Afrikaans 1983 Bible - 4 verses
1'n Pelgrimslied. Ek sien na U op, U wat uit die hemel heers.
2Soos die oƫ van 'n slaaf gerig is op die hand van sy eienaar, soos die oƫ van 'n slavin gerig is op die hand van haar eienares, so is ons oƫ gerig op die Here ons God, totdat Hy Hom oor ons ontferm.
3Ontferm U oor ons, Here, ontferm U oor ons, want ons het meer as genoeg veragting gehad,
4meer as genoeg spot van oormoedige mense, veragting van hovaardiges.