Afrikaans 1983 Bible - 18 verses
1Rut se skoonma Naomi het vir haar gesĂȘ: âMy dogter, dit is my verantwoordelikheid om vir jou 'n heenkome te soek sodat dit met jou goed kan gaan.
2Kyk, Boas saam met wie se werksters jy gewerk het, is mos familie van ons. Hy dors vannag gars op die dorsvloer.
3Was jou, maak jou mooi en trek jou netjies aan en gaan na die dorsvloer toe. Moenie dat hy jou gewaar voordat hy klaar geëet en gedrink het nie.
4Wanneer hy gaan slaap, sorg dat jy weet waar hy gaan lĂȘ. Dan gaan jy soontoe en kruip by sy voete in. Hy sal jou dan sĂȘ wat jy moet doen.â
5Toe antwoord Rut: âEk sal doen wat u gesĂȘ het.â
6Sy het na die dorsvloer toe gegaan en alles gedoen wat haar skoonma vir haar gesĂȘ het.
7Nadat Boas geĂ«et en gedrink het, was hy baie vrolik en het hy langs die mied gaan lĂȘ. Rut het toe stilletjies gekom, sy voete oopgemaak en by sy voete ingekruip.
8Toe hy in die middel van die nag wakker skrik en omdraai, was hy baie verbaas toe hy 'n vrou by sy voete gewaar.
9Hy vra toe vir haar: âWie is jy?â en sy antwoord: âEk is Rut, ek is van u afhanklik, en u is my losser; neem my nou onder u beskerming.â
10Hy sĂȘ toe: âMag die Here jou seĂ«n, my dogter! Wat jy nou doen, naamlik dat jy agter geen jongman, arm of ryk, aanloop nie, is baie beter as die liefde wat jy aan die begin aan jou skoonma bewys het.
11Moet nou nie verder bekommerd wees nie, my dogter. Alles wat jy my vra, sal ek doen, want al die mense weet dat jy 'n goeie vrou is.
12Dit is waar dat ek jou losser is, maar nou is dit ook so dat daar 'n ander losser is wat nader familie is as ek.
13Slaap vannag hier. As hy dan mĂŽreoggend bereid is om as jou losser op te tree, goed, maar as hy nie wil nie, sal ek so seker as die Here leef, as losser optree. Bly hier tot mĂŽreoggend.â
14Sy het toe by sy voete bly lĂȘ tot die oggend, maar voordat dit lig genoeg was om iemand te herken, het sy opgestaan, âwant,â het Boas gesĂȘ, âdit moenie bekend word dat 'n vrou na die dorsvloer toe gekom het nie.â
15Hy het ook gesĂȘ: âBring die tjalie wat jy om het en hou dit oop.â Sy het dit oopgehou, en hy het ses en twintig kilogram gars vir haar daarin afgemeet en dit op haar rug getel. Hy is toe stad toe,
16en sy het na haar skoonma toe gegaan. Sy vra toe vir Rut: âHoe het dit toe gegaan, my dogter?â Sy het haar vertel wat Boas alles vir haar gedoen het en
17gesĂȘ: âHy het vir my hierdie ses en twintig kilogram gars gegee, want hy het gesĂȘ ek mag nie met leĂ« hande by my skoonma aankom nie.â
18Naomi sĂȘ toe: âWag maar en kyk wat nou gaan gebeur, my dogter. Die man sal beslis nie vandag rus voordat die saak afgehandel is nie.â