Afrikaans 1983 Bible - 43 verses
1Koning Ben-Hadad van Aram het sy hele leër laat bymekaarkom. Daar was twee en dertig konings by hom met ruitery en strydwaens. Hy het opgetrek teen Samaria en dit beleër. Tydens die beleg
2het hy boodskappers die stad in gestuur na koning Agab van Israel toe
3en vir hom laat weet: âSo sĂȘ Ben-Hadad: Jou silwer en goud is myne. Jou mooiste vrouens en kinders is myne.â
4Die koning van Israel het geantwoord: âDit is soos U Majesteit sĂȘ: Ek en alles wat myne is, behoort aan u.â
5Die boodskappers het toe weer na Agab toe gekom en gesĂȘ: âSo sĂȘ Ben-Hadad: Ek het jou die boodskap gestuur dat jy jou silwer en goud, jou vrouens en kinders vir my moet gee.
6Nou ja, ek stuur mĂŽre my amptenare na jou toe. Hulle sal jou paleis en die huise van jou onderdane deursoek, en hulle sal beslag lĂȘ op alles wat hulle oĂ« begeer en dit vir hulle vat.â
7Die koning van Israel roep toe al die leiers van die land bymekaar, en sĂȘ: âKyk nou net! Hierdie man soek moeilikheid. Toe hy my vrouens en kinders en my silwer en goud geĂ«is het, het ek nie geweier nie.â
8Al die leiers en die hele volk het gesĂȘ: âU moet nie nou gehoor gee nie. U mag nie inwillig nie!â
9Toe sĂȘ Agab vir Ben-Hadad se boodskappers: âSĂȘ vir sy majesteit die koning: Alles wat u die eerste keer geĂ«is het, sal ek gee, maar aan hierdie nuwe eis kan ek nie toegee nie.â Die boodskappers het die antwoord vir Ben-Hadad gebring,
10en hy het terug laat weet: âMag my gode my om die lewe bring as ek nie soveel manskappe met my saambring dat die stof van Samaria nie genoeg sal wees om hulle hande mee te vul nie.â
11Daarop het die koning van Israel opgemerk: âDie spreekwoord lui: Hy wat hom klaarmaak om te veg, moenie roem soos een wat klaar die oorwinning behaal het nie.â
12Toe Ben-Hadad dĂt hoor, was hy besig om saam met die ander konings in die tente te drink en hy sĂȘ vir sy offisiere: âVal aan!â en hulle het klaargemaak vir die aanval op die stad.
13'n Profeet het egter by koning Agab van Israel gekom en gesĂȘ: âSo sĂȘ die Here: Sien jy daardie groot menigte? Ek gee hulle vandag in jou mag oor. Dan sal jy besef dat Ek die Here is.â
14Agab vra toe: âDeur wie gaan die Here dit doen?â en die profeet sĂȘ: âSo sĂȘ die Here: Deur die jong soldate van die distrikshoofde.â Agab vra toe: âWie moet die geveg aanknoop?â en die profeet antwoord: âU.â
15Toe ontplooi Agab die distrikshoofde se jong soldate, twee honderd twee en dertig. Agter hulle het hy die leër, al die Israeliete, ontplooi, sewe duisend man.
16Dit was middag toe hulle uit die stad uitgaan, en Ben-Hadad was aan die drink in die tent, hy en die twee en dertig konings wat hom kom help het.
17Die jong soldate van die distrikshoofde het aan die voorpunt opgeruk, en daar is vir Ben-Hadad gesĂȘ: âDaar kom manskappe uit Samaria uit.â
18Hy sĂȘ toe: âOf hulle vrede soek of oorlog, vang hulle lewendig!â
19Intussen het die jong soldate van die distrikshoofde uit die stad getrek, en die leër agter hulle aan.
20Elkeen het sy man verslaan. Die Arameërs het op die vlug geslaan, en die Israeliete het hulle agtervolg. Koning Ben-Hadad van Aram het te perd saam met 'n aantal ruiters weggekom.
21Die koning van Israel het uit sy stad gekom en die ruitery en die strydwamag verslaan. So het hy vir Aram 'n groot slag toegedien.
22Die profeet het weer by die koning van Israel gekom en vir hom gesĂȘ: âGaan versterk u leĂ«r! Vra raad en dink goed na oor wat u doen, want vroeg volgende jaar val die koning van Aram u weer aan.â
23Die raadgewers van die koning van Aram het intussen vir hom gesĂȘ: âHulle gode is berggode en daarom was hulle sterker as ons. Ons moet hulle in die vlakte pak. Dan sal ons sterker wees as hulle.
24U moet sĂł maak: onthef al die konings van hulle verantwoordelikhede en stel goewerneurs in hulle plek aan.
