Afrikaans 1983 Bible - 9 verses
1'n Pelgrimslied. Van Dawid. Ek was bly toe hulle vir my gesΓͺ het: βKom ons gaan na die huis van die Here toe.β
2En nou is ons hier binne-in jou, Jerusalem!
3Jerusalem is die stad wat stewig gebou is,
4waarheen die stamme kom, die stamme van die Here. Dit is 'n voorskrif vir Israel om die Naam van die Here hier te loof.
5Hier word reg gespreek, hier lewer die koning sy uitsprake, die koning uit die geslag van Dawid.
6Bid dat Jerusalem vrede mag hΓͺ, dat hulle wat hom liefhet, rustig mag woon.
7Mag daar vrede wees binne jou mure, rus in jou wonings.
8Ter wille van my broers en my vriende wens ek jou vrede toe.
9Ter wille van die huis van die Here ons God bid ek dat dit met jou goed sal gaan.