Afrikaans 1983 Bible - 27 verses
1NaÀman, die hoof van die leër van die koning van Aram, was 'n gesiene man wat die agting van die koning geniet het. Deur hom het die Here 'n oorwinning aan Aram besorg. Die man was 'n dapper soldaat, maar hy het melaats geword.
2Op een van hulle strooptogte het die Arameërs 'n jong dogtertjie uit Israel ontvoer wat NaÀman se vrou se bediende geword het.
3Sy het vir die vrou gesĂȘ: âAg, as Meneer net by die profeet in Samaria kon uitkom, dan sal hy vir Meneer van sy melaatsheid gesond maak.â
4NaĂ€man het by die koning gekom en hom meegedeel wat die dogtertjie uit Israel gesĂȘ het.
5âGaan gerus,â het die koning van Aram gesĂȘ, âek stuur jou met 'n brief na die koning van Israel toe.â Hy het vertrek en drie honderd twee en veertig kilogram silwer, ag en sestig kilogram goud en tien stelle klere met hom saamgevat.
6Hy het die brief na die koning van Israel toe gebring. Dit het sĂł gelui: âEk het my dienaar NaĂ€man met hierdie brief na jou toe gestuur. Wanneer hy by jou uitkom, moet jy hom van sy melaatsheid gesond maak.â
7Toe die koning die brief gelees het, het hy sy klere geskeur en gesĂȘ: âIs ek dan God wat mense laat sterwe of aan hulle die lewe gee dat hierdie man iemand na my toe stuur om hom van sy melaatsheid gesond te maak? Dit moet vir julle duidelik wees hy soek net skoor met my.â
8Elisa die man van God het te hore gekom dat die koning van Israel sy klere geskeur het en het 'n boodskap aan die koning gestuur: âHoekom het u u klere geskeur? Laat NaĂ€man na my toe kom, sodat hy kan besef dat daar 'n profeet in Israel is.â
9Toe NaÀman met sy wa en perde daar aankom, het hy stilgehou voor die deur van Elisa se huis.
10Elisa het 'n boodskap na hom toe gestuur: âGaan was jou sewe maal in die Jordaan, dan sal jy gesond word en rein wees.â
11NaĂ€man het vererg weggery en gesĂȘ: âEk het darem gedink hy sou uitkom en gaan staan, die Naam van die Here sy God aanroep, dan sy hand heen en weer oor die plek beweeg en so die melaatsheid wegneem.
12Is die riviere van Damaskus, die Abana en die Parpar, nie beter as al die waters van Israel nie? Kan ek my nie daarin was om rein te word nie?â So het hy woedend daarvandaan teruggery.
13Sy amptenare het by hom gekom en mooi met hom gepraat: âMeneer, as die profeet iets moeiliks van u verwag het, sou u dit nie gedoen het nie? Hoeveel te meer nou dat hy eenvoudig vir u gesĂȘ het: Was jou en jy sal rein wees?â
14Hy het toe afgegaan na die Jordaan toe en hom sewe keer daarin gebad, soos die man van God gesĂȘ het, en sy vel het gesond geword soos diĂ© van 'n klein seuntjie en hy was weer rein.
15Hy en sy hele gevolg het teruggegaan na die man van God toe. Daar aangekom, het NaĂ€man voor die man van God gaan staan en gesĂȘ: âEk weet nou, daar is geen God op die hele aarde nie behalwe in Israel. Aanvaar asseblief hierdie geskenk van my.â
16Maar Elisa het gesĂȘ: âSo seker as die Here leef in wie se diens ek is, ek sal dit nie aanvaar nie.â NaĂ€man het by Elisa daarop aangedring om dit te aanvaar, maar hy het bly weier.
17Toe sĂȘ NaĂ€man: âAs u dan nie iets wil hĂȘ nie, wil u nie asseblief vir my twee muilvragte grond laat kry nie? Daarop wil ek brandoffers en ander diereoffers bring, net aan die Here, nie langer aan enige ander god nie.
18Daar is net een ding wat die Here my asseblief sal moet vergewe: as my koning na die tempel van Rimmon toe kom om te aanbid, en ek hom moet vergesel, en ek dan in die tempel van Rimmon aanbid wanneer hy daar aanbid, mag die Here my dit vergewe!â
19Elisa het van NaÀman afskeid geneem, maar toe hy 'n ent weg was,
20het Gehasi, die slaaf van Elisa die man van God, vir homself gesĂȘ: âMeneer het hierdie ArameĂ«r NaĂ€man laat wegkom sonder om iets te aanvaar van alles wat hy gebring het. So seker as die Here leef, ek gaan agter hom aan hardloop en ek sal iets van hom aanvaar.â
21Gehasi is agter NaĂ€man aan. Toe NaĂ€man hom agter hom aan sien hardloop, het hy van die wa af afgespring, hom tegemoet gegaan en gevra: âWat is verkeerd?â
22âNiks nie,â het hy geantwoord. âDie profeet het my gestuur om te sĂȘ: Daar het nou net twee jongmanne van die profetegemeenskap hier aangekom van die Efraimsberge af, en sal u nie asseblief vir hulle vier en dertig kilogram silwer en twee stelle klere gee nie.â
23NaĂ€man het gesĂȘ: âWees so vriendelik om ag en sestig kilogram te aanvaar.â Hy het by hom daarop aangedring, die ag en sestig kilogram silwer in twee geldsakke toegebind en dit saam met die twee stelle klere aan twee van sy slawe gegee om dit voor Gehasi uit te dra.
24Toe hy by Die Bult kom, het hy dit by hulle gevat en in sy kamer gaan wegsteek. Toe hy die manne laat gaan het en hulle daar weg is,
25en hy inkom en by die profeet gaan staan, vra Elisa vir hom: âWaar kom jy vandaan, Gehasi?â Hy het geantwoord: âEk was nĂȘrens heen nie.â
26Hy sĂȘ toe vir hom: âWas ek nie in die gees by jou toe iemand van sy wa af omgedraai het om jou tegemoet te gaan nie? Moes jy diĂ© geleentheid aangryp om silwer en klere in die hande te kry, of olyfboorde en wingerde, kleinvee en grootvee, slawe en slavinne?
27Die melaatsheid waarmee NaĂ€man aangetas was, sal vir altyd aan jou en jou nageslag sit.â Toe hy van Elisa af weggaan, was hy klaar melaats, wit soos sneeu.