Afrikaans 1983 Bible - 16 verses
1Sarai het nog nie vir haar man Abram 'n kind in die wĂȘreld gebring gehad nie. Sy het 'n Egiptiese slavin met die naam Hagar gehad.
2Toe sĂȘ Sarai vir Abram: âDie Here het my nou eenmaal daarvan weerhou om kinders te kan hĂȘ. Gaan slaap by my slavin. Miskien bring sy 'n kind in die wĂȘreld wat my eie kan word.â En Abram het saamgestem met sy vrou.
3Abram was al tien jaar in KanaÀn toe Sarai, die vrou van Abram, self vir Hagar, haar Egiptiese slavin, gevat en vir haar man Abram as vrou gegee het.
4Hy het by Hagar gaan slaap, en sy het swanger geword. Toe sy agterkom sy is swanger, het sy haar eienares geminag.
5Toe sĂȘ Sarai vir Abram: âJy dra die skuld vir hierdie onreg wat ek moet verduur. Ek het my slavin vir jou gegee om met haar gemeenskap te hĂȘ, en noudat sy agterkom sy is swanger, minag sy my. Mag die Here hierdie saak tussen my en jou uitwys.â
6Maar Abram sĂȘ vir Sarai: âJou slavin staan onder jou. Doen met haar soos jy goeddink.â Sarai het haar slavin toe sleg behandel, en sy het weggeloop.
7Die Engel van die Here het vir Hagar ontmoet by 'n fontein in die woestyn, die fontein langs die pad na Sur toe,
8en vir haar gevra: âHagar, slavin van Sarai, waar kom jy vandaan en waar gaan jy heen?â Toe antwoord sy: âEk loop van my eienares Sarai af weg,â
9en die Engel van die Here sĂȘ vir haar: âGaan terug na jou eienares toe en onderwerp jou aan haar gesag.â
10Verder het die Engel van die Here vir haar gesĂȘ: âEk sal jou nageslag so baie maak dat hulle te veel sal wees om te tel.â
11En toe sĂȘ die Engel van die Here ook nog vir haar: âKyk, jy is swanger; jy sal 'n seun in die wĂȘreld bring. Jy moet hom Ismael noem, want die Here het van jou swaarkry gehoor.
12Jou seun sal 'n man wees so ontembaar soos 'n wildedonkie: hy sal teen almal wees, en almal sal teen hom wees. Hy sal in vyandskap leef met sy bloedverwante.â
13Hagar het toe die Naam van die Here wat daar met haar gepraat het, aangeroep en gesĂȘ: âU is 'n God wat my sien, hier het ek Hom gesien wat my gesien het.â
14Daarom word die fontein genoem Lagai-RoĂŻ-fontein. Die fontein is tussen Kades en Bered.
15Hagar het vir Abram 'n seun in die wĂȘreld gebring, en Abram het sy seun wat Hagar in die wĂȘreld gebring het, Ismael genoem.
16Abram was ses en tagtig toe Hagar vir Ismael vir hom in die wĂȘreld gebring het.