Afrikaans 1983 Bible - 45 verses
1Die familiehoofde van die Leviete het na die priester Eleasar, na Josua seun van Nun en na die familiehoofde van die Israelitiese stamme toe gekom
2in Silo in KanaƤn en vir hulle gesĆŖ: āDie Here het deur Moses beveel dat ons stede moet kry om in te woon en weiveld vir ons vee.ā
3Die Israeliete het toe die bevel van die Here uitgevoer en uit hulle woongebiede vir die Leviete dorpe met weivelde gegee.
4Daar is vir die Kehatgroep geloot, en aan hierdie Leviete uit die geslag van die priester AƤron is dertien stede toegeken in die stamgebied van Juda, Simeon en Benjamin.
5Vir die res van die Kehatgroep is tien stede geloot in die gebied van die families in die stam Efraim, die stamgebied Dan en diƩ van die halwe Manassestam.
6Vir die Gersongroep is dertien stede geloot in die gebiede van die families in die stam Issaskar, die stamgebied van Aser en Naftali en diƩ van die halwe Manassestam in Basan.
7Vir die families in die Merarigroep was daar twaalf stede in die stamgebied van Ruben, Gad en Sebulon.
8Die Israeliete het die stede met weivelde aan die Leviete toegeken deur loting, soos die Here deur Moses beveel het.
9In die stamgebied van Juda en Simeon is die volgende stede wat by name aangedui is, toegeken
10aan die Leviete uit die nageslag van AƤron wat tot die Kehatgroep behoort het. Die eerste loting was vir hulle.
11Aan hulle is eerstens Kirjat-Arba toegeken, dit is Hebron in die Judaberge met sy weivelde rondom. Arba was die voorvader van die Enakiete.
12Die lande en die buiteposte van die stad is aan Kaleb seun van Jefunne as eiendom toegeken.
13Die nageslag van die priester AƤron het dus ontvang: die asielstad Hebron, en Libna,
14Jattir, Estemoa,
15Golon, Debir,
16Ajin, Jutta en Bet-Semes, elkeen met sy weiveld, nege stede van diƩ twee stamme,
17en van die stam Benjamin Gibeon, Geba,
18Anatot en Almon, die vier stede elkeen met sy weiveld.
19Die priesters uit die nageslag van AƤron het dus altesaam dertien stede met hulle weivelde gehad.
20Vir die Levitiese families in die res van die Kehatgroep is eerstens stede geloot in die stamgebied van Efraim.
21Aan hulle is toegeken: die asielstad Sigem in die Efraimsberge en Geser,
22Kibsajim en Bet-Goron, diƩ vier stede elkeen met sy weiveld;
23in die stamgebied van Dan: Elteke, Gibbeton,
24Ajalon en Gat-Rimmon, diƩ vier stede elkeen met sy weiveld;
25en in die gebied van die halwe Manassestam: TaƤnak en Gat-Rimmon, diƩ twee stede elkeen met sy weiveld.
26Die families in die res van die Kehatgroep het dus altesaam tien stede met hulle weivelde gehad.
27Aan die Levitiese families in die Gersongroep is in die gebied van die ander helfte van die Manassestam toegeken: die asielstad Golan in Basan, en Astarot, diƩ twee stede elkeen met sy weiveld;
28in die stamgebied van Issaskar: Kisjon, Daberat,
29Jarmut en En-Gannim, diƩ vier stede elkeen met sy weiveld;
30in die stamgebied van Aser: Misal, Abdon,
31Gelkat en Regob, diƩ vier stede elkeen met sy weiveld;
32en in die stamgebied van Naftali die asielstad Kedes in Galilea, en Gammot-Dor en Kartan, diƩ drie stede elkeen met sy weiveld.
33Die Gersonfamilies het dus altesaam dertien stede met weivelde gehad.
34Aan die Levitiese families wat oorgebly het, diƩ in die Merarigroep, is in die stamgebied van Sebulon toegeken: Jokneam, Karta,
35Dimna en Nahalal, diƩ vier stede elkeen met sy weiveld;
36in die stamgebied van Ruben: Beser, Jahas,
37Kedemot en MefaƤt, diƩ vier stede elkeen met sy weiveld;
38en in die stamgebied van Gad die asielstad Ramot in Gilead, Maganajim,
39Gesbon, Jaser, diƩ vier stede elkeen met sy weiveld.
40Vir die oorblywende families, diƩ in die Merarigroep, is dus altesaam twaalf stede geloot.
41Die Leviete het altesaam ag en veertig stede met weivelde gehad in die woongebied van die Israeliete.
42Elke stad het weiveld rondom hom gehad. Dit was die geval met al diƩ stede.
43Die Here het aan Israel die hele land gegee wat Hy met 'n eed aan hulle voorvaders beloof het. Hulle het dit in besit geneem en daar gaan woon.
44Die Here het hulle na alle kante toe rus gegee soos Hy met 'n eed aan hulle voorvaders beloof het. Nie een van al hulle vyande kon teen hulle standhou nie. Die Here het al hulle vyande in hulle mag oorgegee.
45Nie een van al die goeie beloftes wat die Here aan Israel gemaak het, het onvervul gebly nie. Almal is nagekom.