Afrikaans 1983 Bible - 34 verses
1Paulus-hulle het deur Amfipolis en Apollonië na Tessalonika toe gereis, waar daar 'n Joodse sinagoge was.
2Soos dit Paulus se gewoonte was, het hy daarheen gegaan en op drie sabbatdae na mekaar uit die Skrif met die Jode geredeneer.
3Hy het die Skrif uitgelĂȘ en daaruit aangetoon dat die Christus moes ly en uit die dood moes opstaan. âHierdie Jesus wat ek aan julle verkondig,â het hy gesĂȘ, âHĂœ is die Christus.â
4Party van die Jode het oortuig geraak en by Paulus en Silas aangesluit. 'n Groot aantal godvresende Grieke en 'n aansienlike getal vooraanstaande vroue het ook nog bygekom.
5Maar die Jode was hieroor afgunstig en het met die hulp van 'n klomp nikswerd leeglĂȘers 'n betoging op tou gesit wat die stad in oproer gebring het. Hulle het na Jason se huis toe opgeruk en wou vir Paulus en Silas hĂȘ om hulle voor die volk te bring.
6Toe die Jode hulle nie kry nie, sleep hulle vir Jason en 'n paar ander gelowiges na die stadsbestuur toe en skreeu: âDit is die mense wat die hele wĂȘreld in beroering bring. Hulle is nou hier in ons stad,
7en Jason het vir hulle huisvesting gegee. Hulle handel almal in stryd met die keiser se wette en sĂȘ dat daar 'n ander koning is, Jesus!â
8Die mense en die stadsbestuur was ontsteld toe hulle dit hoor,
9maar nadat hulle van Jason en die ander gelowiges die nodige waarborg gekry het, is hulle losgelaat.
10Sodra dit donker was, het die gelowiges vir Paulus en Silas na Berea toe gestuur. Daar aangekom, het hulle na die Joodse sinagoge toe gegaan.
11Die mense daar was ontvankliker as diĂ© in Tessalonika. Hulle het met groot belangstelling na die woord geluister en elke dag die Skrif ondersoek om te sien of dit is soos Paulus sĂȘ.
12Baie van die Jode het gelowig geword en ook heelparty van die Grieke, mans sowel as vooraanstaande vroue.
13Toe die Jode in Tessalonika egter hoor dat Paulus die woord van God ook in Berea verkondig, het hulle ook dĂĄĂĄr oproer gaan stook en die mense opgesweep.
14Die gelowiges het dadelik vir Paulus na die kus toe laat wegbring, maar Silas en Timoteus het daar agtergebly.
15Die mense wat vir Paulus begelei het, het hom tot by Atene gebring en toe teruggegaan met die opdrag van Paulus aan Silas en Timoteus om so gou as moontlik na hom toe te kom.
16Terwyl Paulus in Atene vir Silas en Timoteus wag, het hy baie verontwaardig geword toe hy sien hoe vol afgodsbeelde die stad is.
17Hy het in die sinagoge met die Jode en die godvresendes geredeneer en elke dag op die stadsplein met die verbygangers gepraat.
18'n Paar wysgere, EpikureĂ«rs en StoĂŻsyne, het met hom gestry. Party het gesĂȘ: âWat sou hierdie praatjiesmaker tog wil sĂȘ?â Ander het gesĂȘ: âDit lyk of hy 'n boodskapper van vreemde gode is.â Dit was omdat Paulus die evangelie van Jesus en sy opstanding verkondig het.
19Hulle het hom na die Areopagus toe geneem en gesĂȘ: âKan ons te wete kom wat hierdie nuwe leer is wat jy verkondig?
20Party van die dinge wat jy sĂȘ, klink vir ons vreemd, en ons wil graag weet wat dit beteken.â
21Die Ateners in die algemeen en die uitlanders wat daar gewoon het, het hulle tyd aan niks anders bestee as om iets nuuts te sĂȘ of te hoor nie.
22Paulus het toe in die middel van die Areopagus gaan staan en gesĂȘ: âAteners, ek sien dat julle in alle opsigte baie godsdienstig is.
23Terwyl ek deur julle stad geloop en kyk het na die plekke waar julle aanbid, het ek ook 'n altaar gekry waarop geskrywe staan: âAan 'n onbekende god.â âNou ja, wat julle aanbid sonder om daarvan kennis te hĂȘ, verkondig ek aan julle.
24God, wat die wĂȘreld met alles wat daarin is, gemaak het, HĂœ is die Here van hemel en aarde, en Hy woon nie in tempels wat deur mense gemaak is nie.
25Hy het ook nie nodig dat mense Hom versorg nie. Inteendeel, dit is Hy wat aan almal lewe en asem en alles gee.
26Uit een mens het Hy al die nasies gemaak. Hy het hulle gemaak om oor die hele aarde te woon. Hy het bepaal hoe lank hulle sal bestaan en waar hulle sal woon.
27God het hulle gemaak om Hom te soek, al sou hulle ook moes rondtas om Hom te vind. Hy is nie ver van enigeen van ons af nie,
28want deur Hom lewe ons, beweeg ons en bestaan ons. Of soos party van julle digters ook gesĂȘ het: âOns stam ook van Hom af.â
29Aangesien ons dan self van God afstam, moet ons nie dink dat die Godheid aan beelde van goud, silwer of klip gelyk is nie. Dit is bloot skeppinge van menslike vaardigheid en verbeelding.
30âGod het die tye van onkunde oorgesien, maar nou roep Hy al die mense oral op om hulle te bekeer,
31want Hy het 'n dag bepaal waarop Hy regverdig oor die wĂȘreld gaan oordeel deur 'n Man wat Hy uitgekies het. As bewys daarvan vir almal, het Hy Hom uit die dood laat opstaan.â
32Toe hulle van die opstanding uit die dood hoor, het party hom uitgelag, maar party het gesĂȘ: âOns sal jou weer hieroor wil hoor.â
33So het Paulus van hulle af weggegaan.
34'n Paar mense het egter gelowig geword en by hom aangesluit. Onder hulle was daar Dionisius, 'n lid van die Areopagus, en 'n vrou met die naam Damaris en nog ander saam met hulle.