Afrikaans 1983 Bible - 40 verses
1Nadat Jesus dit gesĂȘ het, het Hy met sy dissipels oor Kedronspruit gegaan. Daar was 'n tuin, en Hy en sy dissipels het daar ingegaan.
2Judas, sy verraaier, het ook die plek geken, omdat Jesus en sy dissipels dikwels daar gekom het.
3Judas het toe die afdeling soldate gevat en die wagte in diens van die priesterhoofde en die Fariseërs en hulle het daar aangekom met lanterns en fakkels en wapens.
4Omdat Jesus geweet het van alles wat oor Hom gaan kom, het Hy vorentoe gekom en vir hulle gevra: âVir wie soek julle?â
5âJesus van Nasaret,â antwoord hulle Hom. âDit is Ek!â sĂȘ Hy toe vir hulle. Judas, sy verraaier, het ook daar by hulle gestaan.
6Toe Jesus dan vir hulle sĂȘ: âDit is Ek!â het hulle teruggedeins en op die grond neergeval.
7Hy vra hulle toe weer: âVir wie soek julle?â En hulle sĂȘ: âJesus van Nasaret.â
8Toe sĂȘ Jesus: âEk het vir julle gesĂȘ dit is Ek. As julle My soek, laat die mense hier by My dan toe om weg te gaan.â
9So sou vervul word wat Hy voorheen gesĂȘ het: âVan diĂ© wat U My gegee het, het Ek niemand verlore laat gaan nie.â
10Simon Petrus het 'n swaard by hom gehad. Hy ruk dit toe uit, slaan daarmee na die slaaf van die hoëpriester en kap sy regteroor af. Die slaaf se naam was Malgus.
11Toe sĂȘ Jesus vir Petrus: âSit die swaard in sy skede terug. Moet Ek dan nie die lydensbeker drink wat die Vader My gegee het nie?â
12Toe het die afdeling soldate onder die kommandant saam met die wagte in diens van die Joodse Raad vir Jesus gevange geneem en Hom geboei.
13Hulle het Hom eers na Annas toe gebring. Hy was die skoonvader van Kajafas, wat daardie jaar hoëpriester was.
14Dit was Kajafas wat vir die Jode die raad gegee het dat dit tot hulle voordeel is dat een man vir die volk sterwe.
15Simon Petrus en 'n ander dissipel het agter Jesus aangegaan. Daardie ander dissipel was aan die hoëpriester bekend en het saam met Jesus in die hoëpriester se woning
16ingegaan, maar Petrus het buite by die deur bly staan. Toe het daardie ander dissipel wat aan die hoëpriester bekend was, uitgegaan en met die deurwagter gepraat en vir Petrus ingebring.
17Die diensmeisie wat deurwagter was, sĂȘ toe vir Petrus: âJy is tog nie ook een van hierdie man se dissipels nie?â âNee, ek is nie!â antwoord hy.
18Die slawe en die wagte het hulle gestaan en warm maak by die vuur wat hulle gemaak het omdat dit koud was. En Petrus het hom ook saam met hulle gestaan en warm maak.
19Die hoëpriester het Jesus toe ondervra oor sy dissipels en oor sy leer.
20Jesus het hom geantwoord: âEk het in die openbaar met die mense gepraat. Ek het hulle altyd in die sinagoges en in die tempel geleer, waar al die Jode bymekaar kom; en Ek het niks in die geheim gesĂȘ nie.
21Waarom ondervra u My? Ondervra diĂ© wat gehoor het wat Ek vir hulle gesĂȘ het. Hulle weet wat Ek gesĂȘ het.â
22Toe Jesus dit sĂȘ, het een van die wagte wat daarby gestaan het, Hom geklap en gesĂȘ: âAntwoord jy die hoĂ«priester so?â
23Jesus sĂȘ toe vir hom: âAs wat Ek gesĂȘ het, verkeerd was, sĂȘ dan wat was verkeerd; maar as dit reg was, waarom slaan jy My?â
24Annas het Hom toe geboei na die hoëpriester Kajafas toe gestuur.
25Simon Petrus het hom nog gestaan en warm maak. Die mense by die vuur vra toe vir hom: âJy is tog nie ook een van sy dissipels nie?â Hy het dit ontken en gesĂȘ: âNee, ek is nie!â
26Een van die hoĂ«priester se slawe wat familie was van die een wie se oor Petrus afgekap het, vra toe: âHet ek jou dan nie in die tuin by hom gesien nie?â
27Petrus het dit weer ontken, en net daarna het daar 'n haan gekraai.
28Toe het hulle vir Jesus van Kajafas af na die ampswoning van die goewerneur toe gebring. Dit was die mĂŽre vroeg. Hulle het self nie in die ampswoning ingegaan nie, sodat hulle nie onrein sou word nie maar die paasmaaltyd sou kon eet.
29Pilatus het buite na hulle toe uitgegaan en gevra: âWatter aanklag bring julle teen hierdie man in?â
30Hulle het hom geantwoord: âAs hy nie 'n misdadiger was nie, sou ons hom nie aan u uitgelewer het nie.â
31Pilatus sĂȘ toe vir hulle: âVat julle hom en veroordeel hom volgens julle wet.â Maar die Jode sĂȘ vir hom: âOns mag nie iemand teregstel nie.â
32Dit het gebeur sodat die woorde van Jesus vervul kon word wat Hy gesĂȘ het toe Hy aangedui het op watter manier Hy sou sterwe.
33Pilatus het toe weer in sy ampswoning ingegaan en Jesus geroep en vir Hom gevra: âIs jĂœ die koning van die Jode?â
34Jesus het hom toe gevra: âVra u dit uit u eie, of het ander dit vir u van My gesĂȘ?â
35âEk is mos nie 'n Jood nie!â antwoord Pilatus. âDit is jou volk en jou priesterhoofde wat jou aan my uitgelewer het. Wat het jy gedoen?â
36âMy koninkryk is nie van hierdie wĂȘreld nie,â antwoord Jesus. âAs my koninkryk van hierdie wĂȘreld was, sou my onderdane geveg het sodat Ek nie aan die Jode uitgelewer sou word nie. Maar nou is my koninkryk nie van hier nie.â
37âDan is jy tog wel 'n koning?â vra Pilatus. âDit is soos u sĂȘ: Ek is 'n koning,â antwoord Jesus. âEk moet oor die waarheid getuienis aflĂȘ. Hiervoor is Ek gebore, en hiervoor het Ek na die wĂȘreld toe gekom. Elkeen wat aan die waarheid behoort, luister na wat Ek sĂȘ.â
38âWat is waarheid?â sĂȘ Pilatus toe vir Hom. En toe hy dit sĂȘ, gaan hy weer uit na die Jode toe en sĂȘ vir hulle: âEk vind geen skuld in hom nie.
39Maar julle is gewoond dat ek vir julle gedurende die paasfees iemand loslaat. Wil julle hĂȘ ek moet die koning van die Jode vir julle loslaat?â
40Hulle skreeu toe terug: âNie vir hom nie, maar vir Barabbas!â En Barabbas was 'n rower.