Afrikaans 1983 Bible - 23 verses
1'n Ruk nadat Josef in die tronk gesit is, het 'n skinker en 'n bakker van Egipte se koning verkeerd opgetree teenoor hulle koning.
2Die farao het kwaad geword vir sy twee amptenare, die hoof van die skinkers en die hoof van die bakkers.
3Hy het hulle in dieselfde tronk laat sit waarin Josef opgesluit was, in die gebou van die koninklike lyfwag.
4Die hoof van die lyfwag het Josef vir hulle beskikbaar gestel: hy moes hulle bedien. Toe hulle al lank in die tronk was,
5het die twee een nag gedroom. Die skinker en die bakker van die koning van Egipte het daar waar hulle in die tronk opgesluit was, elkeen sy eie droom gehad met sy eie uitleg.
6Josef het die volgende mĂŽre by hulle gekom en opgemerk dat hulle bedruk was.
7Hy het vir die twee wat saam met hom in die tronk was, die amptenare van die farao, gevra: âWaarom lyk julle vandag so bedruk?â
8Hulle het hom geantwoord: âOns het elkeen 'n droom gehad en ons weet nie wat dit beteken nie.â Toe sĂȘ Josef vir hulle: âGod ken julle drome se uitleg. Vertel die drome vir my.â
9Die hoof van die skinkers het sy droom vir Josef vertel. Die skinker het gesĂȘ: âIn my droom het ek 'n wingerdstok voor my gesien,
10en aan die wingerdstok was daar drie lote. Dit het kwalik gebot of daar was al blomme, en toe is die trosse druiwe ryp.
11Ek het die farao se beker in my hand gehad en ek het die druiwe gepluk en daarin uitgedruk. Toe gee ek die beker vir die farao.â
12Josef het vir die skinker gesĂȘ: âDit is die uitleg: die drie lote is drie dae.
13Oor drie dae sal die farao aan jou aandag gee en jou in jou amp herstel. Jy sal weer vir die farao sy beker aangee soos vroeër toe jy sy skinker was.
14Maar wanneer dit goed gaan met jou, moet jy aan my dink en moet jy my 'n guns bewys. Jy moet my saak vir hom stel en sorg dat ek uit hierdie plek uitkom.
15Ek is uit die land van die HebreĂ«rs gesteel en ook hier het ek niks gedoen waaroor hulle my in hierdie gat kon gooi nie.â
16Toe die hoof van die bakkers die gunstige uitleg hoor wat Josef gegee het, sĂȘ hy vir hom: âEn nou ek! In my droom was daar drie mandjies met brood op my kop.
17In die boonste mandjie was daar 'n geurige baksel vir die farao. Maar die voĂ«ls het dit so uit die mandjie uit op my kop kom opvreet.â
18Josef het vir die bakker gesĂȘ: âDit is die uitleg: die drie mandjies is drie dae.
19Oor drie dae sal die farao aan jou aandag gee, maar vir jĂłĂș sal hy aan 'n paal laat ophang en die voĂ«ls sal jou vleis van jou afvreet.â
20Drie dae later was dit die farao se verjaarsdag en hy het al sy amptenare op 'n groot ete onthaal. Daar voor sy amptenare het hy aandag gegee aan die saak van die skinker en die bakker.
21Hy het die hoof van die skinkers in sy amp as skinker herstel, en die skinker het weer vir die farao sy beker aangegee,
22maar hy het die hoof van die bakkers laat ophang. Dit alles het gebeur soos Josef vir die twee hulle drome uitgelĂȘ het.
23Maar die hoof van die skinkers het nie aan Josef gedink nie, hy het van Josef vergeet.