Afrikaans 1983 Bible - 35 verses
1Toe sĂȘ Elifas die Temaniet:
2âKan 'n verstandige man soveel onsin praat, so vol wind wees?
3Kan hy hom verdedig met woorde wat niks sĂȘ nie, met 'n pratery wat niks beteken nie?
4Maar jy maak selfs die eerbied vir God nutteloos, jy maak dit onmoontlik om iets in sy teenwoordigheid te sĂȘ.
5Dit is jou sonde wat jou die woorde in die mond lĂȘ; daarom kies jy sulke slinkse woorde.
6Nie ek nie, jou eie mond veroordeel jou, alles wat jy sĂȘ, getuig teen jou.
7Is jy die eerste mens wat gebore is? Het jy vóór die berge in die wĂȘreld gekom?
8Het jy in die raadsvergadering van God gesit en luister? Het jy die alleenreg op die wysheid?
9Wat weet jy wat ons nie weet nie? Wat verstaan jy wat ons nie ook verstaan nie?
10Ook onder ons is daar ou manne en grysaards, manne selfs ouer as jou pa.
11âBeteken die troos wat van God kom, vir jou niks, die woorde wat met soveel deernis tot jou gerig is?
12Waarom het jou gevoel met jou op loop gesit, waarom blits jou oë so?
13Wil jy jou woede op God koel dat daar sulke woorde uit jou mond kom?
14Hoe kan 'n mens rein wees? Hoe kan 'n sterfling onskuldig wees?
15As God nie eers die hemelwesens vertrou nie en selfs die hemel nie rein is in sy oë nie,
16hoeveel minder 'n onrein, verdorwe mens wat boosheid indrink soos water?
17âLuister na my, ek wil jou iets vertel; wat ek ervaar het, wil ek jou meedeel.
18Dit is die woorde van wyse mense. Hulle hou niks terug van wat hulle vaders hulle vertel het nie.
19Dit kom uit die tyd toe hulle die land net vir hulleself ontvang het en daar geen vreemdeling onder hulle beweeg het nie.
20Hulle sĂȘ: âSy lewe lank word die goddelose, die geweldenaar, deur angs geteister, al die jare wat vir hom afgemeet is.
21Angswekkende krete klink in sy ore; terwyl alles veilig lyk, storm rowers op hom af.
22Hy twyfel of hy die dood sal vryspring, hy weet hy kan nie aan die swaard ontkom nie.
23As hy vlug, word hy kos vir die aasvoëls, hy weet die dood wag op hom.
24Soos 'n koning wat aanval, storm swaarkry en lyding op hom af; dit oorweldig hom,
25want hy daag God uit en verset hom teen die Almagtige:
26in sy oormoed storm hy op God af met sy dik, sterk skild,
27met sy ronde, vet gesig en sy onderlyf dik van die vet.
28Hy sal in verwoeste stede moet woon, in onbewoonbare huise, huise wat dreig om bouvalle te word.
29Hy sal nie ryk bly nie, sy rykdom sal nie hou nie, sy besittings op die aarde sal nie meer word nie.
30Hy sal die dood nie vryspring nie, sy nakomelinge sal deur vuur verteer word, sy woorde in die wind verdwyn.
31'n Mens moenie vertrou op wat niks is nie. Dit bring hom nĂȘrens nie, in ruil daarvoor kry hy ook niks nie.
32Voor sy tyd gekom het, is sy groeikrag daarmee heen.
33Hy is soos 'n wingerdstok wat sy trosse verloor voor dit ryp is, soos 'n olyfboom wat sy bloeisels afgooi voor daar vrugte is.â
34âDie hele bende godloses sal sonder iets wees, vuur sal die huise van die omkopers verteer.
35Dit is hulle wat swanger is van die kwaad, wat onreg voortbring en aan bedrog die lewe skenk.â