Afrikaans 1983 Bible - 53 verses
1Koning Dawid was al baie oud en selfs as hulle hom goed toegemaak het, het hy nie warm geword nie.
2Sy amptenare sĂȘ toe vir hom: âLaat hulle vir U Majesteit 'n jongmeisie soek wat u kan bedien en oppas. Sy kan by u slaap, sodat u weer warm kan word.â
3Nadat hulle deur die hele gebied van Israel gaan soek het na 'n mooi meisie, het hulle vir Abisag, 'n meisie uit Sunem, gekry en haar na die koning toe gebring.
4Hierdie meisie was baie mooi en sy het die koning opgepas en versorg, maar die koning het nooit geslagsgemeenskap met haar gehad nie.
5Intussen het Adonia, seun van Dawid en sy vrou Gaggit, ewe hoogmoedig by homself gedink: ek gaan binnekort koning wees. Hy skaf toe vir hom 'n strydwa met ruiters aan, en vyftig man om voor hom uit te hardloop.
6Sy vader het hom van kleins af nooit berispe of vir hom gevra: âHoekom maak jy so?â nie. Adonia, die jonger broer van Absalom, was 'n baie mooi man.
7Hy het met Joab seun van Seruja en met die priester Abjatar onderhandel, en hulle het hom ondersteun.
8Maar die priester Sadok, Benaja seun van Jojada, die profeet Natan, SimeĂŻ, ReĂŻ en Dawid se lyfwagte was nie aan Adonia se kant nie.
9Adonia het skape, beeste en vetgemaakte kalwers geslag by Sogeletrots langs Rogelfontein en toe al die koning se seuns, sy broers, daarheen genooi, en ook al die manne van Juda wat in die koning se diens was.
10Maar hy het die profeet Natan, Benaja, die lyfwagte en sy broer Salomo nie genooi nie.
11Natan sĂȘ toe vir Batseba, Salomo se moeder: âHet jy gehoor Adonia seun van Gaggit het koning geword, en koning Dawid weet daar niks van nie!
12Laat ek jou nou goeie raad gee sodat jy jou eie lewe en jou seun Salomo s'n kan red.
13Gaan na koning Dawid toe en sĂȘ vir hom: âU Majesteit, u het mos vir my met 'n eed beloof my seun Salomo sal na u koning word en dit is hy wat op u troon sal sit. Hoe is dit dan dat Adonia nou koning geword het?â
14En terwyl jy nog met die koning praat, sal ek agter jou inkom en die saak verder voer.â
15Toe het Batseba by die koning in sy kamer ingegaan. Die koning was baie oud, en Abisag die Sunemmitiese meisie was besig om die koning te versorg.
16Batseba het ingekom en voor die koning gebuig. Die koning sĂȘ toe: âWat kan ek vir jou doen?â
17Sy sĂȘ vir hom: âU Majesteit, u het mos tog voor die Here u God vir my met 'n eed beloof dat my seun Salomo na u koning sal word, en dat dit hy is wat op u troon sal sit.
18Maar nou het Adonia koning geword sonder dat u iets daarvan weet.
19Hy het 'n klomp beeste en kalwers en skape geslag en hy het al die prinse en die priester Abjatar en vir Joab, die hoof van die leër, daarheen genooi. Maar vir Salomo het hy nie genooi nie.
20U Majesteit, die hele Israel kyk nou op na u om vir hulle aan te wys wie u troon nĂĄ u sal bestyg.
21Moet ek en my seun Salomo dan, nadat u in u graf gelĂȘ is, as misdadigers behandel word?â
22Terwyl sy nog met die koning praat, kom die profeet Natan daar aan.
23Iemand sĂȘ toe vir die koning: âHier is die profeet Natan.â Natan kom toe nader en buig diep voor die koning
24en sĂȘ: âU Majesteit, het u ooit gesĂȘ Adonia moet nĂĄ u koning wees en dit is hy wat op u troon moet sit?
25Hy het vandag gegaan en 'n klomp beeste en kalwers en skape geslag, en hy het al die prinse en die leĂ«rhoofde en die priester Abjatar genooi. Hulle eet en drink daar saam met hom en hulle roep: âLank lewe koning Adonia!â
26Maar vir my en die priester Sadok en Benaja seun van Jojada, en Salomo het hulle nie genooi nie.
27As hierdie optrede met u toestemming plaasvind, dan het u ons nie ingelig oor wie nĂĄ u op u troon moet sit nie.â
28Toe sĂȘ koning Dawid: âRoep vir Batseba hier na my toe.â Sy het nader gekom en voor die koning gaan staan.
