Afrikaans 1983 Bible - 8 verses
1'n Pelgrimslied. Van Dawid. As die Here ons nie gehelp het nie, dit moet Israel bely,
2as die Here ons nie gehelp het toe mense ons aangeval het nie,
3dan het hulle ons lewendig verslind toe hulle woede teen ons ontvlam het;
4dan het die waters ons weggespoel en die vloed ons oorweldig;
5dan het die skuimende waters ons oorweldig.
6Aan die Here kom die lof toe: Hy het nie toegelaat dat ons hulle prooi word nie.
7Ons is bevry soos 'n voël uit die wip van 'n voëlvanger; die wip het gebreek en ons was vry!
8Ons hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het.