.
30Hulle sal sĂȘ: âHier is 'n man wat begin bou het maar nie kon klaar maak nie.â
31âOf watter koning wat met 'n ander koning in 'n oorlog betrokke raak, sal nie eers gaan sit en oorweeg of hy met sy tien duisend man sterk genoeg is om die ander een teen te staan wat met twintig duisend teen hom optrek nie?
32Anders stuur hy 'n afvaardiging om vredesvoorwaardes te vra terwyl die ander een nog ver is.
33âSo kan niemand van julle my dissipel wees as hy nie bereid is om van al sy besittings afstand te doen nie.â
34âSout is 'n goeie ding. Maar as sout verslaan het, waarmee sal dit weer sout gemaak word?
35Dit is nie eers bruikbaar vir die grond of vir die mishoop nie. Hulle gooi dit buitekant weg. Wie ore het om te hoor, moet luister!â