Afrikaans 1983 Bible - 29 verses
1Hierna het die volgende gebeur: Nabot die Jisreëliet het in Jisreël 'n wingerd gehad langs die paleis van koning Agab van Samaria.
2Agab het met Nabot gaan praat en vir hom gesĂȘ: âGee jou wingerd vir my vir 'n kruietuin, want dit lĂȘ net langs my huis; dan gee ek jou 'n beter wingerd in die plek daarvan. Of as jy wil, sal ek jou daarvoor betaal.â
3Maar Nabot het vir Agab geantwoord: âMag die Here my daarvan bewaar dat ek die erfgrond van my voorouers ooit aan u sou afstaan!â
4Hierop het Agab bedruk en kwaad huis toe gegaan omdat Nabot die JisreĂ«liet vir hom gesĂȘ het: âEk sal nooit die erfgrond van my familie aan u afstaan nie.â Hy het op sy bed gaan lĂȘ met sy gesig na die muur toe en hy wou niks eet nie.
5Toe kom sy vrou Isebel na hom toe en vra vir hom: âWat is jy so bedruk dat jy niks wil eet nie?â
6Hy vertel haar toe: âEk het met Nabot die JisreĂ«liet gepraat en vir hom gesĂȘ: âVerkoop jou wingerd aan my, of as jy wil, sal ek jou 'n ander wingerd in die plek daarvan gee.â Maar hy het gesĂȘ: Ek sal nooit my wingerd aan jou afstaan nie.â
7Toe sĂȘ sy vrou Isebel vir hom: âJy is mos die een wat oor Israel regeer! Gaan eet nou en moet jou nie bekommer nie. Ăk sal die wingerd van Nabot die JisreĂ«liet vir jou gee.â
8Sy skryf toe briewe in die naam van Agab en sit sy seëlafdruk daarop, en sy stuur die briewe aan die leiers en die ampsdraers van Nabot se stad.
9Sy het geskryf: âKondig 'n vasdag aan en laat Nabot heel voor in die vergadering sit.
10Laat twee gewetelose manne teenoor hom sit en laat hulle teen hom getuig: âJy het 'n vloek uitgespreek teen God en teen die koning.â Vat hom dan uit en gooi hom met klippe dood.â
11Die leiers en die ampsdraers in Nabot se stad het toe gedoen soos Isebel hulle beveel het in die briewe wat sy aan hulle gestuur het.
12Hulle het 'n vasdag aangekondig en vir Nabot heel voor in die vergadering laat sit.
13Toe kom sit daar twee gewetelose manne teenoor hom en hulle getuig teen Nabot in die vergadering en sĂȘ: âNabot het 'n vloek uitgespreek teen God en teen die koning.â Daarop vat hulle vir Nabot uit die stad uit en gooi hom met klippe dood.
14Hierna het hulle vir Isebel laat weet: âNabot is met klippe doodgegooi.â
15Toe Isebel hoor Nabot is doodgegooi, sĂȘ sy vir Agab: âGaan vat nou die wingerd van Nabot die JisreĂ«liet, wat hy nie aan jou wou verkoop nie. Nabot leef nie meer nie, hy is dood.â
16Toe Agab hoor Nabot is dood, het hy klaargemaak om Nabot die Jisreëliet se wingerd vir hom te vat.
17Die woord van die Here het toe tot Elia die Tisbiet gekom en vir hom gesĂȘ:
18âMaak klaar en gaan ontmoet vir Agab wat in Samaria as koning oor Israel regeer. Hy is nou by die wingerd van Nabot, wat hy gaan vat het.
19Jy moet vir Agab sĂȘ: âSo sĂȘ die Here: Jy het gemoor en nou vat jy ook nog?â SĂȘ verder vir hom: So sĂȘ die Here: Op dieselfde plek waar die honde die bloed van Nabot opgelek het, sal hulle jou bloed ook oplek. Ja, joune!â
20Toe Agab dit hoor, vra hy vir Elia: âHet jy my gekry, my vyand?â Elia het geantwoord: âEk het jou gekry. Die Here sĂȘ vir jou: âOmdat jy jou daaraan oorgegee het om te doen wat verkeerd is in my oĂ«,
21gaan Ek 'n ramp oor jou bring en jou vernietig. Ek gaan al die manlikes in Agab se geslag sonder enige uitsondering uit Israel uitroei.
22Omdat jy My uitgetart het en omdat jy Israel laat sondig het, sal Ek met jou huis maak soos met die huis van Jerobeam seun van Nebat en soos met die huis van Baesa seun van Agija.â
23âEn oor Isebel het die Here gesĂȘ: Die honde sal Isebel opvreet by die voorste muur van JisreĂ«l.
24Wie uit Agab se familie in die stad sterf, die honde sal hom opvreet, en wie in die oop veld sterf, die roofvoĂ«ls sal hom vreet.â
25Daar was nooit iemand wat hom soos Agab daaraan oorgegee het om te doen wat verkeerd is in die oë van die Here nie. Sy vrou Isebel het hom daartoe aangehits.
26Agab het afskuwelik opgetree deur die afgode te dien net soos die Amoriete wie se besittings die Here aan die Israeliete gegee het.
27Toe Agab al hierdie woorde hoor, het hy sy klere geskeur en rouklere om sy lyf gehang en gevas. Hy het selfs met rouklere gaan slaap, en heeltyd bedruk rondgeloop.
28Daarom het die woord van die Here tot Elia die Tisbiet gekom en gesĂȘ:
29âHet jy gesien Agab het hom voor My verootmoedig? Omdat hy hom voor My verootmoedig het, sal Ek die ramp nie tydens sĂœ lewe laat plaasvind nie. Tydens die bewind van sy seun sal Ek die ramp oor sy familie bring.â