Afrikaans 1983 Bible - 29 verses
1Moses, die man van God, het die Israeliete voor sy dood met die volgende woorde geseën:
2Hy het gesĂȘ: âDie Here kom van Sinai af, Hy laat van SeĂŻr af sy lig oor sy volk skyn, laat dit deurbreek van Paranberg af. Hy kom van waar tienduisende hemelwesens woon, van waar hulle aan sy regterhand hulle plek het.
3âU, Here, het u volk lief, al die heiliges is in u hand. Hulle sit aan u voete, elkeen luister na u woorde.
4Moses het ons 'n wet gegee, dit is 'n besitting vir die volk van Jakob.
5Die Here het koning geword oor Jesurun toe die volksleiers, al die stamme van Israel, bymekaargekom het.
6âRuben moet lewe, hy mag nie sterf nie; hy moet 'n groot volk word.â
7Oor Juda het Moses gesĂȘ: âHere, luister na Juda! Bring hom na sy volk toe; maak hom sterk, wees vir hom 'n hulp teen sy teenstanders.â
8Oor Levi het Moses gesĂȘ: âU tummim en u urim is toevertrou aan u troue dienaar, U het hom by Massa op die proef gestel, U het 'n saak teen hom gehad by die Meribawaters.
9Hy het van sy pa en ma gesĂȘ: âEk hou nie rekening met hulle nie.â Hy het sy broers nie erken nie, sy seuns nie as familie beskou nie. Die mense van Levi is gehoorsaam aan u bevele, hulle eerbiedig u verbond.
10Hulle sal vir Jakob in u bepalings onderrig, vir Israel in u wet. Hulle sal wierookoffers voor U kom neersit, brandoffers op u altaar.
11SeĂ«n sy werk, Here! Aanvaar wat hy doen! Tref sy teenstanders waar hulle krag sit, tref sy haters sodat hulle nie weer opstaan nie.â
12Oor Benjamin het Moses gesĂȘ: âWie deur die Here bemin word, is veilig by Hom, skuil altyd by Hom en leef onder sy beskerming.â
13Oor Josef het Moses gesĂȘ: âMag sy land deur die Here geseĂ«n word: met die beste uit die hemel, met dou en met die beste uit die water diep onder die grond,
14met die beste wat deur die son gegee kan word en met die beste wat deur elke maand opgelewer kan word,
15met die beste uit die gryse berge en met die beste uit die ou-ou heuwels,
16met die beste uit die aarde en wat daarop is en met die toegeneentheid van Hom wat woon in die doringbos. Mag dit alles op Josef kom, op hom wat heerser is oor sy broers.
17Hy sal trots wees soos 'n jong bul, so sterk soos 'n buffel. Hy sal volke met sy krag rondjaag, almal saam tot in die uithoeke van die aarde. Mag die tienduisende van Efraim so wees en ook die duisende van Manasse.â
18Oor Sebulon het Moses gesĂȘ: âJy moet bly wees, Sebulon, as jy op pad gaan; Issaskar, jy moet bly wees as jy by die huis bly.
19âHulle twee nooi volke na die berg toe en offer daar die offers wat voorgeskryf is. Hulle twee geniet die oorvloed uit die see, die skatte wat deur die sand bedek word.â
20Oor Gad het Moses gesĂȘ: âGeseĂ«nd is elkeen wat vir Gad woonplek gee. Hy lĂȘ soos 'n leeu, sterkes en leiers is sy prooi.
21Gad het die beste vir hom gekies, want sy land is 'n uitsoekdeel, 'n terrasland. Gad het met die leiers van die volk gekom en die wil van die Here gedoen en saam met Israel die bepalings van die Here nagekom.â
22Oor Dan het Moses gesĂȘ: âDan is 'n jong leeu, hy bespring sy prooi van Basan af.â
23Oor Naftali het Moses gesĂȘ: âNaftali geniet baie guns, hy word ryklik geseĂ«n deur die Here en besit die see en die suide.â
24Oor Aser het Moses gesĂȘ: âAser is meer geseĂ«nd as die ander seuns, hy is die gunsteling onder sy broers en hy sal sy voete met olie was.
25Jou sluitbalke is van yster en brons. Mag jy jou lewe lank rustig woon.
26âJesurun, daar is niemand soos God nie, Hy ry deur die hemel om jou te kom help, in sy majesteit ry Hy op die wolke.
27Die ewige God is 'n skuilplek, sy arms is altyd onder jou. Hy verdryf die vyand voor jou uit, Hy beveel: âRoei uit!â
28Daarom woon Israel rustig, woon die nasate van Jakob eenkant in 'n land van koring en wyn en drup die hemel dou.
29Dit gaan goed met jou, Israel! Wie is soos jy? Jy is 'n volk wat deur die Here verlos is! Hy beskerm en help jou. Hy gee mag aan jou, jou vyande kruip voor jou, en jy sal oor hulle offerplekke stap.â