Afrikaans 1983 Bible - 20 verses
1Maar Elisa sĂȘ: âHoor die woord van die Here! So het die Here gesĂȘ: MĂŽre hierdie tyd sal 'n mens vir elf gram silwer vyf kilogram meel of nege kilogram gars kom koop, hier in die poort van Samaria.â
2Die adjudant, wat die vertroueling van die koning was, het vir die man van God gesĂȘ: âDit is onmoontlik selfs al maak die Here vensters in die hemel sodat dit nou reĂ«n.â Elisa het geantwoord: âToe maar, jy sal dit met jou eie oĂ« sien, maar jy sal nie daarvan eet nie.â
3Daar was vier melaatses by die ingang van die stadspoort. Hulle het vir mekaar gesĂȘ: âHoekom bly ons hier tot ons doodgaan?
4As ons sou besluit ons wil in die stad ingaan, sal ons daar doodgaan, want daar is hongersnood in die stad. Bly ons hier, is ons ook dood. Kom ons loop oor na die kamp van die ArameĂ«rs toe! As hulle ons laat leef, leef ons; as hulle ons doodmaak, is ons dood!â
5Skemeraand het hulle na die kamp van die Arameërs toe vertrek. Toe hulle by die kant van die kamp van die Arameërs kom, ontdek hulle dat daar niemand is nie!
6Die Here het die ArameĂ«rs in die kamp die geluid laat hoor van strydwaens, perde en 'n groot leĂ«r. Hulle het vir mekaar gesĂȘ: âDie koning van Israel het die konings van die Hetiete en van Egipte gehuur om ons aan te val.â
7In die skemer het hulle op die vlug geslaan. Hulle het die hele kamp net so gelos soos dit was, tente, perde en donkies, en vir hulle lewe gevlug.
8Toe hierdie melaatses by die kant van die kamp gekom het, het hulle in 'n tent ingegaan en geëet en gedrink. Hulle het ook silwer, goud en klere daaruit gevat en dit gaan begrawe. Daarna is hulle 'n tweede tent in waaruit hulle ook goed gevat en gaan begrawe het.
9Hulle sĂȘ toe vir mekaar: âOns maak nie reg nie. Vandag is 'n dag vir blydskap en ons bly stil! As ons wag tot ligdag, sal ons beslis gestraf word. Kom ons gaan vertel dit by die paleis van die koning.â
10Hulle het by die stad aangekom en na die wagte geroep en vir hulle vertel: âToe ons by die kamp van die ArameĂ«rs gekom het, was daar niemand te sien of te hoor nie. Daar was net vasgemaakte perde en donkies, en die tente net soos hulle gelos is.â
11Die wagte het die nuus verder oorgedra totdat dit binne in die paleis bekend geword het.
12Die koning het die nag opgestaan en vir sy amptenare gesĂȘ: âEk sal julle vertel wat die ArameĂ«rs met ons wil doen! Hulle weet ons is uitgehonger. Hulle het uit die kamp uit gegaan en in die veld gaan wegkruip met die gedagte: as die Israeliete uit die stad uitgaan, vang ons hulle lewendig en kom so self in die stad.â
13Een van sy amptenare het hierop geantwoord: âLaat van ons mense vyf van die perde vat wat nog oor is, dan stuur ons hulle met die perde en kyk wat gebeur. Hulle sal dit Ăłf oorleef soos die menigte Israeliete wat nog in die stad oor is, Ăłf hulle sal omkom soos die menigte Israeliete wat hier al aan hulle einde gekom het.â
14Hulle het twee strydwaens met perde gevat. Die koning het hulle agter die leĂ«r van die ArameĂ«rs aan gestuur met die opdrag: âGaan kyk.â
15Hulle is agter hulle aan tot by die Jordaan. Die hele pad het vol klere en goed gelĂȘ wat die ArameĂ«rs in hulle haas om weg te kom, weggegooi het. Die boodskappers het teruggekom en dit aan die koning meegedeel.
16Toe het die volk uit die stad uit gegaan en die kamp van die ArameĂ«rs geplunder. Vyf kilogram meel of nege kilogram gars het net elf gram silwer gekos, soos die Here gesĂȘ het.
17Die koning het die adjudant, wat sy vertroueling was, in bevel van die poort geplaas, maar hy is deur die volk in die poort doodgetrap, net soos die man van God dit vir die koning gesĂȘ het toe diĂ© na hom toe gekom het.
18Dit het gebeur net soos die man van God vir die koning gesĂȘ het: âNege kilogram gars of vyf kilogram meel sal mĂŽre hierdie tyd net elf gram silwer kos in die poort van Samaria.â
19Toe het die adjudant mos die man van God geantwoord: âDit is onmoontlik selfs al maak die Here vensters in die hemel dat dit nou reĂ«n,â en Elisa het geantwoord: âToe maar, jy sal dit met jou eie oĂ« sien, maar jy sal net nie daarvan eet nie.â
20Dit is presies wat met die adjudant gebeur het: die volk het hom in die poort doodgetrap.