Afrikaans 1983 Bible - 33 verses
1âHierdie dinge sĂȘ Ek vir julle sodat julle nie afvallig word nie.
2Die mense sal julle uit die sinagoges ban. Daar kom selfs 'n tyd dat elkeen wat een van julle doodmaak, sal dink dat hy 'n diens aan God bewys.
3En dit sal hulle doen, omdat hulle die Vader nie ken nie en My ook nie.
4Maar Ek sĂȘ dit nou vir julle, sodat wanneer die tyd daarvoor aanbreek, julle daaraan moet dink dat Ek dit vir julle gesĂȘ het. Ek het dit egter nie van die begin af vir julle gesĂȘ nie, omdat Ek nog by julle was.â
5âNou gaan Ek na Hom toe wat My gestuur het, en tog vra niemand van julle vir My: âWaar gaan U heen?â nie.
6Maar omdat Ek dit vir julle sĂȘ, is julle harte vol droefheid.
7Tog sĂȘ Ek vir julle die waarheid: Dit is tot julle voordeel dat Ek weggaan, want as Ek nie weggaan nie, sal die Voorspraak, die Heilige Gees, nie na julle toe kom nie; maar as Ek gaan, sal Ek Hom na julle toe stuur.
8En wanneer Hy kom, sal Hy bewys dat die wĂȘreld skuldig is aan sonde, en dat die reg aan my kant is, en dat die oordeel al gekom het.
9Die wĂȘreld is skuldig aan sonde, want die wĂȘreld glo nie in My nie;
10die reg is aan my kant, want Ek gaan na die Vader toe, en julle sal My nie meer sien nie;
11die oordeel het al gekom, want die owerste van hierdie wĂȘreld is klaar veroordeel.
12âEk het nog baie dinge om vir julle te sĂȘ, maar julle sal dit nie nou kan begryp nie.
13Wanneer Hy kom, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei. Wat Hy sal sĂȘ, sal nie van Homself kom nie: Hy sal net sĂȘ wat Hy hoor, en Hy sal die dinge wat gaan kom, aan julle verkondig.
14Hy sal My verheerlik, want wat Hy van My ontvang, sal Hy aan julle verkondig.
15Alles wat aan die Vader behoort, behoort ook aan My; daarom dat Ek gesĂȘ het: Wat Hy van My ontvang, sal Hy aan julle verkondig.â
16âNog 'n klein rukkie, dan sien julle My nie meer nie; en weer 'n klein rukkie, dan sal julle My weer sien.â
17Party van sy dissipels het toe vir mekaar gevra: âWat beteken dit dat Hy vir ons sĂȘ: âNog 'n klein rukkie, dan sien julle My nie; en weer 'n klein rukkie, dan sal julle My weer sienâ en: âEk gaan na die Vader toeâ?
18Hierdie âklein rukkieâ waarvan Hy praat, wat beteken dit? Ons weet nie wat Hy bedoel nie,â het hulle gesĂȘ.
19Jesus het gemerk dat hulle dit vir Hom wou vra, en Hy sĂȘ toe vir hulle: âPraat julle met mekaar daaroor dat Ek gesĂȘ het: Nog 'n klein rukkie, dan sien julle My nie; en weer 'n klein rukkie, dan sal julle My weer sien?
20Dit verseker Ek julle: Julle sal huil en treur, maar die wĂȘreld sal bly wees. Julle sal bedroef word, maar julle droefheid sal in blydskap verander.
21'n Vrou kry swaar wanneer haar tyd gekom het en haar kindjie gebore word. Maar wanneer die kindjie gebore is, dink sy nie meer aan die pyn nie, so bly is sy dat daar 'n mens in die wĂȘreld gekom het.
22Net so is julle ook nou bedroef, maar as Ek julle weer sien, sal julle harte vol blydskap wees, en niemand kan julle blydskap van julle af wegneem nie.
23Daardie dag sal julle nie meer vrae aan My stel nie. âDĂt verseker Ek julle: Wat julle die Vader ook al in my Naam sal bid, sal Hy vir julle gee.
24Tot nou toe het julle nog nie in my Naam gebid nie. Bid, en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees.â
25âDit het Ek deur beeldspraak vir julle gesĂȘ. Daar kom 'n tyd wanneer Ek nie meer deur beeldspraak met julle sal praat nie maar julle reguit van die Vader sal vertel.
26Van daardie dag af sal julle in my Naam bid en hoef Ek nie julle voorspraak by die Vader te wees nie,
27want die Vader self het julle lief, omdat julle My liefhet en glo dat Ek van God gekom het.
28Ek het van die Vader gekom en Ek is hier in die wĂȘreld. Nou verlaat Ek weer die wĂȘreld en Ek gaan na die Vader toe.â
29Sy dissipels sĂȘ toe: âKyk, nou praat U reguit en gebruik nie beeldspraak nie.
30Nou weet ons dat U alles weet, en niemand hoef U verder uit te vra nie. Ons glo nou dat U van God gekom het.â
31Daarop sĂȘ Jesus vir hulle: âGlo julle nou?
32Kyk, daar kom 'n tyd, en dit is nou al hier, dat julle uitmekaar gejaag sal word, elkeen sy eie koers in, en dat julle My alleen sal laat; en tog is Ek nie alleen nie, omdat die Vader by My is.
33Dit sĂȘ Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wĂȘreld sal julle dit moeilik hĂȘ; maar hou moed: Ek het die wĂȘreld klaar oorwin.â