25Bring vir u self 'n leĂ«r op die been, net so sterk soos diĂ© een wat verslaan is, met ruitery soos daardie en 'n strydwamag soos daardie. Dan pak ons hulle in die vlakte, en ons sal sterker wees as hulle.â Ben-Hadad het na hulle raad geluister en so gemaak.
26Vroeg die volgende jaar het Ben-Hadad die Aramese leër laat bymekaarkom en na Afek toe opgetrek om teen Israel oorlog te maak.
27Die Israeliete was goed toegerus en het die ArameĂ«rs tegemoet getrek. Die Israeliete het teenoor die ArameĂ«rs kamp opgeslaan. Hulle was soos twee troppe bokke, en die wĂȘreld was vol ArameĂ«rs.
28Die man van God het by die koning van Israel gekom en gesĂȘ: âSo sĂȘ die Here: Omdat die ArameĂ«rs gesĂȘ het: âDie Here is 'n berggod, Hy is nie 'n god van die vlaktes nie,â gaan Ek hierdie hele groot menigte in jou mag oorgee. Dan sal julle besef dat Ek die Here is.â
29Sewe dae lank het die leĂ«rs so teenoor mekaar gelĂȘ. Op die sewende dag het die geveg losgebreek, en die Israeliete het honderd duisend voetsoldate van die ArameĂ«rs op diĂ© een dag verslaan.
30Die res het die stad Afek in gevlug en die stadsmuur het op hulle omgeval. Hulle was sewe en twintig duisend man. Ben-Hadad het ook die stad in gevlug en daar van kamer tot kamer weggekruip.
31Sy soldate sĂȘ toe vir hom: âOns het gehoor die Israelitiese konings is genadig. Kom ons trek rouklere aan en bind toue om ons koppe en gee ons oor aan die koning van Israel. Miskien spaar hy u lewe.â
32Hulle trek toe rouklere aan en bind toue om hulle koppe en lewer hulleself uit aan die koning van Israel. âBen-Hadad onderwerp hom aan u,â sĂȘ hulle, âen hy vra dat u sy lewe moet spaar.â Toe sĂȘ Agab: âLewe hy nog? Hy is my broer!â
33Die manne het dit as 'n gunstige teken opgevat en haastig by sy opmerking aangesluit deur te sĂȘ: âBen-Hadad Ăs u broer.â Agab sĂȘ toe: âGaan haal hom!â Toe Ben-Hadad by hom kom, het Agab hom by hom op die strydwa laat klim.
34Daar het Ben-Hadad vir hom gesĂȘ: âDie stede wat my pa van jou pa afgevat het, sal ek teruggee. Jy mag ook vir jou 'n handelsbuurt inrig in Damaskus soos my pa in Samaria gedoen het.â âEn ek sal jou laat gaan,â sĂȘ koning Agab, ânadat jy 'n verdrag met my gesluit het.â Ben-Hadad het toe 'n verdrag met hom gesluit, en Agab het hom laat gaan.
35'n Profeet het in opdrag van die Here vir 'n vriend gesĂȘ: âSlaan my tog!â Maar hy het geweier om hom te slaan.
36Toe sĂȘ die profeet vir hom: âJy was ongehoorsaam aan die opdrag van die Here, en daarom sal 'n leeu jou verskeur wanneer jy van my af weggaan.â Toe hy van hom af weggegaan het, het 'n leeu op hom afgekom en hom verskeur.
37Die profeet kry toe iemand anders en sĂȘ: âSlaan my tog.â Hy het die profeet geslaan; hy het hom selfs stukkend geslaan.
38Die profeet het die koning by die pad gaan staan en inwag: die profeet was onherkenbaar, hy het 'n verband oor sy oë gehad.
39Toe die koning daarlangs kom, het hy na die koning geroep en gesĂȘ: âEk het oorlog toe gegaan. Daar het iemand 'n man na my toe gebring en gesĂȘ: âPas hierdie man op! As hy ontsnap, kom jy in sy plek, of anders moet jy vier en dertig kilogram silwer betaal.â
40Maar ek was met ander dinge besig en toe ek kyk, is hy nie meer daar nie!â Die koning van Israel sĂȘ toe vir hom: âJy het jou eie vonnis gevel.â
41Die profeet het die verband van sy oë afgeruk sodat die koning van Israel kon sien dat hy 'n profeet is.
42Hy sĂȘ toe vir die koning: âSo sĂȘ die Here: Omdat jy die man wie se lewe Ek geĂ«is het, vry laat weggaan het, sal jou lewe in die plek van sy lewe kom, en jou volk in die plek van sy volk.â
43Toe het die koning van Israel bedruk en kwaad huis toe vertrek en in Samaria aangekom.