Afrikaans 1983 Bible - 44 verses
1'n Vrou van 'n profeet het haar nood by Elisa kom kla: âMy man is dood. U weet self dat hy die Here gedien het. Nou het die skuldeiser gekom om my twee seuns te vat en hulle sy slawe te maak.â
2Elisa het vir haar gesĂȘ: âEk sal jou help. SĂȘ vir my: wat het jy in jou huis?â Sy het geantwoord: âEk het niks in die huis nie behalwe 'n erdekannetjie olie.â
3Hy het toe gesĂȘ: âGaan leen nou by al jou bure leĂ« kruike, en sorg dat jy nie te min leen nie.
4Dan gaan jy in jou huis in, maak die deur agter jou en jou seuns toe, en gooi elkeen van hierdie kruike vol olie. Soos elkeen vol word, moet jy hom wegpak.â
5Sy is van hom af weg. Sy het die deur agter haar en haar seuns toegemaak. Soos hulle die kruike na haar toe aangedra het, het sy hulle volgemaak.
6Toe die kruike vol was, sĂȘ sy vir een van haar seuns: âBring vir my nog 'n kruik.â Maar hy het gesĂȘ: âDaar is nie meer 'n kruik oor nie.â Toe het daar nie
7meer olie uit die kannetjie gekom nie. Sy het by die man van God aangekom en dit vir hom vertel. Hy het gesĂȘ: âGaan verkoop die olie en betaal jou skuld. Jy en jou seuns kan dan leef van wat oorbly.â
8Op 'n dag het Elisa na Sunem toe gegaan. Daar was 'n vooraanstaande vrou wat by hom daarop aangedring het om vir ete oor te bly. Elke keer as hy daar verbykom, het hy eers by haar aangegaan om te eet.
9Sy het vir haar man gesĂȘ: âEk weet dit is 'n heilige man van God wat gereeld hier by ons aankom.
10Kom ons bou 'n klein bovertrekkie en sit vir hom 'n bed, 'n tafel, 'n stoel en 'n lamp daarin. Wanneer hy by ons aankom, kan hy daar intrek.â
11Op 'n dag toe Elisa weer daar aankom, het hy in die bovertrek ingetrek en gaan rus.
12Hy het vir Gehasi sy slaaf gesĂȘ: âRoep bietjie die Sunemmitiese vrou.â Gehasi het haar geroep, en toe sy voor Elisa se kamer staan,
13sĂȘ hy vir sy slaaf: âSĂȘ vir haar: Jy het al hierdie moeite vir ons gedoen. Wat kan ek vir jou doen? Sal ek vir jou 'n woordjie doen by die koning of by die hoof van die leĂ«r?â âEk woon hier tussen my eie mense,â was haar antwoord.
14Hy vra toe: âMaar kan daar nie iets vir haar gedoen word nie?â Waarop Gehasi antwoord: âJa tog, sy het nie 'n seun nie, en haar man is al oud.â
15âRoep haar hiernatoe,â sĂȘ Elisa. Toe Gehasi haar nader roep, het sy in die deur kom staan.
16Toe sĂȘ Elisa: âHierdie tyd oor 'n jaar sal jy 'n seun in jou arms hou.â Sy antwoord: âNee, Meneer, u is 'n man van God, u moet tog nie vir my iets sĂȘ wat nie so kan wees nie!â
17Die vrou het swanger geword en 'n seun in die wĂȘreld gebring, presies 'n jaar later, net soos Elisa vir haar gesĂȘ het.
18Toe die seun groter geword het, het hy op 'n dag na sy pa-hulle toe gegaan waar hulle besig was om te oes.
19Skielik het hy vir sy pa gesĂȘ: âMy kop, my kop!â Sy pa het vir 'n slaaf gesĂȘ: âDra hom na sy ma toe.â
20Die slaaf het hom na sy ma toe gedra. Hy het op haar skoot gelĂȘ tot die middag, en toe is hy dood.
21Sy het hom boontoe gedra en hom neergelĂȘ op die bed van die man van God, en toe sy uitgaan, het sy die deur agter haar toegetrek.
