Afrikaans 1983 Bible - 47 verses
1Toe Dawid se einde nader, het hy sy seun Salomo beveel:
2âNoudat ek die pad van alle mense moet gaan, moet jy sterk wees en soos 'n man optree.
3Hou jou aan wat die Here jou God jou voorskryf en lewe daarvolgens. Gehoorsaam sy voorskrifte, sy gebooie, sy bepalings en sy verordenings soos dit opgeskryf is in die wet van Moses. Dan sal jy voorspoedig wees in alles wat jy doen en oral waar jy gaan.
4Dan sal die Here sy beloftes vervul. Hy het vir my gesĂȘ: âAs jou nakomelinge nougeset leef en met hart en siel aan My getrou bly, sal daar altyd een uit jou nageslag as koning oor Israel regeer!â
5âJy weet self wat Joab seun van Seruja my aangedoen het, wat hy gedoen het met die twee leĂ«rhoofde van Israel, met Abner seun van Ner en met Amasa seun van Jitra: hy het hulle vermoor, hy het hulle in vredestyd doodgemaak asof daar oorlog was. Hy het hulle onskuldige bloed op die gordel om sy lyf en op die skoene aan sy voete laat spat.
6Doen met hom soos jy dit goedvind. Moenie sy lewe spaar net omdat hy oud is nie.
7âJy moet goed wees vir die seuns van Barsillai van Gilead. Laat hulle van jou tafel af eet, want hulle het vir mĂœ kos gebring toe ek vir jou broer Absalom gevlug het.
8âDaar is ook nog SimeĂŻ seun van Gera die Benjaminiet, uit Bagurim. Hy het my vreeslik gevloek toe ek die dag na Maganajim toe gegaan het en ons mekaar by die Jordaan teĂ«gekom het. Ek het vir hom voor die Here met 'n eed bevestig dat ek hom nie om die lewe sal bring nie,
9maar jy moet hom nou nie verskoon nie. Jy is 'n wyse man en jy sal weet wat om met hom te maak dat hy met die dood gestraf word al is hy al oud.â
10Dawid is oorlede, en hy is begrawe in die Dawidstad.
11Die duur van sy regering oor Israel was veertig jaar. In Hebron was hy sewe jaar lank koning, en in Jerusalem drie en dertig jaar.
12Salomo het sy pa se troon bestyg en 'n stewige houvas op sy koningskap gekry.
13Adonia seun van Gaggit het na Batseba, Salomo se ma, toe gegaan. Sy het vir hom gevra: âKom jy in vrede?â âJa,â sĂȘ hy,
14âek kom net met u praat.â âPraat maar,â sĂȘ sy.
15Hy sĂȘ toe: âU weet self dat die koningskap myne sou word, en dat die hele Israel na my opgesien het om te regeer. Maar dit het anders verloop, die Here het dit so bestem dat my broer koning geword het.
16Ek wil u nou net een guns vra, en u moet my dit nie weier nie.â âVra maar,â sĂȘ sy.
17âKoning Salomo sal mos na u luister,â sĂȘ hy toe. âVra hom asseblief dat hy vir my die Sunemmitiese meisie Abisag as vrou gee.â
18âGoed,â sĂȘ Batseba, âek sal jou versoek aan die koning oordra.â
19Toe Batseba by koning Salomo binnekom om Adonia se versoek te gaan stel, het Salomo opgestaan en voor haar gebuig. Hy gaan toe weer op sy troon sit en laat vir die koninginmoeder 'n stoel aan sy regterkant naderbring om op te sit.
20Sy sĂȘ: âEk wil 'n klein gunsie van jou vra. Moet my dit nie weier nie.â âMy ma kan maar vra, ek sal nie vir haar nee sĂȘ nie,â het hy geantwoord.
21Sy sĂȘ toe: âLaat jou broer Adonia tog vir Abisag die Sunemmitiese meisie as vrou kry.â
22Toe sĂȘ koning Salomo vir sy ma: âHoekom vra u dat hy vir Abisag moet kry? U kan dan net so wel die hele koningskap vir hom vra, want hy is my ouer broer, en die priester Abjatar en Joab seun van Seruja steun hom!â
23Toe het koning Salomo 'n eed voor die Here afgelĂȘ: âMag God my met die dood straf as Adonia nie met sy lewe hiervoor boet nie!
24So seker as die Here leef, Hy wat my koning laat word het en my die troon van my pa laat bestyg het, en vir my 'n koningshuis gevestig het soos Hy beloof het, net so seker moet Adonia vandag nog dood!â
25Koning Salomo het vir Benaja seun van Jojada gestuur en dié het vir Adonia om die lewe gebring.
