Afrikaans 1983 Bible - 25 verses
1Daarna het Jesus weer aan sy dissipels verskyn, by die See van Tiberias. Dit het sĂł gebeur:
2Simon Petrus en Tomas, wat ook Didimus genoem is, Natanael van Kana in Galilea, die seuns van Sebedeus en nog twee ander dissipels was daar saam.
3Simon Petrus sĂȘ toe vir hulle: âEk gaan visvang.â âOns gaan ook saam met jou,â sĂȘ hulle vir hom. Hulle het gegaan en in die skuit geklim, maar daardie nag het hulle niks gevang nie.
4Toe dit al lig was, het Jesus daar op die strand gestaan, maar die dissipels het nie geweet dat dit Hy is nie.
5Jesus vra toe vir hulle: âMense, het julle nie iets gevang om te eet nie?â âNee,â antwoord hulle Hom.
6Hy sĂȘ toe vir hulle: âGooi die net aan die regterkant van die skuit uit, dan sal julle iets kry.â Hulle het die net toe daar uitgegooi, en vanweĂ« die groot klomp vis kon hulle hom nie weer intrek nie.
7Die dissipel vir wie Jesus baie lief was, sĂȘ toe vir Petrus: âDit is die Here!â Toe Simon Petrus hoor dat dit die Here is, het hy sy hemp aangetrek â want sy bolyf was kaal â en in die water gespring.
8Hulle was nie ver van die land af nie, net omtrent honderd tree. Die ander dissipels het met die skuitjie gekom en die net met die visse gesleep.
9Toe hulle aan land kom, sien hulle 'n vuur brand en 'n stuk vis daarop lĂȘ. Daar was brood ook.
10Jesus sĂȘ toe vir hulle: âBring van die vis wat julle nou net gevang het.â
11Simon Petrus het toe in die skuit geklim en die net op die land getrek. Dit was vol groot visse, honderd drie en vyftig, en alhoewel daar so baie was, het die net nie geskeur nie.
12Toe sĂȘ Jesus vir hulle: âKom eet.â Nie een van die dissipels het sover gekom om vir Hom te vra: âWie is U?â nie. Hulle het geweet dat dit die Here is.
13Jesus kom toe, neem die brood en gee dit vir hulle, en net so ook die vis.
14Dit was al die derde keer dat Jesus aan sy dissipels verskyn het nadat Hy uit die dood opgewek is.
15Toe hulle klaar geĂ«et het, vra Jesus vir Simon Petrus: âSimon seun van Johannes, het jy My baie lief, meer as hulle hier?â âJa, Here,â antwoord hy Hom, âU weet dat ek U liefhet.â Hy sĂȘ toe vir hom: âLaat my lammers wei.â
16Jesus vra hom weer 'n tweede keer: âSimon seun van Johannes, het jy My baie lief?â âJa, Here,â antwoord hy Hom, âU weet dat ek U liefhet.â Hy sĂȘ toe vir hom: âPas my skape op.â
17Jesus vra hom die derde keer: âSimon seun van Johannes, het jy My lief?â Petrus het bedroef geword omdat Jesus hom die derde keer gevra het: âHet jy My lief?â, en hy antwoord Hom: âHere, U weet alles. U weet dat ek U liefhet.â Hy sĂȘ toe vir hom: âLaat my skape wei.
18Dit verseker Ek jou: Toe jy jonger was, het jy self jou klere vasgemaak en gegaan waar jy wil; maar wanneer jy oud is, sal jy jou hande uitsteek, en iemand anders sal jou vasmaak en jou bring waar jy nie wil wees nie.â
19Dit het Jesus gesĂȘ en daarmee aangedui deur watter soort dood Petrus God sou verheerlik. Daarna sĂȘ Hy vir hom: âVolg My!â
20Toe Petrus omdraai, sien hy die dissipel volg vir wie Jesus baie lief was, wat ook by die maaltyd na Jesus se kant toe oorgeleun en gevra het: âHere, wie is u verraaier?â
21Toe Petrus hom dan sien, vra Petrus vir Jesus: âHere, en wat van hom?â
22Jesus antwoord hom: âAs Ek wil hĂȘ dat hy in die lewe moet bly totdat Ek weer kom, is dit nie jou saak nie. Volg jy My!â
23Die gerug het toe onder die broers versprei dat daardie dissipel nie sal sterwe nie. Jesus het egter nie vir Petrus gesĂȘ dat daardie dissipel nie sal sterwe nie, maar: âAs Ek wil hĂȘ dat hy in die lewe moet bly totdat Ek weer kom, is dit nie jou saak nie.â
24Dit is die dissipel wat oor al hierdie dinge getuienis aflĂȘ en dit beskrywe het, en ons weet dat sy getuienis waar is.
25Daar is nog baie ander dinge wat Jesus gedoen het. Maar as dit een vir een beskrywe moet word, dink ek, sou die hele wĂȘreld nie genoeg plek vir die boeke hĂȘ nie.