Afrikaans 1983 Bible - 26 verses
1Ruben was die oudste seun van Israel, maar omdat hy bloedskande gepleeg het met 'n vrou van sy pa, is sy rang van oudste seun oorgedra op die seuns van Josef seun van Israel, en daarom word Ruben nie as oudste in die geslagsregister opgeneem nie.
2Juda het wel oor sy broers gesag verkry, en uit hom het die koning voortgekom, maar Josef het die rang van oudste seun gehad.
3Die seuns van Ruben, oudste seun van Israel, was Ganok, Pallu, Gesron en Karmi.
4Die afstammelinge van Joƫl was in volgorde: Semaja, Gog, Simi,
5Miga, Reaja, BaƤl
6en Beƫra vir wie koning Tiglat-Pileser van Assiriƫ gevange weggevoer het. Beƫra was 'n heerser oor die stam Ruben.
7Sy broers, soos hulle naas sy geslag volgens afstamming opgeneem is in die lys, was JeĆÆel, die leier, en verder Sagaria
8en Bela seun van Asas, seun van Sema, seun van Joƫl. Hulle het gewoon in Aroƫr en tot by Nebo en BaƤl-Meon.
9Na die oostekant toe het hulle gewoon tot teen die woestyn aan die Eufraatrivier, want hulle vee het baie geword in Gilead.
10In Saul se tyd het hulle 'n aanval gemaak op die Hagareƫrs, hulle verslaan en in hulle nedersettings gaan woon in die hele oostelike deel van Gilead.
11Teenoor die Rubeniete het die Gadiete in Basan gewoon, tot by Salka.
12Joƫl was die hoof en Safam die tweede in rang. Verder was daar in Basan ook nog Janai en Safat.
13Hulle stamgenote volgens hulle families was Migael, Mesullam, Seba, Jorai, Jakan, Sia en Eber, sewe altesaam.
14DiƩ was afstammelinge van Abigajil seun van Guri, seun van Jaroag, seun van Gilead, seun van Migael, seun van Jesisai, seun van Jagdo, seun van Bus.
15Agi seun van Abdiƫl, seun van Guni, was hulle familiehoof.
16Hulle het gewoon in Gilead, in Basan en sy voorposte en in al die veegebiede van Saron sover as wat diƩ gestrek het.
17Hulle is almal in die register opgeneem in die tyd van koning Jotam van Juda en koning Jerobeam van Israel.
18Van die Rubeniete, Gadiete en die halwe Manassestam was vier en veertig duisend sewe honderd en sestig weerbare manne, vegsmanne met skild en swaard gewapen, boogskutters en opgeleide vegters.
19Toe hulle die Hagareƫrs, en vir Jetur, Nafis en Nodab aangeval het,
20het hulle hulp ontvang en is die Hagareƫrs en al hulle bondgenote aan hulle onderwerp. Hulle het God in die stryd aangeroep en Hy het hulle verhoor omdat hulle hulle vertroue in Hom gestel het.
21Aan vee het hulle vyftig duisend kamele gebuit, twee honderd en vyftig duisend stuks kleinvee en twee duisend donkies, en hulle het ook nog honderd duisend gevangenes weggevoer.
22Daar het bowendien baie mense gesneuwel, want dit was 'n oorlog wat deur God gevoer is. Hulle het toe die verowerde gebied bewoon tot met die ballingskap.
23Die halwe Manassestam het gewoon in die streek van Basan af tot by BaƤl-Hermon en Senir en Hermonberg. Hulle was baie.
24Hulle familiehoofde was die volgende: Efer, Jisi, Eliƫl, Asriƫl, Jeremia, Hodauja en Jagdiƫl, almal vermoƫnde en gesiene manne wat leiers van hulle families was.
25Maar hierdie stamme was ontrou aan die God van hulle voorvaders en het oorgeloop na die gode van die landsbevolking wat ter wille van hulle deur God uitgeroei is.
26Daarom het die God van Israel vir koning Pul van Assiriƫ, dit is Tiglat-Pileser, aangehits, en diƩ het hulle as krygsgevangenes weggevoer. Hy het die Rubeniete, die Gadiete en die halwe Manassestam verplaas na Galag, Gabor, Hara en die Gosanrivier, waar hulle nou nog is.