26Vir die priester Abjatar het die koning gesĂȘ: âGaan na jou grond toe by Anatot! Jy moes eintlik ook doodgemaak gewees het, maar ek sal jou nie nou doodmaak nie, omdat jy die ark van die Here voor my pa uit gedra het, en omdat jy soveel saam met hom deurgemaak het.â
27Salomo het vir Abjatar ontslaan, sodat hy nie meer priester van die Here was nie. So het die oordeel wat die Here by Silo oor Eli se nageslag uitgespreek het, in vervulling gegaan.
28Joab, wat 'n ondersteuner van Adonia was maar nie destyds vir Absalom gesteun het nie, het hiervan te hore gekom. Hy het na die heiligdom van die Here toe gevlug en daar die horings van die altaar vasgegryp.
29Toe koning Salomo verneem dat Joab na die heiligdom toe gevlug het en daar by die altaar is, het hy vir Benaja seun van Jojada beveel: âGaan maak hom dood!â
30Benaja het na die heiligdom toe gegaan en vir hom gesĂȘ: âDie koning sĂȘ jy moet uitkom!â Maar hy sĂȘ: âNee, ek wil hiĂ©r sterf.â Benaja het toe eers aan die koning gaan rapporteer wat Joab gesĂȘ het.
31Die koning sĂȘ toe vir Benaja: âNes hy wil. Maak hom dood en begrawe hom. So sal jy my en my familie onthef van die blaam vir die moorde wat Joab gepleeg het.
32Die Here laat hom nou sy verdiende straf kry. Hy het twee manne doodgemaak sonder die medewete van my pa: Abner, seun van Ner en hoof van die leër van Israel, en Amasa, seun van Jitra en hoof van die leër van Juda, albei onskuldiger en beter mense as hy.
33Laat die skuld vir hulle dood vir altyd op Joab en sy nageslag rus, en mag die Here vir altyd vrede gee aan Dawid en sy nageslag en aan sy hele familie en aan sy troon.â
34Toe het Benaja seun van Jojada teruggegaan en vir Joab daar aangeval en hom doodgemaak. Hy is begrawe by sy huis in die veld.
35Koning Salomo het vir Benaja seun van Jojada in Joab se plek aangestel oor die leër, en in die plek van Abjatar het hy vir Sadok as priester aangestel.
36Die koning het vir SimeĂŻ laat haal en vir hom gesĂȘ: âJy mag vir jou 'n huis in Jerusalem bou en hier woon, maar jy mag nie uit die stad gaan nie, dit maak nie saak waarheen nie.
37Die dag as jy hier uitgaan en jou voete oor Kedronspruit sit, is jy dood. Dit moet jy beslis weet. Dit sal jou eie skuld wees.â
38SimeĂŻ sĂȘ toe vir die koning: âDit is goed so. Ek sal die bevel van die koning eerbiedig.â SimeĂŻ het toe 'n hele tyd lank net in Jerusalem gebly,
39maar na drie jaar het twee van sy slawe weggeloop na koning Akis van Gat, seun van Maok, toe. Toe SimeĂŻ hoor dat sy slawe in Gat is,
40het hy sy donkie opgesaal en na Gat toe gegaan om sy slawe daar by Akis te soek. SimeĂŻ het net gegaan en sy slawe uit Gat uit teruggebring,
41maar toe Salomo hoor dat SimeĂŻ uit Jerusalem na Gat toe was en terug is,
42het hy hom laat kom en vir hom gesĂȘ: âEk het jou dan 'n eed voor die Here laat aflĂȘ en jou gewaarsku: âDie dag as jy hier uitgaan, dit maak nie saak waarheen nie, is jy dood; dit moet jy beslis weet.â Jy het nog vir my gesĂȘ: âDit is goed so. Ek het gehoor.â
43âWaarom het jy jou dan nie aan hierdie eed voor die Here en die bevel wat ek jou gegee het, gehou nie?â
44Die koning het verder vir SimeĂŻ gesĂȘ: âJy weet in jou hart watter leed jy my pa aangedoen het. Mag die Here daardie leed op jou eie kop laat afkom,
45maar mag dit met my voorspoedig gaan en mag die troon van Dawid vir altyd bestendig wees voor die Here.â
46Die koning het vir Benaja seun van Jojada gestuur, en dié het vir Simeï doodgemaak.
47So het Salomo 'n stewige houvas op die koningskap gekry.