Afrikaans 1983 Bible - 15 verses
1âToe al die konings van die Amoriete wes van die Jordaan en al die konings van die KanaĂ€niete aan die see hoor dat die Here die water van die Jordaan voor die Israeliete laat opdroog het sodat ons kon deurgaan, het hulle harte van angs verstyf en het hulle nie meer moed teen die Israeliete gehad nie.â
2In diĂ© tyd het die Here vir Josua gesĂȘ: âMaak vir jou klipmesse en besny die Israeliete. Daar moet weer 'n besnydenis wees.â
3Josua het toe vir hom klipmesse gemaak en hy het die Israeliete besny. Die plek is genoem die Heuwel van die Besnydenis.
4Die rede waarom Josua die besnydenis moes uitvoer, is die volgende: die hele volk wat uit Egipte getrek het, die mans, al die weerbare manne, is op pad in die woestyn dood met die uittog uit Egipte;
5al die mense wat destyds getrek het, was besny, maar die mense wat in die woestyn onderweg gebore is tydens die uittog uit Egipte, was nie een besny nie;
6die Israeliete het veertig jaar lank in die woestyn rondgetrek, totdat die hele nasie uitgesterf het, dit wil sĂȘ die weerbare manne wat uit Egipte getrek het en ongehoorsaam was aan die opdrag van die Here. Hy het destyds 'n eed afgelĂȘ dat hulle nie die land sou sien wat Hy met 'n eed aan hulle voorvaders beloof het om aan hulle te gee nie, 'n land wat oorloop van melk en heuning;
7Hy het daardie mense se kinders in hulle plek gestel en vir hulle het Josua besny, want hulle was nog nie besny nie, hulle is nie langs die pad besny nie.
8Nadat die hele nasie klaar besny is, het hulle eers in die kamp gebly tot hulle gesond was.
9Die Here het vir Josua gesĂȘ: âVandag het Ek julle bevry van die smaad wat van Egipte se tyd af op julle rus.â Josua het die plek toe Gilgal genoem. Dit is vandag nog die naam.
10Terwyl die Israeliete nog in Gilgal in die kamp was, het hulle die paasfees daar in die Jerigovlakte gevier, op die veertiende van die maand, in die aand.
11Die oggend na paasfees, presies op dié dag, het hulle ongesuurde brood en gebraaide koring, van die opbrengs van die land, geëet.
12Daardie oggend toe hulle van die opbrengs van die land eet, het die manna weggebly; daar was nie weer manna vir die Israeliete nie: hulle het daardie jaar van die land KanaÀn se eie oes geëet.
13Josua was naby Jerigo. Toe hy sien, staan daar 'n man voor hom met 'n ontblote swaard in die hand. Josua het na hom toe gegaan en hom gevra: âIs u aan ons kant of aan ons vyande s'n?â
14âNee,â sĂȘ die man, âek is die aanvoerder van die leĂ«r van die Here. Daarom is ek hier.â Josua het diep gebuig en vir die man gesĂȘ: âWat wil u aan my, u dienaar, sĂȘ?â
15Toe sĂȘ die leĂ«raanvoerder van die Here vir Josua: âTrek jou skoene uit, want die plek waarop jy staan, is 'n gewyde plek.â Josua het dit gedoen.