Afrikaans 1983 Bible - 3 verses
1'n Pelgrimslied. Van Dawid. Hoe goed, hoe mooi is dit as broers eensgesind saam woon!
2Dit is soos reukolie wat van die kop af in die baard afloop, die baard van AΓ€ron, af tot by die soom van sy klere.
3Dit is soos die dou van Hermonberg wat op die berge by Sion val. Waar broers so saam woon, skenk die Here sy seΓ«n: 'n lang, lang lewe.