29Toe lĂȘ die koning 'n eed af en sĂȘ: âSo seker as die Here leef wat my uit alle benoudheid verlos het:
30soos ek vir jou met 'n eed voor die Here die God van Israel bevestig het dat jou seun Salomo nĂĄ my koning sal word, en dat hy in my plek op die troon sal sit, so doen ek dit nou weer.â
31Batseba het voor die koning gekniel en gebuig en sy het gesĂȘ: âMag koning Dawid baie lank lewe.â
32Toe gee koning Dawid opdrag: âGaan roep vir my die priester Sadok en die profeet Natan en Benaja seun van Jojada.â Toe hulle by die koning kom,
33sĂȘ hy vir hulle: âVat my lyfwagte saam met julle en laat my seun Salomo op my eie muil ry. Vat vir Salomo na die Gihonfontein toe
34en laat die priester Sadok en die profeet Natan hom daar tot koning oor Israel salf. Dan moet julle die ramshoring blaas en roep: âLank lewe koning Salomo!â
35Julle moet agter hom aangaan, en hy moet binnegaan en op my troon gaan sit, want dit is hy wat my as koning opvolg. Ek gee opdrag dat hĂœ heerser moet wees van Israel en Juda.â
36Benaja seun van Jojada sĂȘ toe: âSo is dit, en mag die Here u God ook so sĂȘ.
37Mag Hy by Salomo wees soos Hy by u was. Mag Hy die heerskappy van Salomo nog groter maak as koning Dawid s'n.â
38Die priester Sadok, die profeet Natan en Benaja seun van Jojada en die koninklike lyfwag het toe so gemaak. Hulle het Salomo op koning Dawid se muil laat ry en hom by Gihonfontein gebring.
39Die priester Sadok het 'n horing vol olie uit die heiligdom saamgebring en hy het vir Salomo gesalf. Toe blaas hulle die ramshoring, en die mense roep: âLank lewe koning Salomo!â
40Hulle gaan toe almal agter hom aan terwyl hulle op fluite blaas en juig dat die aarde daarvan dreun.
41Adonia en sy gaste was net klaar met eet toe hulle dit hoor. Toe Joab die ramshoring hoor, vra hy: âWat is die stad so rumoerig?â
42Hy het nog gepraat toe Jonatan seun van die priester Abjatar daar aankom. Adonia sĂȘ toe vir hom: âKom nader. Jy is mos 'n wakker man. Jy bring seker goeie nuus.â
43Jonatan het vir Adonia geantwoord: âInteendeel! Koning Dawid het vir Salomo koning gemaak!
44Die koning het die priester Sadok, die profeet Natan, Benaja seun van Jojada, en die koninklike lyfwag saam met hom gestuur. Hulle het hom op die koning se muil laat ry,
45en die priester Sadok en die profeet Natan het hom by Gihonfontein tot koning gesalf. Daarvandaan het hulle met 'n gejuig teruggegaan. Dit is die rumoer wat julle in die stad gehoor het.
46Salomo sit nou op die troon.
47Die amptenare van die koning het ook gekom om koning Dawid geluk te wens. Hulle het gesĂȘ: âMag u God vir Salomo nog beroemder maak as vir u en sy regering nog roemryker as diĂ© van u.â Die koning het op sy bed gekniel
48en gesĂȘ: Aan die Here die God van Israel kom die lof toe, Hy wat gegee het dat daar vandag iemand op my troon sit en dat my eie oĂ« dit kan sien.â
49Toe het die gaste van Adonia almal verskrik opgespring en gemaak dat hulle wegkom.
50Omdat Adonia bang was vir Salomo, het hy aan die horings van die altaar gaan vashou.
51Iemand het vir Salomo kom vertel: âAdonia is bang vir u, koning Salomo. Hy klou aan die horings van die altaar vas en hy sĂȘ: Koning Salomo moet eers vir my met 'n eed bevestig dat hy my nie sal doodmaak nie.â
52âAs hy hom goed gedra,â sĂȘ Salomo toe, âsal daar nie aan 'n haar op sy kop geraak word nie. Maar as hy kwaad doen, moet hy dood.â
53Koning Salomo het beveel dat hulle hom by die altaar moet gaan haal. Toe hy by koning Salomo kom, het Adonia voor hom gebuig. En Salomo sĂȘ vir hom: âGaan bly by jou huis!â