Afrikaans 1983 Bible - 18 verses
1Abraham het van Mamre af weggetrek na die Suidland toe en hom tussen Kades en Sur gaan vestig. Toe hy op 'n keer in Gerar gewoon het,
2het hy voorgegee sy vrou Sara is sy suster. Koning Abimelek van Gerar het haar toe laat haal om met haar te trou.
3Een nag het God in 'n droom aan Abimelek verskyn en vir hom gesĂȘ: âJy gaan sterf omdat jy met hierdie vrou wil trou. Sy is al getroud.â
4Abimelek het nog nie met haar geslagsgemeenskap gehad nie en hy het gesĂȘ: âHere, sal U selfs 'n onskuldige nasie uitroei?
5Abraham het dan self vir my gesĂȘ: âSy is my suster.â En sy het self gesĂȘ: âHy is my broer.â Ek het dit onskuldig en sonder slegte bedoelings gedoen.â
6Toe het God vir hom in 'n droom gesĂȘ: âJa, Ek weet dat jy dit onskuldig gedoen het. Daarom het Ek jou daarvan weerhou om teen My te sondig en het Ek jou nie toegelaat om aan haar te raak nie.
7Gee nou die vrou terug aan haar man. Hy is 'n profeet. Hy sal vir jou bid dat jy kan bly lewe. Maar as jy haar nie teruggee nie, moet jy weet jy sal beslis sterf, jy en almal wat by jou is.â
8Die mĂŽre vroeg het Abimelek sy amptenare geroep en alles vir hulle openlik vertel, en hulle het baie bang geword.
9Hy het vir Abraham geroep en vir hom gesĂȘ: âWat het jy ons aangedoen? Wat het ek aan jou gedoen wat verkeerd is dat jy hierdie groot ellende oor my en my koninkryk gebring het? Wat jy my aangedoen het, is onbehoorlik.â
10Verder het Abimelek vir hom gesĂȘ: âWat het jou besiel om so iets aan te vang?â
11Toe het Abraham gesĂȘ: âEk het gedink hier is niemand wat vir God dien nie en die mense sal my doodmaak oor my vrou.
12Sy is regtig my suster: sy is my pa se dogter, maar nie my ma s'n nie. Ek is met haar getroud.
13Toe God my uit my vaderland laat wegtrek het, het ek vir haar gesĂȘ: Jy kan wys dat jy my liefhet deur op elke plek waar ons kom, van my te sĂȘ: Hy is my broer.â
14Abimelek het toe kleinvee en grootvee, slawe en slavinne gevat en vir Abraham gegee en Sara ook aan haar man teruggegee.
15Toe sĂȘ Abimelek vir hom: âMy land lĂȘ oop voor jou. Bly net waar jy wil.â
16Vir Sara het Abimelek gesĂȘ: âEk gee aan jou broer duisend stukke silwer. Dit is om almal wat by jou is, te laat stilbly en om te wys alles is in orde.â
17Abraham het toe tot God gebid, en Hy het vir Abimelek gesond gemaak, ook sy vrou en sy slavinne, en toe kon hulle weer kinders hĂȘ.
18Dit was nadat die Here elke vrou in die huis van Abimelek daarvan weerhou het om kinders te hĂȘ. Die Here het dit gedoen oor wat gebeur het met Sara die vrou van Abraham.