Afrikaans 1983 Bible - 37 verses
1Die profeet Elisa het een van die profete geroep en vir hom gesĂȘ: âMaak klaar en vat hierdie kruikie olie en gaan na Ramot in Gilead toe.
2As jy daar kom, gaan soek vir Jehu op, seun van Josafat seun van Nimsi. Gaan in, bring hom eenkant, weg van sy medeoffisiere af, in 'n binnekamer,
3vat die kruik olie en giet dit op sy kop uit. SĂȘ dan vir hom: âSo sĂȘ die Here: Ek salf jou tot koning van Israel.â Maak dan die deur oop en vlug onmiddellik.â
4Die jongman, die profeet, het na Ramot in Gilead toe gegaan.
5Toe hy daar aankom, was die generaals besig met 'n samespreking. Hy het gesĂȘ: âEk het 'n boodskap vir u, Generaal.â Jehu het gevra: âVir wie van ons?â Hy het geantwoord: âVir u, Generaal.â
6Jehu het opgestaan en toe hy in die ander vertrek inkom, het die profeet die olie op Jehu se kop uitgegiet met die woorde: âSo sĂȘ die Here die God van Israel: Ek salf jou tot koning oor Israel, die volk van die Here.
7Jy sal die koningshuis van Agab vernietig. So sal Ek My wreek op Isebel oor die vergieting van die bloed van my dienaars die profete, oor die vergieting van die bloed van al die dienaars van die Here.
8Die hele koningshuis van Agab sal tot niet gaan. Ek sal elke manlike nakomeling van Agab in Israel sonder uitsondering uitroei.
9Ek sal met die huis van Agab maak soos met die huis van Jerobeam seun van Nebat, en soos met die huis van Baesa seun van Agija.
10Die honde sal vir Isebel opvreet op die oop stuk grond in JisreĂ«l; sy sal nie begrawe word nie.â Die profeet het toe die deur oopgemaak en gevlug.
11Toe Jehu uit die kamer uit terugkom by die amptenare van die koning, het hulle vir hom gevra: âIs alles reg? Hoekom het hierdie mal man na jou toe gekom?â Hy het hulle geantwoord: âJulle ken tog self die man en sy praatjies.â
12Hulle antwoord toe: âOnsin! Toe, vertel ons.â Hy het gesĂȘ: âDit is wat die man vir my gesĂȘ het: So sĂȘ die Here: Ek salf jou tot koning oor Israel.â
13Onmiddellik het elkeen sy klere gevat en dit op die trappe voor Jehu oopgegooi. Hulle het die ramshoring geblaas en uitgeroep: âJehu is koning!â
14[14-15] Jehu seun van Josafat, seun van Nimsi, het met hulle saamgesweer teen koning Joram van Israel. Hy was toe in JisreĂ«l waar hy gaan herstel het van die wonde wat die ArameĂ«rs hom toegedien het toe hy teen koning Gasael van Aram geveg het. Dit het gebeur terwyl Joram en die Israeliete besig was om Ramot in Gilead te verdedig teen koning Gasael van Aram. Jehu het gesĂȘ: âAs julle aan my kant is, sorg dat niemand wegkom uit Ramot uit om die nuus in JisreĂ«l te gaan vertel nie.â
15***
16Daarna het Jehu op sy wa geklim en JisreĂ«l toe gery waar Joram siek gelĂȘ het en koning Ahasia van Juda vir Joram gaan besoek het.