22Sy het haar man geroep en gesĂȘ: âStuur tog vir my 'n slaaf en 'n donkie. Ek wil na die man van God toe gaan en gou weer terug wees.â
23âMaar waarom gaan jy vandag na hom toe,â het haar man gevra, âdit is mos nie nuwemaan of sabbat nie?â Maar sy het hom gerusgestel,
24die donkie opgesaal en vir haar slaaf gesĂȘ: âJaag die donkie aan. Moenie dat hy gaan staan nie, behalwe as ek vir jou so sĂȘ.â
25Sy is toe vort en het by die man van God aangekom by Karmelberg. Toe die man van God haar op 'n afstand sien aankom, sĂȘ hy vir Gehasi sy slaaf: âDis mos die Sunemmitiese vrou daardie.
26Hardloop haar tegemoet en vra vir haar: Gaan dit goed met jou? Gaan dit goed met jou man? En met jou seun?â Vir Gehasi het sy gesĂȘ: âDit gaan goed,â
27maar toe sy by die man van God op die berg kom, het sy aan sy voete vasgeklou. Toe Gehasi nader staan om haar weg te stoot, sĂȘ die man van God: âLos haar, sy is baie hartseer. Die Here het dit vir my verberg en vir my niks gesĂȘ nie.â
28Sy sĂȘ toe vir hom: âMeneer, het ek van u 'n seun gevra? Het ek nie gesĂȘ: Moenie by my 'n valse hoop wek nie?â
29Toe sĂȘ hy vir Gehasi: âMaak gou klaar, vat my kierie en vertrek. As jy iemand raakloop, moet hom nie groet nie. Gaan sit my kierie op die gesig van die seun.â
30Toe sĂȘ die seun se ma: âSo seker as die Here leef en u leef, ek sal u nie toelaat om agter te bly nie.â Hy het opgestaan en saam met haar gegaan.
31Gehasi was voor hulle daar en hy het die kierie op die seun se gesig gesit, maar daar was geen geluid of enige teken van lewe nie. Hy gaan toe terug na Elisa toe en sĂȘ vir hom dat die seun nie bygekom het nie.
32Toe Elisa in die huis kom, het die seun daar dood gelĂȘ net soos hy op die bed neergelĂȘ was.
33Elisa het die kamer binnegegaan en die deur toegemaak sodat hulle alleen was. Nadat hy tot die Here gebid het,
34het Elisa op die bed geklim en bo-op die seun gaan lĂȘ. Hy het vol op die seun gelĂȘ met sy mond op die seun se mond, sy oĂ« op sĂœ oĂ«, sy hande op sĂœ hande, sodat die seun se liggaam warm geword het.
35Nadat hy 'n keer heen en weer in die huis geloop het, het hy weer op hom gaan lĂȘ. Die seun het sewe keer genies en toe sy oĂ« oopgemaak.
36Elisa het vir Gehasi geroep en hom beveel om die Sunemmitiese vrou te roep. Hy het dit gedoen en toe sy inkom, sĂȘ Elisa vir haar: âTel jou seun op.â
37Sy het ingekom en by sy voete op haar knieë geval en gebuig. Toe tel sy haar kind op en gaan uit.
38Elisa is terug Gilgal toe. Daar was in diĂ© tyd 'n hongersnood in die land. Terwyl die profete aan sy voete gesit het, sĂȘ hy vir sy slaaf: âSit 'n groot pot op die vuur en kook 'n bredie vir die profete.â
39Een van hulle is veld toe om te gaan kruie pluk. Hy het op wilde ranke afgekom en wildekomkommers daarvan afgepluk tot sy sakke vol was. Hy het dit in die pot met bredie gaan insny sonder om te weet wat dit regtig was.
40Hulle het met ete vir die manne van die bredie opgeskep, maar net toe hulle dit proe, roep hulle uit: âMan van God, daar is gif in die kos!â Hulle kon dit nie eet nie.
41Elisa het gesĂȘ: âBring 'n bietjie meel.â Hy het dit in die pot gegooi en gesĂȘ: âSkep op vir die mense dat hulle kan eet.â Die kos in die pot was toe nie meer giftig nie.
42Daar het 'n man uit BaĂ€l-Salisa aangekom wat vir die man van God brood gebring het, twintig garsbrode gebak met meel van die nuwe oes, en ook vars koringare. Elisa het gesĂȘ: âGee dit vir die mense om te eet.â
43Maar sy slaaf het beswaar gemaak: âHoe kan ek die bietjie kos aan 'n honderd man voorsit?â Maar Elisa het weer gesĂȘ: âGee dit vir die mense om te eet, want so sĂȘ die Here: Hulle sal eet en nog oorhou.â
44Die slaaf het dit vir hulle voorgesit. Hulle het geĂ«et en oorgehou, net soos die Here gesĂȘ het.