Afrikaans 1983 Bible - 36 verses
1Na die dood van Josua het die Israeliete die Here geraadpleeg. Hulle het gevra: āWie van ons moet eerste teen die KanaƤniete gaan veg?ā
2Die Here het geantwoord: āJuda moet gaan. Ek gee die land oor in sy mag.ā
3Toe sĆŖ Juda vir sy broer Simeon: āKom saam met my na die gebied toe wat aan my toegesĆŖ is, dan veg ons saam teen die KanaƤniete. Ek sal dan weer saam met jou gaan na jou gebied toe.ā Simeon is toe saam met hom.
4Juda het toe gaan veg, en die Here het die KanaƤniete en die Feresiete in Juda se mag oorgegee en hy het in Besek tien duisend man verslaan.
5Daar het hy op Adoni-Besek afgekom en teen hom geveg en die KanaƤniete en die Feresiete verslaan.
6Adoni-Besek het gevlug, maar Juda het hom agternagesit en hom gevang. Hulle het sy duime en groottone afgesny.
7Toe sĆŖ Adoni-Besek: āGod het my nou die straf gegee wat ek verdien, want ek het sewentig konings se duime en groottone laat afsny, en hulle moes kos soek onder my tafel.ā Juda het vir Adoni-Besek na Jerusalem toe gevat, en hy is daar dood.
8Juda het teen Jerusalem geveg en dit ingeneem. Hulle het sy inwoners doodgemaak en die stad aan die brand gesteek.
9Daarna het Juda gaan veg teen die KanaƤniete wat gewoon het op die Bergland, in die Suidland en in die Laeveld.
10Toe het Juda teen die KanaƤniete van Hebron gaan veg en vir Sesai, Agiman en Talmai verslaan. Hebron was vroeƫr bekend as Kirjat-Arba.
11Van hier af het Juda teen die mense van Debir gaan veg. Debir was vroeƫr bekend as Kirjat-Sefer.
12By daardie geleentheid het Kaleb beloof: āEk sal my dogter Aksa as vrou gee aan die man wat vir Kirjat-Sefer aanval en inneem.ā
13Otniƫl seun van Kenas, 'n jonger broer van Kaleb, het dit ingeneem, en Kaleb het sy dogter Aksa vir hom as vrou gegee.
14Toe sy by hom kom, het hy haar aangepor om vir haar pa landbougrond te vra. Sy het van haar donkie afgeklim en Kaleb het vir haar gevra: āWat wil jy vir my vra?ā
15Toe sĆŖ sy vir hom: āGee my 'n stuk vrugbare grond. U het my die droĆ« Suidland gegee. Gee my nou ook standhoudende water.ā Kaleb het toe vir haar fonteine in die hooggeleĆ« deel en fonteine in die laaggeleĆ« deel gegee.
16Die Keniete, afstammelinge van Moses se skoonpa, het saam met Juda uit die Palmstad getrek na die Judawoestyn toe. Dit was geleƫ in die Suidland by Arad. Hulle het by die volk daar gaan woon.
17Juda het met sy broer Simeon saamgespan en die Kanaäniete verslaan wat in Sefat woon. Hulle het die stad in puin gelê en dit Gorma genoem.
18[18-19] Die Here was by Juda, en hulle het die Bergland in besit geneem. Maar Juda kon nie die inwoners van die Vlakte verslaan en hulle stede verower nie, want hulle het ysterstrydwaens gehad. Hulle stede was Gasa, Askelon en Ekron, elkeen met sy grondgebied.
19***
20Soos Moses beveel het, is Hebron aan Kaleb gegee, en hy het die drie nasate van Enak uit Hebron verdryf.
21Die Jebusiete het in Jerusalem gewoon, en die Benjaminiete het hulle nie verslaan nie. Hulle woon nou nog saam met die Benjaminiete in Jerusalem.
22Die Josefstam het na Bet-El toe opgeruk en die Here was by hulle.
23Hulle het verkenners na Bet-El toe gestuur. Bet-El was vroeƫr bekend as Lus.
24Die verkenners het 'n man uit die stad sien kom en vir hom gevra: āWys ons tog hoe om in die stad te kom. Ons sal jou goed behandel.ā
25Hy het vir hulle gewys hoe om in die stad te kom. Die Josefstam het toe die stad verower en sy mense doodgemaak maar hierdie man en sy hele familie gespaar.
26Hy is toe na die Hetiete toe en daar het hy vir hom 'n stad gebou en dit Lus genoem. Dit is nou nog die stad se naam.
27Manasse kon nie die stede Bet-San en TaƤnak en hulle buitedorpe verslaan nie, ook nie die inwoners van die stede Dor, Jibleam en Megiddo en hulle buitedorpe nie. Die KanaƤniete was sterk genoeg om in daardie stede te bly woon.
28Toe die Israeliete sterker geword het, het hulle die KanaƤniete dwangarbeid laat doen maar nie die stede ingeneem nie.
29Ook Efraim het nie die KanaƤniete wat in Geser gewoon het, verslaan nie. Hulle het in Geser by Efraim bly woon.
30Sebulon het nie die inwoners van Kitron en Nahalal verslaan nie. Die KanaƤniete het by Sebulon bly woon en moes dwangarbeid doen.
31Aser het nie die inwoners van Akko, Sidon, Aglab, Aksib, Gelba, Afek en Regob verslaan nie.
32Die mense van Aser het tussen die KanaƤniete wat daar gebly het, gaan woon, want Aser het hulle nie verslaan nie.
33Naftali het nie die inwoners van Bet-Semes en Bet-Anat verslaan nie. Hy het tussen die KanaƤniete wat daar gebly het, gaan woon, maar die inwoners van Bet-Semes en Bet-Anat moes dwangarbeid doen vir Naftali.
34Die Amoriete het vir Dan berg-in gedryf en hom nie in die laagte laat kom nie.
35Die Amoriete was sterk genoeg om in Har-Geres, Ajalon en SaƤlbim te bly woon. Maar toe die Josefstam sterker geword het, moes die Amoriete dwangarbeid doen.
36Die grens van die Amoriete het by Skerpioenpas by die klip begin en het daarvandaan verder geloop.