Afrikaans 1983 Bible - 13 verses
1Die hoofsaak van wat gesĂȘ is, is dit: ons het 'n HoĂ«priester, Een wat gaan sit het aan die regterkant van die troon van die Majesteit in die hemel.
2Hy is bedienaar van die heiligdom, die ware verbondstent, wat deur die Here opgerig is en nie deur 'n mens nie.
3Elke hoĂ«priester word aangestel om gawes en offers te bring; daarom moet ook hierdie Een iets hĂȘ om te offer.
4As Hy nog op aarde was, sou Hy nie eens priester kon wees nie, omdat volgens die wet daar reeds priesters is wat die gawes offer.
5Hulle bedien egter slegs 'n afbeelding en skadubeeld van die hemelse heiligdom. Toe Moses die Goddelike opdrag gekry het om die verbondstent op te rig, het God gesĂȘ: âSorg dat jy alles maak volgens die voorbeeld wat Ek jou op die berg gewys het.â
6Maar nou het Jesus 'n voortrefliker priesterdiens gekry deurdat Hy Middelaar is van 'n beter verbond wat op uitnemender beloftes gegrond is.
7As daar aan die eerste verbond niks kortgekom het nie, sou 'n tweede nie nodig gewees het nie.
8Maar God bestraf die volk oor hulle tekortkoming deur te sĂȘ: âKyk, daar kom 'n tyd, sĂȘ die Here, dat Ek met Israel en Juda 'n nuwe verbond sal sluit.
9Die nuwe verbond sal nie wees soos diĂ© wat Ek met hulle voorvaders gemaak het op die dag toe Ek hulle aan die hand gevat het om hulle uit Egipte uit te lei nie, want hulle het nie my verbond gehou nie, en Ek het hulle verwerp, sĂȘ die Here.
10DĂt is nou die verbond wat Ek met Israel na daardie dae sal sluit, sĂȘ die Here: Ek sal hulle my wette in die verstand gee, op hulle harte sal Ek dit skrywe; Ek sal hulle God wees, en hulle sal my volk wees.
11Dan hoef niemand meer sy medeburger te leer en vir sy broer te sĂȘ: âJy moet die Here kenâ nie. Hulle almal, klein en groot, sal My ken.
12Oor hulle ongeregtighede sal Ek genadig wees en aan hulle sondes nooit meer dink nie.â
13Deur van 'n nuwe verbond te praat, het God die eerste oud verklaar, en wat oud word en uitgedien raak, sal gou verdwyn.