Afrikaans 1983 Bible - 30 verses
1Toe die volgende gebeurtenis plaasgevind het, was daar nog nie 'n koning in Israel nie. Daar was 'n Leviet wat as vreemdeling gewoon het in die uithoeke van die Efraimsberge. Hy het vir hom 'n byvrou gevat uit Betlehem in Juda.
2Die byvrou het ontrou geword en van hom af weggegaan na haar pa se huis toe in Betlehem in Juda. Sy was 'n jaar en vier maande lank daar,
3en toe gaan haar man agter haar aan. Hy wou met haar gaan mooipraat om haar te laat terugkom na hom toe. Hy het 'n slaaf en 'n span donkies by hom gehad. Hy het na haar pa se huis toe gegaan, en toe die meisie se pa hom sien, was die pa bly en hy het die Leviet tegemoet geloop.
4Sy skoonpa, die meisie se pa, het by hom daarop aangedring, en hy het drie dae daar oorgebly. Hulle het geëet en gedrink, en hy het daar oornag.
5Die vierde dag het hy vroeg klaargemaak om te vertrek, maar die meisie se pa het vir sy skoonseun gesĂȘ: âEet eers 'n stukkie vir die pad en dan kan jy vertrek.â
6Hulle twee het toe gaan sit en saam geĂ«et en gedrink. Die meisie se pa sĂȘ toe vir die man: âMoenie teĂ«praat nie. Bly nog diĂ© nag oor en geniet dit hier.â
7Die man was op die punt om te vertrek, maar toe sy skoonpa daarop aandring, het hy omgedraai en daar oornag.
8Die vyfde dag het hy vroegmĂŽre klaargemaak om te vertrek, maar toe sĂȘ die meisie se pa: âEet eers 'n stukkie vir die pad en wag tot agtermiddag.â Hulle het toe geĂ«et.
9Toe die man en sy byvrou en sy slaaf op die punt staan om te vertrek, sĂȘ sy skoonpa, die meisie se pa, vir hom: âKyk, man, die son is aan die sak, dis amper aand. Oornag hier. Die dag is verby. Slaap hier en geniet dit. Julle kan mĂŽre vroeg alles regkry vir die reis en dan kan jy huis toe gaan.â
10Maar die man wou nie die nag oorbly nie. Hy het klaargemaak en vertrek. Hy het regoor Jebus, dit is Jerusalem, gekom met sy span donkies en sy byvrou by hom.
11Toe hulle by Jebus kom, was die dag verby, en sy slaaf sĂȘ vir hom: âKom ons draai hier in by hierdie stad van die Jebusiete en dan vernag ons in die stad.â
12Maar hy sĂȘ vir sy slaaf: âOns kan nie by 'n vreemde stad indraai waarin daar nie Israeliete is nie. Kom ons druk deur tot by Gibea.â
13Hy het verder vir sy slaaf gesĂȘ: âKom ons probeer kom by een van Ăłns plekke, dan oornag ons in Gibea of in Rama.â
14Hulle het toe deurgedruk en toe hulle regoor Gibea in Benjamin kom, gaan die son vir hulle onder.
15Hulle het daar ingedraai om in Gibea te gaan oornag. Hulle het by die stadsplein gekom en daar gaan sit. Niemand het hulle genooi om in sy huis te oornag nie.
16Daardie aand het daar 'n ou man van sy werk in die veld af in die stad ingekom. Hy was afkomstig uit die Efraimsberge en het as vreemdeling in Gibea gewoon. Die mense van Gibea was Benjaminiete.
17Die ou man het die reisiger op die stadsplein raakgesien en vir hom gesĂȘ: âWaarheen is jy op pad? Waarvandaan kom jy?â
18Toe sĂȘ hy vir die ou man: âOns is op pad van Betlehem in Juda af na die uithoeke van die Efraimsberge toe. Ek is van daar af, maar ek het na Betlehem in Juda gegaan, na die huis van die Here toe. Ek is op pad, maar niemand het my na sy huis toe genooi nie.
19Ek het genoeg voer vir die donkies, en kos en wyn vir my en die vrou en die slaaf. Ons kom niks kort nie.â
20Toe sĂȘ die ou man vir hom: âDis alles reg, maar wat jy sal gebruik, sal ek voorsien. Jy mag egter nie op die plein oornag nie.â
21Die ou man het hom toe in sy huis gevat en vir die donkies voer gegee. Die mense het hulle voete gewas, en toe het hulle geëet en gedrink.
22Net toe hulle begin vrolik raak, omsingel 'n klomp straatboewe van die stad die huis en hulle slaan op die deur. Hulle sĂȘ toe vir die ou man aan wie die huis behoort: âBring uit die man wat in jou huis gekom het. Ons wil geslagsgemeenskap met hom hĂȘ.â
23Die man aan wie die huis behoort, is na hulle toe uit en hy sĂȘ vir hulle: âNee, vriende, moenie hierdie man kwaad aandoen nadat hy in my huis ingekom het nie. Julle moet hom nie so 'n lae ding aandoen nie.
24Hier is my dogter, sy is nog 'n maagd, en die man se byvrou. Ek sal hulle uitbring, verkrag hulle. Doen met hulle wat julle wil, maar moenie hierdie lae ding aan die man doen nie.â
25Maar die mans wou nie na hom luister nie. Toe gryp die Leviet sy byvrou en stoot haar buitentoe na hulle toe. Hulle het met haar geslagsgemeenskap gehad en haar die hele nag deur tot die mĂŽre toe verrinneweer. Toe die rooidag breek, het hulle haar gelos.
26Teen die mĂŽre se kant het sy by die huis gekom en voor die deur van die huis waarin haar man was, neergeval en bly lĂȘ tot sonop.
27Toe haar man die mĂŽre opstaan en die huis se deur oopmaak om verder te reis, lĂȘ die vrou, sy byvrou, in die deur met haar hande op die drumpel.
28Hy sĂȘ toe vir haar: âStaan op dat ons kan vertrek,â maar sy het nie geroer nie. Hy tel haar toe op 'n donkie en maak klaar en vertrek na sy plek toe.
29Toe hy by die huis kom, vat hy 'n mes en die lyk van sy byvrou en sny haar op in twaalf stukke, lid vir lid, en stuur dit deur die hele gebied van Israel.
30Elkeen wat dit gesien het, het gesĂȘ: âSo iets het nog nooit gebeur vandat die Israeliete uit Egipte weggetrek het nie. Van toe af tot nou toe is so iets nog nie gesien nie. Ons moet dit ter harte neem. Ons moet 'n plan maak. Ons moet praat!â