Afrikaans 1983 Bible - 50 verses
1Ses dae voor die paasfees het Jesus na Betanië toe gekom, waar Lasarus wat Hy uit die dood opgewek het, gewoon het.
2Daar het hulle vir Jesus 'n ete gegee. Marta het bedien, en Lasarus was een van dié wat saam met Hom aan tafel was.
3Toe het Maria 'n halfliter egte, baie duur nardusolie gebring en dit op Jesus se voete uitgegiet en sy voete met haar hare afgedroog. Die hele huis is deurtrek met die geur van die reukolie.
4Judas Iskariot, een van sy dissipels, die een wat Hom sou verraai, sĂȘ toe:
5âWaarom is hierdie reukolie nie vir drie honderd silwermuntstukke verkoop en die geld vir die armes gegee nie?â
6Dit het hy gesĂȘ, nie omdat hy hom oor die armes bekommer het nie, maar omdat hy 'n dief was. Hy het die beursie gehad en het van die bydraes gevat.
7Toe sĂȘ Jesus: âLaat staan haar. Sy moes dit hou vir hierdie dag om My te salf vir my begrafnis.
8Die armes het julle tog altyd by julle, maar vir My het julle nie altyd nie.â
9Baie van die Jode het verneem dat Jesus daar is en het daarheen gekom, nie net ter wille van Jesus nie, maar ook om vir Lasarus te sien wat Hy uit die dood opgewek het.
10Die priesterhoofde het toe besluit om ook vir Lasarus dood te maak,
11omdat baie van die Jode deur hom na Jesus toe oorgeloop en in Hom geglo het.
12Die volgende dag het die groot menigte mense wat na die fees toe gekom het, gehoor dat Jesus na Jerusalem toe kom.
13Hulle het palmtakke gevat en Hom tegemoet gegaan en uitgeroep: âPrys Hom! Loof Hom wat in die Naam van die Here kom!â en: âDie Koning van Israel!â
14Jesus het toe op 'n jong donkie geklim wat Hy daar gekry het, soos daar geskrywe staan:
15âMoenie bang wees nie, Sion! Kyk, jou Koning kom, en Hy ry op 'n donkie.â
16Jesus se dissipels het hierdie dinge eers nie verstaan nie, maar nadat Hy verheerlik is, het hulle daaraan gedink dat wat daar geskrywe staan, op Hom betrekking gehad het en dat dit met Hom gebeur het.
17Die mense wat by Jesus was toe Hy vir Lasarus uit die graf geroep en hom uit die dood opgewek het, het gedurig daaroor gepraat.
18Daarom het die menigte vir Jesus tegemoet gegaan: hulle het gehoor dat Hy hierdie wonderteken gedoen het.
19Die FariseĂ«rs het toe vir mekaar gesĂȘ: âSien julle, julle rig niks uit nie! Kyk, die hele wĂȘreld gaan agter hom aan!â
20Daar was ook 'n aantal Grieke onder die mense wat fees toe gekom het om te aanbid.
21Hulle het na Filippus, wat van Betsaida in Galilea afkomstig was, gegaan en vir hom gevra: âMeneer, ons wil Jesus graag ontmoet.â
22Filippus het gegaan en dit vir Andreas vertel. Andreas en Filippus gaan toe en sĂȘ dit vir Jesus.
23Daarop sĂȘ Jesus vir hulle: âDie tyd het gekom dat die Seun van die mens verheerlik moet word.
24DĂt verseker Ek julle: As 'n koringkorrel nie in die grond val en sterwe nie, bly hy net een; maar as hy sterwe, bring hy 'n groot oes in.
25Wie sy lewe bo My liefhet, verloor dit; en wie sy lewe in hierdie wĂȘreld nie bo My liefhet nie, sal dit vir die ewige lewe behou.
26As iemand My wil dien, moet hy My volg; en waar Ek is, daar sal my dienaar ook wees. As iemand My dien, sal die Vader hom eer.
