Afrikaans 1983 Bible - 33 verses
1Die profete het vir Elisa gesĂȘ: âDie plek waar ons van u onderrig ontvang, het te klein geword vir ons.
2Laat ons na die Jordaan toe gaan en balke kap om vir ons 'n bymekaarkomplek te bou.â âGaan gerus,â het hy geantwoord.
3Een het vir hom gevra: âWil u nie met ons saamgaan nie?â Hy het geantwoord: âEk sal gaan,â
4en hy het saam met hulle gegaan. Toe hulle by die Jordaan kom, het hulle bome afgekap.
5Terwyl een besig was om 'n boom af te kap, het sy byl in die water geval. Hy roep toe: âAg tog, Meneer, en dit was boonop 'n geleende byl!â
6Die man van God het gevra waar die byl ingeval het. Toe die profeet vir hom die plek gewys het, het hy 'n stuk hout afgekap en dit daar ingegooi, en dit het die byl bo laat dryf.
7Hy sĂȘ toe vir hom: âHaal dit uit.â Die man het sy hand uitgesteek en dit gevat.
8Die koning van Aram was in oorlog met Israel gewikkel en het telkens met sy offisiere afgespreek dat hy op 'n sekere plek sou kamp opslaan.
9Die man van God het dan aan die koning van Israel die volgende boodskap gestuur: âPas op dat u nie na daardie plek toe optrek nie, want die ArameĂ«rs trek soontoe op.â
10Gevolglik het die koning van Israel boodskappe deurgestuur na die plek toe wat die man van God aan hom genoem het en hom voor gewaarsku het. Die mense daar was dan keer op keer voorbereid.
11Die koning van Aram het baie onrustig geword hieroor. Hy het sy offisiere laat roep en vir hulle gesĂȘ: âEk wil van julle weet wie van ons dra nuus oor aan die koning van Israel.â
12Een van sy offisiere het geantwoord: âNie een van ons nie, U Majesteit, maar die profeet Elisa daar in Israel kan vir die koning van Israel vertel selfs wat u in u slaapkamer sĂȘ.â
13Die koning van Aram het gesĂȘ: âGaan vind uit waar hy is, dan stuur ek manne om hom te vang.â Die koning is meegedeel: âHy is in Dotan.â
14Die koning stuur toe perde, strydwaens en 'n sterk mag daarheen. Hulle het in die nag gekom en die stad omsingel.
15Die mĂŽre vroeg het die slaaf van die man van God opgestaan, en toe hy uitgaan, sien hy 'n leĂ«r rondom die stad, met perde en strydwaens. âAg, Meneer!â sĂȘ die slaaf vir Elisa, âwat gaan ons nou maak?â
16Hy het geantwoord: âMoenie bang wees nie, diĂ© wat by ons is, is meer as wat hulle is.â
17Elisa het gebid: âHere, maak tog sy oĂ« oop dat hy kan sien.â Die Here het die oĂ« van die slaaf oopgemaak, en hy het gesien: die berge rondom Elisa was vol perde en strydwaens van vuur.
18Toe die ArameĂ«rs op hom afstorm, het Elisa tot die Here gebid: âSlaan tog hierdie mense met blindheid!â Die Here het hulle met blindheid geslaan net soos Elisa gevra het.
19Elisa sĂȘ toe vir hulle: âDis nie die regte pad nie en dis nie die regte stad hierdie nie. Kom agter my aan, dan lei ek julle tot by die man vir wie julle soek.â Hy het hulle na Samaria toe gelei.
20Toe hulle in Samaria kom, sĂȘ Elisa: âHere, maak hierdie mense se oĂ« oop dat hulle kan sien.â Toe die Here hulle oĂ« oopmaak en hulle kyk, toe is hulle binne-in Samaria!
21Toe die koning van Israel hulle sien, vra hy vir Elisa: âMoet ek hulle doodmaak, Meneer, moet ek hulle doodmaak?â
22âNee, moet hulle nie doodmaak nie,â was sy antwoord. âSou jĂœ mense doodmaak wat jy met jou eie swaard en jou pyl en boog krygsgevange geneem het? Sit vir hulle eet- en drinkgoed voor, dat hulle kan eet voordat hulle teruggaan na hulle koning toe.â
23Die koning van Israel het vir hulle 'n groot feesmaal gegee. Nadat hulle geëet het, het hy hulle laat gaan, terug na hulle koning toe. Die bendes van die Arameërs het toe nie weer in die land Israel gekom nie.
24Later het koning Ben-Hadad van Aram sy hele leër opgeroep, na Samaria toe opgeruk en dit beleër.
25Daar het 'n groot hongersnood in Samaria ontstaan, en die beleg het voortgeduur totdat die kop van 'n donkie naderhand byna 'n kilogram silwer gekos het en 'n klein skeppie duiwemis sewe en vyftig gram.
26Toe die koning van Israel 'n keer op die stadsmuur langs verbyloop, het 'n vrou uitgeroep: âHelp my asseblief, U Majesteit!â
27Hy het geantwoord: âAs die Here jou nie help nie, hoe sal ek jou kan help? Uit die dorsvloer of uit die parskuip?â
28Toe die koning haar vra wat haar moeilikheid is, antwoord sy: âHierdie vrou het aan my voorgestel: âGee jou kind dat ons hom vandag eet, dan kan ons mĂŽre my kind eet.â
29Ons het toe my kind gekook en geĂ«et, maar toe ek vir haar die volgende dag sĂȘ: Gee nou jou kind dat ons hom eet, het sy haar kind weggesteek!â
30Toe die koning die vrou se verhaal hoor, het hy sy klere geskeur. Soos hy op die muur langs verbygeloop het, kon die bevolking sien dat hy 'n roukleed onder sy ander klere aanhet.
31Hy het uitgeroep: âMag die Here my om die lewe bring as ek vandag Elisa seun van Safat se kop op sy lyf laat bly.â
32Elisa het in sy huis gesit saam met die leiers. Die koning het iemand met 'n opdrag gestuur, maar voordat die boodskapper nog by Elisa aangekom het, het hy al vir die leiers gesĂȘ: âWeet julle, hierdie moordenaarskind het iemand gestuur om my kop af te kap. Hou dop wanneer die boodskapper kom. Sluit dan die deur en hou hom buite. Sy koning kom agter hom aan.â
33Terwyl Elisa nog so met hulle sit en praat, het die koning self na hom toe gekom en gesĂȘ: âKyk watter ellende het die Here oor ons gebring. Hoe kan ek nog op die Here hoop!â