Afrikaans 1983 Bible - 27 verses
1Nadat die slaaf vooruitgeloop het, het Samuel 'n kruik olie gevat en dit oor Saul se kop uitgegiet, hom gesoen en gesĂȘ: âDie Here het jou tot regeerder oor sy besitting gesalf.
2Wanneer jy vandag van my af weggaan, sal jy by Selsag, by die graf van Ragel op die grens van Benjamin, twee mans teĂ«kom en hulle sal vir jou sĂȘ: âDie donkies wat jy gaan soek het, is gekry. Maar kyk, jou pa het die saak van die donkies al laat vaar. Hy is bekommerd oor julle en vra: Wat kan ek omtrent my seun doen?â
3âEn wanneer jy daarvandaan verder gaan, sal jy by Elon-Tabor kom. Daar sal jy drie mans teĂ«kom wat na God in Bet-El opgaan. Die een sal drie bokkies dra, die ander een drie ringbrode en die derde 'n kruik wyn.
4Hulle sal vra hoe dit met jou gaan. Dan sal hulle jou twee brode gee, en jy moet dit van hulle aanneem.
5Daarna sal jy uitkom by Gibea-van-God waar wagposte van die Filistyne is. Wanneer jy die stad binnekom, sal jy op 'n groep profete afkom. Hulle sal van die hoogte af gaan onder begeleiding van harpe, tamboeryne, fluite en liere, en hulle sal as profete optree.
6âDan sal die Gees van die Here kragtig in jou werk. Jy sal saam met hulle as profeet optree en 'n ander mens word.
7Wanneer hierdie tekens oor jou kom, moet jy doen wat jou hand vind om te doen, want God is by jou.
8Daarna moet jy voor my na Gilgal toe gaan en ek sal later kom om brandoffers te offer en maaltydoffers te bring. Jy moet sewe dae wag tot ek by jou kom. Dan sal ek jou sĂȘ wat jy moet doen.â
9Net toe hy omdraai om van Samuel af weg te gaan, het God Saul se gesindheid verander. Al hierdie tekens het op dié dag uitgekom.
10Hulle het daar in Gibea gekom, en toe hy weer sien, kom 'n groep profete hom tegemoet. Die Gees van God het kragtig in hom gewerk, en hy het saam met hulle as profeet opgetree.
11Almal wat hom voorheen geken het en nou gesien het hoe hy saam met die profete as profeet optree, het vir mekaar gevra: âWat het met Kis se seun gebeur? Is Saul ook onder die profete?â
12En iemand uit die omgewing het bygevoeg: âEn waarvandaan kom hulle nogal?â Daarom het dit 'n spreekwoord geword: Is Saul ook onder die profete?
13Toe hy klaar as profeet opgetree het, het hy na die hoogte toe gegaan.
14Saul se oom het vir hom en sy slaaf gevra: âWaarheen was julle?â Saul het geantwoord: âOns het die donkies gaan soek, maar ons het niks gesien nie en het toe na Samuel toe gegaan.â
15Saul se oom sĂȘ toe: âVertel my tog wat Samuel vir julle gesĂȘ het.â
16âHy het ons verseker dat die donkies gekry is,â het Saul vir sy oom gesĂȘ. Maar oor die saak van die koningskap wat Samuel genoem het, het Saul niks gesĂȘ nie.
17Daarna het Samuel die volk by Mispa na die Here toe geroep.
18Hy het vir die Israeliete gesĂȘ: âSo het die Here die God van Israel gesĂȘ: Ek het Israel uit Egipte laat optrek en julle gered uit die mag van Egipte en al die koninkryke wat vir julle verdruk het.
19Maar deurdat julle sĂȘ: âNee, U móét 'n koning oor ons aanstel,â verwerp julle vandag julle God wat vir julle uit alle gevare en verdrukking verlos het. Kom staan dan nou voor die Here volgens julle stamme en julle onderafdelings.â
20Samuel het al die stamme van Israel laat nader kom, en die stam Benjamin is aangewys.
21Samuel het die stam Benjamin volgens sy families laat nader kom, en die familie van Matar is aangewys. Vervolgens is Saul seun van Kis aangewys, maar toe hulle hom soek, was hy weg.
22Hulle het die Here gevra: âMoet hy nog kom?â Die Here het geantwoord: âNee, hy is al hier. Hy kruip weg tussen die bondels goed.â
23Hulle het gehardloop en hom daarvandaan gebring en hom tussen die volk laat staan. Hy was 'n kop langer as enige van sy volksgenote.
24Samuel sĂȘ toe vir die hele volk: âSien julle die een vir wie die Here uitgekies het? Daar is niemand soos hy onder die hele volk nie!â Toe juig almal en sĂȘ: âLank lewe die koning!â
25Samuel het hierna die reg van die koning aan die volk bekend gemaak, dit in 'n boek opgeteken en voor die Here neergesit. Daarna het Samuel die hele volk weggestuur, elkeen na sy woonplek toe.
26Ook Saul het na sy huis toe gegaan in Gibea. Die dapperes wie se hart deur God geroer is, het saam met hom gegaan.
27Maar die kwaadwilliges het gevra: âHoe sal hĂœ ons red?â Hulle het hom met minagting behandel en geen geskenk vir hom gebring nie, maar daaraan het Saul hom nie gesteur nie.