Afrikaans 1983 Bible - 36 verses
1In Samaria was daar sewentig prinse uit Agab se geslag. Jehu het briewe geskryf en dit na Samaria toe gestuur, na die regeerders van Jisreël, na die leiers en na die opvoeders van Agab se nakomelinge. Dit het so gelui:
2âAs julle hierdie brief kry â julle het daar by julle die prinse, die strydwaens en perde, 'n versterkte stad en wapentuig â
3soek dan die beste en knapste prins uit en sit hom op die troon van sy pa. Maar julle sal moet veg vir julle koningshuis.â
4Hulle het bang geword, want hulle het gedink: twee konings moes die onderspit teen hom delf, hoe sal ons ons kan handhaaf?
5Die amptenaar in beheer van die paleis en die een in beheer van die stad, die leiers en die opvoeders het vir Jehu laat weet: âOns wil u onderdane wees. Ons wil niemand koning maak nie. Alles wat u aan ons opdra, sal ons uitvoer. Doen wat u goedvind.â
6Toe skryf hy vir hulle 'n tweede brief: âAs julle ten gunste van my is en aan my gehoorsaam wil wees, bring die koppe van die prinse mĂŽre hierdie tyd na my toe in JisreĂ«l.â Die sewentig prinse was elkeen tuis by 'n vooraanstaande persoon van die stad wat hulle moes grootmaak.
7Toe die brief by die leiers kom, het hulle die prinse gevat en al sewentig doodgemaak en hulle koppe in mandjies na Jehu toe in Jisreël gestuur.
8Die boodskapper het kom rapporteer: âHulle het die koppe van die prinse gebring.â Jehu het gesĂȘ: âSit hulle tot mĂŽreoggend in twee hope neer by die ingang van die poort.â
9Die volgende mĂŽre het hy uitgegaan, daar gaan staan, en vir al die mense daar gesĂȘ: âJulle is onskuldig. Dit is ek wat teen die koning saamgesweer en hom vermoor het, maar wie het al hierdie mense doodgemaak?
10Erken dan dat nie 'n enkele ding wat die Here oor die huis van Agab gesĂȘ het, onvervul sal bly nie. Die Here het alles gedoen wat Hy deur sy dienaar Elia gesĂȘ het.â
11Jehu het almal doodgemaak wat nog van die koningshuis van Agab in Jisreël oor was: al die vooraanstaandes, vertrouelinge, selfs priesters; hy het nie een laat wegkom nie.
12Jehu het klaargemaak en na Samaria toe vertrek. Langs die pad by Bet-Eked-RoĂŻm
13het hy die broers van koning Ahasia van Juda teĂ«gekom. âWie is julle?â het hy gevra. âOns is Ahasia se broers,â het hulle geantwoord, âons gaan kyk hoe gaan dit met die prinse en die koning se ma.â
14Jehu het beveel: âVang hulle.â Hulle het hulle gevang en hulle doodgemaak by die put van Bet-Eked, altesaam twee en veertig; hy het nie een van hulle laat oorbly nie.
15Toe hy daar weg is, kom hy vir Jonadab seun van Rekab op die pad teĂ«. Nadat hy hom gegroet het, vra hy vir hom: âKan ek op jou reken soos jy op my?â Jonadab het geantwoord: âJa.â âAs dit ja is,â sĂȘ Jehu, âgee my jou hand.â Hulle het mekaar die hand gegee en Jehu het hom by hom op die wa laat klim.
16Jehu het gesĂȘ: âKom saam met my, dan sal jy my ywer vir die Here sien.â Jehu het hom saam met hom laat ry,
17en toe Jehu in Samaria kom, het hy almal van Agab wat nog in Samaria oor was, doodgemaak; hy het tot die laaste een toe om die lewe gebring, soos die Here vir Elia gesĂȘ het.
18Jehu het die hele volk bymekaar laat kom en vir hulle gesĂȘ: âAgab het vir BaĂ€l maar net 'n bietjie gedien, maar ek wat Jehu is, gaan hom baie meer dien.
19Roep nou al die profete van BaĂ€l na my toe, al sy vereerders en al sy priesters. Nie een mag wegbly nie, want ek wil 'n groot offer aan BaĂ€l bring. Nie een wat wegbly, sal bly leef nie.â Jehu het dit met lis beplan om die vereerders van BaĂ€l te kan vernietig.
20Jehu het beveel: âSonder vir BaĂ€l 'n feesdag af.â So 'n feesdag is uitgeroep,
21en Jehu het oral in Israel boodskappers gestuur, sodat al die vereerders van BaÀl gekom het; daar was nie 'n enkele wat nie gekom het nie. Hulle het in die tempel van BaÀl ingegaan, sodat die tempel naderhand van hoek tot kant vol was.
22Aan die persoon wat oor die klerekamer toesig gehou het, het hy gesĂȘ: âBring klere vir al die vereerders van BaĂ€l.â Hy het vir hulle die klere gebring.
23Jehu en Jonadab seun van Rekab het saam in die tempel van BaĂ€l ingegaan, en Jehu het vir die vereerders van BaĂ€l gesĂȘ: âSorg dat hier nie vereerders van die Here saam met julle is nie; net die vereerders van BaĂ€l moet hier wees.â
24Toe hulle ingaan om die brandoffers en ander diereoffers te bring, was daar buite tagtig man wat deur Jehu opgestel is met die bevel: âDie persoon wat een van die manne wat ek in julle mag gee, laat wegkom, sal met sy eie lewe daarvoor boet.â
25Net toe Jehu klaar die brandoffer gebring het, het hy vir die hardlopers en die adjudante gesĂȘ: âGaan in en maak hulle dood. Niemand mag daar uitkom nie.â Hulle het hulle doodgesteek en die liggame uitgegooi. Hulle het in die binneste heiligdom van die BaĂ€lstempel ingedring,
26die klippilaar uit die BaÀlstempel uitgebring en dit in die vuur gegooi.
27Hulle het die klippilaar stukkend geslaan en die tempel van BaÀl afgebreek en daarvan kleinhuisies gebou, wat dit vandag nog is.
28So het Jehu die BaÀldiens uit Israel verdelg.
29Jehu het nie afgesien van die sondes wat Jerobeam seun van Nebat vir Israel laat doen het nie: die goue kalwers wat in Bet-El en in Dan was, is nog vereer.
30Die Here het vir Jehu gesĂȘ: âOmdat jy gedoen het wat goed en reg is in my oĂ« en jy die huis van Agab alles aangedoen het wat Ek My voorgeneem het, sal jou kinders tot in die vierde geslag op die troon van Israel sit.â
31Maar Jehu het nie met sy hele hart die woord van die Here die God van Israel gehoorsaam nie. Hy het nie afgesien van die sondes wat Jerobeam vir Israel laat doen het nie.
32In daardie tyd het die Here begin om die gebied van Israel kleiner te maak. Oral in die grondgebied van Israel het Gasael hulle neerlae toegedien:
33van die Jordaan af ooswaarts, die hele Gilead waar die stamme Gad, Ruben en Manasse gewoon het, van Aroër af aan die Arnonrivier, Gilead sowel as Basan.
34Die ander verhale oor Jehu en alles wat hy gedoen het, al sy dapper dade, is opgeteken in die annale van die konings van Israel.
35Jehu is oorlede, en hulle het hom begrawe in Samaria. Sy seun Joahas het hom as koning opgevolg.
36Jehu het ag en twintig jaar in Samaria as koning oor Israel geregeer.