17Waar die wag op die toring in JisreĂ«l gestaan het, het hy Jehu se aanhangers sien aankom. Hy het opgemerk: âEk sien 'n klomp mense.â Toe sĂȘ Joram: âBeveel 'n ruiter om hulle tegemoet te ry en te vra of hulle in vrede kom.â
18Die perderuiter het Jehu tegemoet gegaan en gesĂȘ: âDie koning vra of jy in vrede kom.â Jehu het geantwoord: âWat maak dit saak of ek in vrede kom? Sluit by my aan.â Die man het laat weet: âDie boodskapper het tot by hulle gekom, maar hy kom nie terug nie.â
19Koning Joram stuur toe 'n tweede perderuiter. Toe hy by hulle kom, sĂȘ hy: âDie koning vra of jy in vrede kom?â Jehu het geantwoord: âWat maak dit saak of ek in vrede kom? Sluit by my aan.â
20Die wag het laat weet: âDie boodskapper het tot by hulle gekom, maar hy kom nie terug nie. Die een wat die wa dryf, moet Jehu seun van Nimsi wees, want hy dryf soos 'n mal mens!â
21Koning Joram van Israel het toe opdrag gegee: âSpan die wa in.â Hulle het sy wa ingespan en hy het opgeklim. Koning Ahasia van Juda het op sy eie wa geklim. Hulle het na Jehu toe gery en by hom gekom by die stuk grond van Nabot die JisreĂ«liet.
22Toe Joram vir Jehu sien, vra hy: âKom jy in vrede, Jehu?â Maar hy antwoord: âWat? Vrede? Met al hierdie hoerery en toordery van jou ma Isebel se afgodsdiens?â
23Toe Joram die wa ompluk om te vlug, skree hy vir Ahasia: âVerraad, Ahasia!â
24Jehu het sy boog gespan en Joram tussen die blaaie getref. Die pyl is deur sy hart; daar op sy wa het hy inmekaargesak.
25Jehu het sy adjudant Bidkar beveel: âTel hom op en gooi hom op die stuk grond van Nabot die JisreĂ«liet. Onthou jy toe ek en jy langs mekaar agter sy pa Agab aangery het hoe die Here hierdie oordeel oor hom aangekondig het?
26Die Here het toe gesĂȘ: âSo seker as Ek die vergieting van die bloed van Nabot en van sy seuns gister gesien het, sal Ek jou daarvoor vergelding laat doen op hierdie selfde stuk grond.â Vat hom nou en gooi hom op diĂ© stuk grond, net soos die Here gesĂȘ het.â
27Toe koning Ahasia van Juda sien wat gebeur, het hy in die rigting van Bet-Gan gevlug. Jehu het hom agtervolg en opdrag gegee: âSkiet hom ook!â Op die hoogte van Gur, by Jibleam, het hulle hom op sy wa raakgeskiet. Hy het nog tot by Megiddo gevlug, maar daar het hy gesterf.
28Sy dienaars het hom op sy wa na Jerusalem toe vervoer en hom daar in die Dawidstad in die familiegraf begrawe.
29In die elfde regeringsjaar van Joram seun van Agab het Ahasia koning geword oor Juda.
30Isebel het gehoor dat Jehu na Jisreël toe op pad is. Sy het oogverf aangesmeer en haar hare mooi gemaak. Sy het by die venster gaan staan en uitkyk.
31Toe Jehu by die poort inkom, het sy vir hom gesĂȘ: âKom jy in vrede, Simri, koningsmoordenaar?â
32Jehu het na die venster toe opgekyk en gevra: âWie is aan my kant? Wie?â Twee, drie paleisamptenare het afgekyk na hom toe.
33Hy het beveel: âGooi haar af!â Toe gooi hulle haar af. Van haar bloed het teen die muur en teen die perde gespat, en hulle het haar doodgetrap.
34Hy het in die paleis ingegaan en gaan eet en drink. Daarna het hy gesĂȘ: âSien tog maar om na hierdie vervloekte vrou. Begrawe haar, sy is darem 'n koning se dogter.â
35Hulle is weg om haar te gaan begrawe, maar hulle kon net die kopbeen, die voete en die hande kry.
36Toe hulle dit aan Jehu kom rapporteer, het hy gesĂȘ: âDit is die woord van die Here wat deur sy dienaar Elia die Tisbiet gekom het: âOp die oop stuk grond in JisreĂ«l sal die honde die vleis van Isebel opvreet.â
37Op die oop stuk grond in JisreĂ«l sal die lyk van Isebel wees soos mis in 'n land. Niemand sal kan sĂȘ dit is Isebel nie.â