Afrikaans 1983 Bible - 21 verses
1Hierna het die woord van die Here in 'n gesig tot Abram gekom: âMoenie bang wees nie, Abram, Ek beskerm jou! Jou beloning sal baie groot wees.â
2Toe sĂȘ Abram: âHere my God, wat kan U vir my gee? Ek sal kinderloos sterf, en EliĂ«ser die man uit Damaskus sal my besittings kry.â
3Abram het verder gesĂȘ: âU het nie vir my 'n nageslag gegee nie. 'n Slaaf uit my huis sal my erfgenaam wees.â
4Maar die woord van die Here het tot Abram gekom: âDaardie een sal nie jou erfgenaam wees nie. Een wat jou eie nasaat is, hy sal jou erfgenaam wees.â
5Toe het die Here vir Abram buitentoe laat gaan en vir hom gesĂȘ: âKyk op na die hemel en tel die sterre as jy kan.â Verder sĂȘ die Here vir hom: âSo baie sal jou nageslag wees.â
6Abram het toe in die Here geglo, en die Here het dit goedgevind dat Abram so volgens die wil van die Here gehandel het.
7Hy het vir Abram gesĂȘ: âEk is die Here wat jou uit Ur van die GaldeĂ«rs laat wegtrek het om hierdie land aan jou te gee as jou besitting.â
8Maar Abram vra: âHoe sal ek weet dat ek dit sal besit, Here my God?â
9Toe beveel die Here hom: âBring vir My 'n vers, 'n bok en 'n skaapram, almal drie jaar oud, en 'n tortelduif en 'n jong duif.â
10Abram het dit alles vir die Here gebring en dit middeldeur gesny. Hy het elke helfte teenoor die ander helfte neergesit. Die voëls het hy nie verdeel nie.
11Die roofvoëls het op die karkasse begin toesak, maar Abram het hulle weggejaag.
12Teen sononder het 'n diep slaap Abram oorval; angs, 'n groot donkerte het hom oorweldig.
13Toe sĂȘ die Here vir Abram: âWeet beslis dat jou nageslag vreemdelinge sal wees in 'n land wat nie aan hulle behoort nie. Daar sal hulle slawe wees en onderdruk word, vier honderd jaar lank.
14Maar Ek sal die nasie straf wat van jou nageslag slawe maak, en dan sal hulle met baie besittings wegtrek.
15Jy sal in vrede sterf en op 'n hoë ouderdom begrawe word.
16Die vierde geslag nĂĄ jou sal hiernatoe terugkom. Dan eers sal die ongeregtigheid van die Amoriete sy volle maat bereik het.â
17Toe die son ondergegaan het en dit donker was, gaan daar skielik 'n oond wat rook en 'n fakkel wat brand, tussen die stukke vleis deur.
18Op daardie dag het die Here 'n verbond gesluit met Abram en vir hom gesĂȘ: âAan jou nageslag gee Ek hierdie land, van Egiptespruit af tot by die Eufraat, die groot rivier;
19die land van die Keniete, die Kenissiete en die Kadmoniete,
20die Hetiete, die Feresiete en die RefaĂŻete,
21die Amoriete, die KanaĂ€niete, die Girgasiete en die Jebusiete.â