Afrikaans 1983 Bible - 19 verses
1Sekere mense en hulle vrouens het 'n ernstige klag teen hulle Judese volksgenote ingebring.
2Party het gesĂȘ: âOns, ons seuns en ons dogters is baie. Ons moet koring in die hande kry om te eet en te lewe.â
3Party het gesĂȘ: âOns moes vanweĂ« die hongersnood ons lande, ons wingerde en ons huise verpand om koring in die hande te kry.â
4Party het gesĂȘ: âOns moes geld leen om aan die koning die belasting op ons lande en ons wingerde te betaal.
5Ons en ons volksgenote, hulle seuns en ons seuns, is tog één, maar Ăłns moet van ons seuns en ons dogters laat slawe word. Van ons dogters is al klaar slawe, en ons kan daar niks aan doen nie, want ons lande en ons wingerde is in ander se hande.â
6Ek was hewig ontsteld toe ek dié klag en dié beskuldigings hoor.
7Na ek dit oorweeg het, het ek die skuld op die vooraanstaande burgers en die ampsdraers gelĂȘ en vir hulle gesĂȘ: âJulle is besig om julle volksgenote uit te buit!â Ek het bowendien 'n groot volksvergadering belĂȘ om hulle aan die man te bring
8en daar vir hulle gesĂȘ: âOns het ons Judese volksgenote wat aan heidene verkoop was, teruggekoop sover dit vir ons moontlik was. Nou verkoop jĂșlle julle volksgenote, en moet ons hulle ook uiteindelik terugkoop!â Die manne het stilgebly; ek kon nie 'n woord uit hulle kry nie.
9Toe sĂȘ ek verder: âDit is nie 'n goeie ding wat julle besig is om te doen nie. Julle moet tog eerbied vir ons God hĂȘ in julle optrede en nie ons vyande, die heidene, minagting vir ons laat kry nie!
10Ek, my medeamptenare en my helpers moes ook aan dié mense geld en koring leen. Maar laat ons tog die uitbuiting staak.
11Gee vandag nog hulle lande, wingerde, olyfboorde en huise vir hulle terug en skeld hulle ook nog een persent kwyt van die geld, die koring, die wyn en die olie wat julle aan hulle geleen het.â
12Hulle het gesĂȘ: âOns sal dit teruggee en niks meer van hulle eis nie. Ons sal maak soos u gesĂȘ het.â Ek het toe die priesters geroep en die burgers en amptenare onder eed laat onderneem om hiervolgens te handel.
13Self het ek my sakke uitgeskud en gesĂȘ: âMag God elkeen wat nie woord hou nie, so uit sy huis en sy besittings uitskud, dat hy net so kaal uitgeskud en leeg is.â Die hele vergadering het gesĂȘ: âAmen!â en hulle het die Here geprys. Die mense het toe gedoen wat ek gevra het.
14Van die dag af dat ek aangestel is as goewerneur in Juda, van die twintigste jaar af tot die twee en dertigste jaar van koning Artasasta, twaalf jaar lank, het ek en my medeamptenare nie aanspraak gemaak op die goewerneurstoelae nie.
15Die vroeëre goewerneurs, almal voor my, het swaar eise aan die volk gestel. Hulle het behalwe brood en wyn elke dag ook nog vier honderd en sestig gram silwer geëis. Hulle amptenare het ook baas gespeel oor die volk. Ek het nie so gemaak nie, uit eerbied vir God.
16Ek het my volle gewig ingegooi by die werk aan hierdie muur, ek het nie lande gekoop nie, en al my helpers was hier by die werk saamgetrek.
17Honderd en vyftig man van die Judeërs en die amptenare en boonop die mense wat van die heidennasies rondom ons na ons toe gekom het, het aan my tafel geëet.
18Daar moes elke dag 'n bees, ses slagskape en 'n klomp voëls vir my gaargemaak word, en om die tien dae moes daar 'n groot hoeveelheid wyn vir die menigte kom. Nogtans het ek nie die goewerneurstoelae geëis nie, want die werk was alreeds 'n swaar las op hierdie volk.
19Onthou tog, my God, tot my voordeel, alles wat ek vir hierdie volk gedoen het!