Afrikaans 1983 Bible - 19 verses
1Sanballat, Tobija, die Arabier Gesem en die res van ons vyande het berig gekry dat ek die muur klaar gebou het en dat dit nĂȘrens meer vervalle was nie. In diĂ© stadium was die poortdeure egter nog nie gehang nie.
2Sanballat en Gesem laat my toe weet: âKan ons mekaar in Kefirim, in die Onolaagte, ontmoet?â Hulle plan was om my by te kom.
3Ek stuur toe boodskappers na hulle toe en sĂȘ: âEk is besig met 'n groot werk. Ek kan nie kom nie. Hoekom moet die werk stilstaan terwyl ek dit laat lĂȘ om na julle toe te kom?â
4Hulle het dieselfde boodskap vier keer gestuur, en elke keer het ek dieselfde antwoord teruggestuur.
5Die vyfde keer stuur Sanballat toe 'n amptenaar na my toe met dieselfde boodskap, maar ook met 'n brief wat nie verseël was nie.
6Daarin was geskrywe: âOnder die nasies word 'n gerug versprei, en Gesem bevestig dit, dat jy en die JudeĂ«rs 'n opstand beplan. Daarom bou jy die muur. Volgens die gerug wil jy koning word oor hulle,
7en jy het ook al profete aangestel om jou in Jerusalem tot koning oor Juda uit te roep. Die gerug wil dat die koning van PersiĂ« hiervan te hore sal kom. Kom nou, kom ons praat.â
8Ek het hom terug laat weet: âNiks van wat jy sĂȘ, is waar nie. Jy suig dit uit jou duim.â
9Hulle het almal geprobeer om ons die skrik op die lyf te ja, met die gedagte: Hulle sal die werk laat staan en dit sal nie klaarkom nie. Sterk tog my hande, o God!
10Ek het by Semaja seun van Delaja, seun van Mehetabel, gekom waar hy homself in sy huis toegesluit het. Hy het vir my gesĂȘ: âKom ons ontmoet mekaar in die huis van God, binne-in die tempel, en laat ons dan die deure van die tempel sluit, want daar kom mense om jou dood te maak, hulle kom vannag om jou dood te maak.â
11Ek het gesĂȘ: âSal 'n man soos ek vlug, iemand soos ek tempel toe gaan om te kan bly lewe? Ek sal nie gaan nie!â
12Ek het toe geweet dat God hom nie gestuur het nie, maar dat hy dié voorspelling teen my gemaak het omdat Tobija en Sanballat hom omgekoop het.
13Hy is omgekoop om my bang te maak sodat ek 'n misstap sou begaan en hulle die geleentheid gee om my te beskinder en my naam sleg te maak.
14My God, onthou wat Tobija en Sanballat gedoen het, en ook die profetes Noadja en die ander profete wat my wou bang maak.
15Die muur is voltooi op die vyf en twintigste van die maand Elul, binne twee en vyftig dae.
16Toe al ons vyande dit hoor, en die nasies rondom ons dit sien, was hulle selfversekerdheid daarmee heen. Hulle het toe geweet ons doen hierdie werk met die hulp van ons God.
17In daardie selfde tyd het daar baie briewe van vooraanstaande Judese burgers na Tobija toe gegaan en briewe van hom af na hulle toe gekom.
18Baie Judeërs het noue bande met hom gehad, want hy was die skoonseun van Sekanja seun van Arag, en sy seun Joganan was getroud met 'n dogter van Mesullam seun van Berekja.
19Hulle het gedurig voor my gepraat van Tobija se goeie hoedanighede, en alles wat ek gesĂȘ het, aan hom oorgedra. Dan het hy briewe gestuur en my probeer bang praat.