Afrikaans 1983 Bible - 31 verses
1âJulle moet nie ontsteld wees nie. Glo in God; glo ook in My.
2In die huis van my Vader is daar baie woonplek. As dit nie so was nie, sou Ek nie vir julle gesĂȘ het Ek gaan om vir julle plek gereed te maak nie.
3En as Ek gegaan het en vir julle plek gereed gemaak het, kom Ek terug en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.
4En julle ken die weg na die plek waarheen Ek gaan.â
5Tomas sĂȘ toe vir Hom: âHere, ons weet nie waarheen U gaan nie; hoe kan ons dan die weg daarheen ken?â
6Jesus het vir hom gesĂȘ: âEk is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.
7As julle My ken, sal julle my Vader ook ken. En van nou af ken julle Hom en sien julle Hom.â
8Toe sĂȘ Filippus vir Hom: âHere, wys vir ons die Vader, en dit is vir ons genoeg.â
9En Jesus sĂȘ vir hom: âEk is al so lank by julle, en ken jy My nie, Filippus? Wie My sien, sien die Vader. Hoe kan jy dan sĂȘ: âWys vir ons die Vaderâ?
10Glo jy nie dat Ek in die Vader is en die Vader in My nie? Die woorde wat Ek met julle praat, praat Ek nie uit my eie nie; maar dit kom van die Vader wat in My bly en sy werke doen.
11Glo in My omdat Ek in die Vader is en die Vader in My; of anders, glo op grond van die werke self.
12âDĂt verseker Ek julle: Wie in My glo, sal ook die dinge doen wat Ek doen; en hy sal nog groter dinge as dit doen, omdat Ek na die Vader toe gaan.
13Wat julle ook al in my Naam vra, sal Ek doen, sodat die Vader deur die Seun verheerlik kan word.
14As julle My iets in my Naam vra, sal Ek dit doen.â
15âAs julle My liefhet, sal julle my opdragte uitvoer.
16Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle 'n ander Voorspraak stuur om vir ewig by julle te wees,
17naamlik die Gees van die waarheid. Die wĂȘreld kan Hom nie ontvang nie, omdat hulle Hom nie sien en Hom nie ken nie. Maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees.
18âEk sal julle nie as weeskinders agterlaat nie; Ek kom weer na julle toe.
19Nog net 'n klein rukkie, en dan sien die wĂȘreld My nie meer nie, maar julle sien My, omdat Ek lewe en julle sal lewe.
20Daardie dag sal julle weet dat Ek in my Vader is en julle in My en Ek in julle.
21âWie my opdragte het en dit uitvoer â dit is hy wat My liefhet. En wie My liefhet, hĂłm sal my Vader liefhĂȘ, en Ek sal hom ook liefhĂȘ en My aan hom openbaar.â
22Judas, nie Judas Iskariot nie, vra toe vir Hom: âHere, hoe kom dit dat U U aan ons gaan openbaar en nie aan die wĂȘreld nie?â
23Jesus antwoord hom: âAs iemand My liefhet, sal hy my woorde ter harte neem; en my Vader sal hom liefhĂȘ, en Ons sal na hom toe kom en by hom woon.
24Wie My nie liefhet nie, neem my woorde nie ter harte nie; en die woorde wat julle hoor, is nie Myne nie, maar die Vader s'n wat My gestuur het.
25âDit sĂȘ Ek vir julle terwyl Ek nog by julle bly;
26en wanneer die Vader in my Naam die Voorspraak, die Heilige Gees, stuur, sal Hy julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesĂȘ het.
27âVrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wĂȘreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie.
28Julle het gehoor dat Ek vir julle gesĂȘ het: Ek gaan weg, maar Ek kom weer na julle toe. As julle My liefgehad het, sou julle bly gewees het dat Ek na die Vader toe gaan, omdat die Vader groter as Ek is.
29En nou sĂȘ Ek dit vir julle voordat dit gebeur, sodat julle kan glo wanneer dit gebeur.
30Ek sal nie meer lank met julle kan praat nie, want die owerste van die wĂȘreld is aan die kom. Hy het geen mag oor My nie,
31maar die wĂȘreld moet weet dat Ek die Vader liefhet en daarom doen wat die Vader My beveel het. âStaan op, laat ons hiervandaan weggaan.â