27âNou is Ek diep ontsteld. En wat moet Ek sĂȘ? Moet Ek sĂȘ: Vader, red My uit hierdie uur? Maar juis hiervoor het Ek gekom, vir hierdie uur.
28Vader, verheerlik u Naam!â Toe het daar 'n stem uit die hemel gekom: âEk het my Naam verheerlik, en Ek sal dit weer verheerlik.â
29Die mense wat daar gestaan en dit gehoor het, het gesĂȘ dat daar 'n donderslag was. Ander het gesĂȘ: â'n Engel het met hom gepraat.â
30Toe sĂȘ Jesus: âHierdie stem het nie om my ontwil gekom nie, maar om julle ontwil.
31Nou kom die oordeel oor hierdie wĂȘreld; nou sal die owerste van hierdie wĂȘreld uitgegooi word buitentoe.
32En as Ek van die aarde af verhoog is, sal Ek almal na My toe trek.â
33Dit het Hy gesĂȘ en daarmee ook aangedui op watter manier Hy sou sterwe.
34Die mense sĂȘ toe vir Hom: âOns het uit die Skrif geleer dat die Christus vir ewig gaan bly. Hoe sĂȘ u nou dat die Seun van die mens verhoog moet word? En hierdie Seun van die mens, wie is hy?â
35Toe sĂȘ Jesus vir hulle: âNog net 'n kort tydjie is die lig by julle. Lewe in die lig terwyl julle dit het sodat die duisternis julle nie oorval nie. Wie in die duisternis lewe, weet nie waar hy gaan uitkom nie.
36Terwyl julle die lig het, moet julle in die lig glo, sodat julle mense van die lig kan wees.â Dit het Jesus gesĂȘ en daarna van hulle af weggegaan en Hom skuil gehou.
37Alhoewel Jesus so baie wondertekens voor die mense gedoen het, het hulle tog nie in Hom geglo nie.
38So moes die woorde van die profeet Jesaja vervul word: âHere, wie het geglo wat ons gehoor het? En aan wie is die mag van die Here geopenbaar?â
39Waarom hulle nie kon glo nie, sĂȘ Jesaja ook elders:
40âGod het hulle oĂ« blind gemaak en hulle verstand laat afstomp sodat hulle nie met hulle oĂ« kan sien en met hulle verstand kan verstaan en hulle bekeer en Ek hulle gesond maak nie.â
41Jesaja het dit gesĂȘ omdat hy die heerlikheid van die Here gesien en oor Hom gepraat het.
42Nietemin het selfs baie van die lede van die Joodse Raad tog ook tot geloof in Hom gekom, maar uit vrees vir die Fariseërs het hulle dit nie openlik bely nie, sodat hulle nie uit die sinagoge geban sou word nie;
43want hulle het verkies om liewer deur mense geëer te word as deur God.
44Toe het Jesus uitgeroep: âWie in My glo, glo nie net in My nie maar ook in Hom wat My gestuur het.
45En wie My sien, sien ook Hom wat My gestuur het.
46Ek het as die lig na die wĂȘreld toe gekom, sodat diĂ© wat in My glo, nie in die duisternis sou bly nie.
47En as iemand na my woorde luister en hom nie daaraan steur nie, veroordeel Ek hom nie, want Ek het nie gekom om die wĂȘreld te veroordeel nie, maar om die wĂȘreld te red.
48Wie My verwerp en nie my woorde aanneem nie, het reeds iets wat hom veroordeel: die woorde wat Ek gespreek het, sal hom op die laaste dag veroordeel.
49Ek het nie uit my eie gepraat nie, maar juis die Vader wat My gestuur het, het My opgedra wat Ek moet sĂȘ en wat Ek moet praat.
50En Ek weet dat sy opdrag die ewige lewe beteken. Wat Ek sĂȘ, sĂȘ Ek presies net soos die Vader dit vir My gesĂȘ het.â