Afrikaans 1983 Bible - 25 verses
1Samuel het vir die hele Israel gesĂȘ: âKyk, ek het aan julle versoek toegegee; soos julle vir my gevra het, het ek 'n koning oor julle aangestel.
2Hier is die koning dan nou. Hy sal julle lei. Maar ek het oud en grys geword en my seuns is hier saam met julle. Ek het julle van my jeug af tot nou toe gelei.
3LĂȘ dan nou getuienis teen my af in die teenwoordigheid van die Here en sy gesalfde. Van wie het ek 'n os gevat? Van wie het ek 'n donkie gevat? Wie het ek benadeel of wie het ek verdruk? Uit wie se hand het ek omkoopgeld aangeneem om 'n onreg oor te sien? Ek sal dit terugbetaal.â
4Toe antwoord hulle: âU het ons nie benadeel en ons ook nie verdruk nie. U het van niemand iets gevat nie.â
5Verder sĂȘ Samuel vir hulle: âDie Here is hier by julle getuie, en sy gesalfde is vandag ook getuie dat julle niks teen my gevind het nie.â En hulle sĂȘ: âHy is getuie.â
6Samuel sĂȘ toe vir die volk: âDie Here deur wie Moses en AĂ€ron gemaak is wat hulle was, en deur wie julle voorgeslag uit Egipte gebring is, is getuie.
7Kom staan nou hier dat ek julle voor die Here kan onderrig op grond van al die reddingsdade van die Here wat Hy vir julle en julle voorgeslag gedoen het.
8âNadat Jakob in Egipte gekom het, het julle voorvaders na die Here geroep om hulp. Die Here het toe vir Moses en AĂ€ron gestuur, en hulle het julle voorvaders uit Egipte uit gelei en in hierdie land laat woon.
9Maar julle voorvaders het die Here hulle God vergeet. Hy het hulle oorgegee in die mag van Sisera, die leëraanvoerder van Hasor, en in die mag van die Filistyne en van die koning van Moab, wat almal teen julle voorvaders oorlog gemaak het.
10Hulle het na die Here geroep om hulp en het bely: âOns het gesondig, want ons het die Here verlaat en ons het die BaĂ€ls en die Astartes gedien. Red ons tog nou uit die mag van ons vyande, en ons sal U dien.â
11Toe het die Here vir JerubbaÀl, Barak, Jefta en Samuel gestuur en julle bevry uit die mag van julle vyande rondom julle sodat julle rustig kon woon.
12Toe julle sien dat koning Nagas van die Ammoniete teen julle optrek, het julle vir my gesĂȘ: âNee, daar moet 'n koning oor ons heers,â hoewel die Here julle God tog julle koning is.
13âHier is dan nou die koning vir wie julle verkies het, op wie julle aangedring het. Kyk, die Here het 'n koning oor julle aangestel.
14As julle eerbied aan die Here betoon, Hom dien en na sy stem luister en julle ook nie verset teen die bevel van die Here nie, julle sowel as die koning wat oor julle regeer, sal die Here julle God by julle wees.
15As julle nie na die stem van die Here luister nie en ongehoorsaam is aan die bevel van die Here, sal die Here teen julle wees, soos teen julle voorvaders.
16âStaan nog net 'n rukkie en let op hierdie groot ding wat die Here voor julle oĂ« gaan doen.
17Hoewel dit nou nie reĂ«ntyd is nie, gaan ek die Here aanroep sodat Hy donderslae en 'n stortreĂ«n gee. Kyk daarna en besef dan dat julle in die oĂ« van die Here 'n baie verkeerde ding gedoen het deur vir julle 'n koning te vra.â
18Samuel het die Here aangeroep, en die Here het op dieselfde dag donderslae en 'n stortreën gegee, en die hele volk het groot ontsag gekry vir die Here, en ook vir Samuel.
19Die hele volk het vir Samuel gesĂȘ: âBid tot die Here u God vir ons sodat ons nie sterwe nie, want by al ons sondes het ons nog boonop 'n verkeerde ding gedoen deur vir ons 'n koning te vra.â
20Samuel sĂȘ toe vir die volk: âMoenie bang wees nie, julle het nou wel hierdie verkeerde dinge gedoen, maar moet nou net nie van die Here af wegdraai nie. Dien die Here met julle hele hart.
21Moenie agter afgode aan wegdraai nie. Hulle kan nie help of red nie, want hulle is niks.
22Ter wille van sy groot Naam sal die Here nie sy volk prysgee nie. Die Here het besluit om julle sy volk te maak.
23Ook ek sal nie teen die Here sondig deur op te hou om vir julle te bid nie. Ek sal julle aanhou onderrig in die goeie en reguit pad.
24Wees net gehoorsaam aan die Here en dien Hom opreg en met julle hele hart. Let op die groot dinge wat Hy vir julle gedoen het.
25Maar as julle opsetlik verkeerd doen, sal julle sowel as julle koning uitgewis word.â