Afrikaans 1983 Bible - 38 verses
1Toe Jakob verneem dat daar graan in Egipte is, sĂȘ hy vir sy seuns: âWaarom sit julle vir mekaar en kyk?â
2Hy het verder vir hulle gesĂȘ: âEk het gehoor daar is graan in Egipte. Gaan soontoe en koop daar vir ons koring dat ons aan die lewe kan bly, anders sterf ons.â
3Tien broers van Josef is toe weg na Egipte toe om koring te gaan koop.
4Jakob het nie Josef se broer Benjamin saamgestuur nie, âwant,â het hy gesĂȘ, ânetnou gebeur daar iets met hom!â
5Die seuns van Israel het saam met ander mense gegaan wat ook koring in Egipte wou gaan koop omdat daar hongersnood was in die hele KanaÀn.
6Josef was in beheer van Egipte en hy het self die graan aan die mense verkoop. Sy broers het dus na hom toe gegaan en diep voor hom gebuig.
7Toe hy sy broers sien, het hy hulle herken. Maar hy het hulle nie laat agterkom wie hy is nie. Hy het hulle bars aangespreek en gevra: âWaarvandaan is julle?â Hulle het hom geantwoord: âOns is van KanaĂ€n. Ons kom koop graan.â
8Josef het sy broers herken, maar hulle het hom nie herken nie.
9Hy het aan sy drome van vroeĂ«r gedink en vir hulle gesĂȘ: âJulle is spioene. Julle het net kom kyk waar die land maklik ingeval kan word.â
10Maar hulle het vir hom gesĂȘ: âNee, Meneer, ons is u onderdane. Ons het net kom graan koop.
11Ons almal het dieselfde pa. Ons is eerlike mense. Ons is nie spioene nie.â
12Josef sĂȘ toe vir hulle: âDit is nie. Julle het net kom kyk waar die land maklik ingeval kan word.â
13Hulle het geantwoord: âOns was twaalf broers. Ons het dieselfde pa, 'n man in KanaĂ€n. Die jongste is nou nog by hom, en die een leef nie meer nie.â
14Toe sĂȘ Josef vir hulle: âJulle is wat ek vir julle gesĂȘ het, julle is spioene!
15Hieraan sal ek julle toets: So seker as die farao leef, julle sal nie hier weggaan voordat julle jongste broer hierheen gebring is nie.
16Stuur een van julle om hom te gaan haal. Julle ander sal gevange gehou word. So sal ek vasstel of julle die waarheid praat of nie. So seker as die farao leef: Julle is spioene.â
17Josef het hulle drie dae lank aangehou
18en op die derde dag sĂȘ hy toe vir hulle: âEk dien God! Op hierdie voorwaarde kan julle bly lewe:
19as julle eerlike mense is, moet een van julle in die tronk agterbly. Julle ander moet dan graan wegbring vir julle honger huismense.
20Dan moet julle julle jongste broer na my toe bring. Dan sal ek julle glo, en julle sal nie sterf nie.â Hulle het ingestem
21en vir mekaar gesĂȘ: âDit het ons nou van alles wat ons destyds ons broer aangedoen het. Ons het sy angs gesien toe hy ons om genade gesmeek het, maar ons het nie geluister nie. Nou sit ons met dieselfde angs.â
22Toe sĂȘ Ruben vir hulle: âEk het julle mos gesĂȘ julle moet julle nie aan die kind vergryp nie. Maar julle wou nie luister nie, en daarom word sy dood nou op ons gewreek.â
23Omdat Josef deur 'n tolk met hulle gepraat het, het hulle nie besef dat hy verstaan wat hulle sĂȘ nie.
24Josef het van hulle af weggegaan en gaan huil. Daarna het hy teruggekom na hulle toe en weer met hulle gepraat. Toe het hy vir Simeon gevat en hom voor hulle oë in die tronk gesit.
25Josef het opdrag gegee dat die broers se sakke vol koring gemaak moet word en dat elkeen se geld in die sakke teruggesit moet word. Daar moes ook padkos vir hulle gegee word. Alles is so gedoen vir hulle.
26Toe laai hulle die graan op hulle donkies en vertrek van daar af.
27Die aand toe een van die broers sy sak oopmaak om sy donkie te voer, sien hy die geld bo in die sak.
28Toe sĂȘ hy vir sy broers: âKom kyk hier! My geld is teruggesit in die sak.â Hulle was radeloos, en doodgeskrik sĂȘ hulle vir mekaar: âWat het God ons nou aangedoen?â
29Toe hulle by hulle pa Jakob in KanaÀn aankom, het hulle alles wat met hulle gebeur het, vir hom vertel:
30âDie man in bevel van daardie land het ons bars aangespreek en ons vir spioene gehou,
31maar ons het vir hom gesĂȘ dat ons eerlike mense is en nie spioene nie.
32Ons was twaalf broers en ons het dieselfde pa. Die een broer leef nie meer nie, en die jongste is by Pa in KanaÀn.
33Maar die man in bevel van daardie land het vir ons gesĂȘ: Hieraan sal ek weet of julle eerlike mense is: een van julle moet hier by my bly. Julle ander moet die kos vir julle honger mense gaan wegbring.
34Bring dan julle jongste broer na my toe. Dan sal ek weet julle is nie spioene nie maar eerlike mense. Dan sal ek julle broer teruggee en mag julle vry rondbeweeg in die land.â
35Toe die seuns hulle graansakke leegmaak, kry elkeen sy beursie met geld in sy sak. Toe hulle dit sien, was hulle en hulle pa baie bang,
36en het hy vir hulle gesĂȘ: âJulle maak my kinderloos. Josef leef nie meer nie, Simeon is nie meer hier nie, en nou wil julle nog vir Benjamin ook wegvat! En ek ly daaronder.â
37Maar Ruben het vir sy pa gesĂȘ: âPa kan albei my seuns om die lewe bring as ek nie vir Benjamin na Pa toe terugbring nie. Maak my verantwoordelik vir hom, en ek sal hom vir Pa terugbesorg.â
38Jakob het net gesĂȘ: âSy broer is dood. My seun gaan nie saam met julle nie. Hy is al wat vir my oor is. As iets hom op die pad moet oorkom, sal ek deur julle toedoen in my ouderdom van verdriet sterf.â